Kersversierings vier maande voor Kersfees – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Kersversierings vier maande voor Kersfees – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Groot toegedraaide bokse propvol niks, ontsier met oordadige linte, blinkertjies en fairy dust, swak nagemaakte sneeu (gewoonlik watte), veselglas-elfies, slordige Kersvaders, gebreklike bokke en legio ander potensiële naarmaak materiaal wat spasie voor roltrappe, hysbakke en ingange opneem. En nie ‘n week voor Kersfees nie, sommer enige tyd van die middel van die jaar af tot maklik ‘n maand na Kersfees.
Soos die nuwe euwel wat onlangs hier kop uitgesteek het. “Christmas in July”. ‘n Swak uitgedinkte bemarkingskonsep wat mense hoek, lyn en sinker vang. Want Kersfees is dan so lekker. Dis die een keer wanneer die gesin aan dieselfde tafel eet, maak of hulle van mekaar hou en langer gesels as die advertensiebreuke in die Steven Seagal-flieks op e.tv.
Hoekom maak ons nie sommer die hele jaar Kersfees nie? Dan’s ons almal die hele jaar gelukkig en spandeer die hele jaar geld en eet te veel en trek crackers en sing koortjies. En wees lief vir mekaar en gaan kerk toe en kry poeding en wees bly.
Hopelik kry ons dan die hele jaar by die werk ook af.
.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.



Place your ad here

Hierdie post is 98 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,056,495 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieKersversierings vier maande voor Kersfees – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment