Fokofpolisiekar Droom Hoog

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Fokofpolisiekar Droom Hoog EP
Ek sukkel om in hierdie een in te kom maar dit was net met die eerste luister gewees. Ek het gesien mense op social media tune Fokofpolisiekar klink al weer soos Francois van Coke se musiek. Dis nou nie heeltemaal waar nie. Ek hoor dit sommer dadelik. Julle weet nie waarvan julle praat nie. Dis meer ingewikkeld as net dit. Fokof het met hulle laaste album gewys hulle weier om aan hulle eie historiese reseppies vas te klou, selfs al wil sekere fans net daai Afrikaner-paradigma-vernietegende-harde-punkrock hoor. Jy het die volste reg om hulle te prys of te kritiseer omdat hulle gereeld afwyk van hulle norm af. Veral as jy aan die crowdfunding deelgeneem het. Jy het in hulle musiek belê en wil jou sê hê, nie waar nie?
Fans het altyd ‘n sê, maar nie alle fans hou van dieselfde musiek nie. I don’t know, persoonlik wil ek hoor hoe hulle eksperimenteer en allerhande kak aanvang. As dit tos vir my klink dan het hulle ten minste probeer. Ons het Die Bende geprys vir hulle efforts laas en Selfmedikasie was alweer ‘n game changer op soveel verskillende vlakke. Ek het ook gevoel hulle value proposition was spot on, but then again, vinyl is altyd value for money vir my …

Ek weet nog nie hoe ek oor al die songs op dié EP voel nie. Dis vroegoggend en ek lê op my bed en chill nog. Ek luister dit nou op Spotify terwyl ek op my selfoon notes maak. Dis net makliker. Ja nee fok, dis weer iets totally anders. Sure, ek hoor anti-establishment signature-Fokof en, ja, ook elemente van Francois van Coke en maybe ook invloede van Van Coke Cartel. Dis alles inevitable, dink ek. Dis glad nie adult contemporary vervelig nie.

Maar nou het hulle weer klomp spices gaan byvoeg en ek try uit figure wat dit alles kan wees. Hoor ek meer nineties alternative rock influences? Ek speel gereeld nog daai ou kak. Die song Speel Daai Ou Kak klink soos ‘n hat tip in Pixies se rigting in. Die nostalgiese time travel idee werk, though. Ek is ewe skielik in Dad’s Castle in Faerie Glen, Pretoria. Dis 1996. Ek kyk Rob Evans live saam met my belhammel tjomme. Hy cover Monkey Gone Too Heaven en ek is uit my bracket uit. Goeie ou tye. Maria (Jy Hoef Nie Na My Te Luister Nie) gee my weer ‘n Weezer backflash. Die song Ek Wens Ek Was Meer laat my aan The Lemonheads dink, of selfs Joy Division. Dis die vibes wat ek kry op hierdie EP. Meer chilled “alternative” rock, vir die van julle wat nog nooit van daai bands gehoor het nie, of nie ‘n tyd kan onthou toe die konsep “alternative” nog sin gemaak het nie. “Fok ander, dis die sleutel tot ‘n befokte lewe”. Haha! Sulke one-liner wyshede tussen die songs. Naais! Droom Hoog het baaaie lang lyric deliveries so tussen die vreemde key changes wat amper nie wil pas by die song se struktuur nie. Hierdie tune is nie easy listening nie, maar dis fokken interessant vir my. Wees Lekke ’84 is die enigste een wat nie so lekker vir my is nie. So ek gaan ook nie lekker wees nie. Nie so lekker ‘2018: it’s a bit overdone. Soos mieliepap wat aangebrand het. Hierdie EP is seker nou nie grondverskuiwend nie maar die meeste van die songs gaan ek faktap luister tot ek totaal en al moeg is daarvoor.

Check dit uit!


RolbeesFokofpolisiekar Droom Hoog

Gooi Comment