“Ek was nog altyd ‘n geweldig talentvolle musikant” – Watkykjy interview The Wedding DJs

In Kompetisie, Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

Ek was nog altyd ‘n geweldig talentvolle musikant. In die negentigs was ek in toonaangewende groepe soos Patsy My Bersie en Sex Wax – ‘n orkes wat in Vereeniging ontstaan het en punk, metal en kletsrym genres gemeng het. Na geen platemaatskappye visionêr genoeg was om ons vas te teken nie, het ek agter die CD spelers ingeskuif om my lyf platejoggie te hou vir dronkpartytjies wat onder die Wat Kyk Jy? vlag bestuur is.Chopper Charlie

Hierdie is een van die mees fun interviews op Watkykjy. Ons gesels so bietjie met Chopper Charlie en Super Deluxe 3000 oor hulle gig volgende week by Park Acoustics. Die ouens kom Pretoria toe al die pad van Woodstock en Bellville af vir moontlik hulle finale gig nadat hulle vir ‘n hele klompie jare verdwyn het en onder die radar beweeg het.

As jy al ooit by een van hulle partytjies was, sal jy weet dat jy jou hol in so paar stukke gaan optel na al die dansery, kuier en gefuif soms eers wanneer die son opkom. Of dit nou by ‘n Roxette concert is waar hulle die opening act is, op stage saam met Die Antwoord, by Oppikoppi se main stage die makietie na die hoogste levels toe vat of by ‘n actual for realzies troue met bridesmaids en daai kak tafel waar die onbelangrike gaste saam met die dominees moet tand …

Behawle vir The Wedding DJs kan jy ook vir Tweak, Desmond & The Tutus, BCUC, Tidal Waves en Josh Kempen te siene kry. Die organiseerder, Henk Van Der Schuyff is self kak-amped om The Wedding DJs te beleef want dis moontlik die act wat hy nou al vir jare lank die hardste probeer om op Park Acoustics se stage te kry.
Goeie nuus! Ons gee ook drie stelle double tickets weg hier op Watkykjy na 1 Desember se Park Acoustics gig. Dis die laaste een vir 2018 en gebeur op die Saterdag in plaas van die gebruiklike Sondag. Dit gaan ‘n fokken groot ene wees. Meer details oor die kompetisie aan die einde van die interview …

Koop jou tickets hierso – ek skiem hulle gaan vroeg volgende week uitverkoop!


Hoe het The Wedding DJ’s ontstaan. Watsie storie agter die storie?

Super Deluxe 3000
Kaapstad was moerse boring. Al die DJs was into electronica en musical masturbation. Dit was lekker vir niemand nie. Ons wou die ou Pretoria parties recreate waar ons net zef tunes speel en fun het.
Chopper Charlie
Ek was nog altyd ‘n geweldig talentvolle musikant. In die negentigs was ek in toonaangewende groepe soos Patsy My Bersie en Sex Wax – ‘n orkes wat in Vereeniging ontstaan het en punk, metal en kletsrym genres gemeng het. Na geen platemaatskappye visionêr genoeg was om ons vas te teken nie, het ek agter die CD spelers ingeskuif om my lyf platejoggie te hou vir dronkpartytjies wat onder die Wat Kyk Jy? vlag bestuur is.
Ek het Kaap toe verhuis en daar het ek en Super Deluxe 3000 een aand (ek dink dalk vir sy verjaardag) ‘n impromptu paartie vir vriende gegooi by ‘n klein klub met die naam LB/S in Langstraat. Dit was dadelik duidelik dat ons vir groot roem bestem was.

Vertel ons so bietjie van die imposters en al die nole back in the day wat op julle idee image wou in-cash. Ek verbeel my daai Ferdie Rabie nool van Big Brother wat in die tuin gekak het op TV het probeer moves trek?
Super Deluxe 3000
Ferdie, ja. en ’n spul ander. Maar stupidity and unoriginality is the highest form of flattery. Daar is actually ’n paar boytjies wat ons nou nog copy en hulle self The Wedding DJs noem.
Chopper Charlie
Kaksnaaks gewees. The 80s Kids DJs. Met Ferdie in shorts. So lank gehou soos ‘n C&C Music Factory dansnommer voor mens oorskakel na AC/DC se “Thunderstruck” toe.
Daarna was daar ouens op Facebook ook wat hulself voorgegee het as The Wedding DJs en gebook is vir troues en paarties. Ek verstaan steeds nie hoekom enige iemand sulke simpel mense soos ons probeer naboots nie. Wat sê dit van hulle? Fokken ape. Na-ape.

Hoekom het julle nou, na amper 6 jaar besluit om weer die kortbroekies aan te trek en ‘n gig te doen?
Super Deluxe 3000
Ons kort die geld.
Chopper Charlie
En nou’s dit ses jaar later… Persoonlik doen ek dit net om vir Henk van Park Acoustics stil te kry. LOL. Op ‘n ernstige noot het ek eintlik die geld broodnodig… En die roem. Maar meer die geld… Henk? Henk? Is die geld al oorbetaal?
Julle kap hom grootliks 80s en so hier en daar met die 90s vibe op julle set list. Wat skiem jy is dit wat die 80s se musiek so fokken iconic maak?
Super Deluxe 3000
Dis by verre die zefste era.
Chopper Charlie
Jy kan daarop dans. Jy kan die woorde hoor. Jy kan vasdans daarop. Jy kan lekker lag daarvoor. Jy kan jou das om jou kop vasmaak. En dis perfek vir troues. En troues is fokken gees. Almal weet dit.

Julle het moerse highlights gehad met hierdie hobby. Wat was julle grootste 3 gigs ooit?
Super Deluxe 3000
Grootste soos in meeste mense was Roxette by Sun City. Lekkerste? Sjoe daar is te veel. LBs was altyd kwaai. Assembly het altyd geskud. Wacky Wine Weekend en natuurlik al die Oppikoppi’s.
Chopper Charlie
Jirre. Dis nou ‘n vraag en ‘n half, ou pellie! So fokken baie gigs om van te kies en die meeste was fokken tit. Seker maar een van die Roxettes by Sun City, LB/S in Langstraat die aand waar als begin het en ‘n PUMA paartie by die V&A Waterfront met Jack Parow en ander. Jy was self by die laaste ene. As ek reg onthou het ek in die see ingepis reg agter die verhoog, so van die dekke af. Mooi herinneringe.
En wat van “daai” gig by een of ander casino wat so super sleg was in Joburg? What happened there?
Super Deluxe 3000
OMD by Emporers Paalhuis
Chopper Charlie
Ons praat nie graag uit oor die rampspoedige OMD konsert by Emperor’s Palace nie. Kom ons sê net krimpies wat op stoele sit by ‘n Oos Rand casino is nie die ideale gehoor vir die Wedding DJs nie. Lang storie kort, ons het onsself vervang die tweede aand deur ‘n mixtape te maak en dit vir die organiseerders te gee om te speel. Sulke skaam …

Daar was egter ‘n slegter oomblik met sulke comedy of errors met gebreekte arms en uit tande. Please do elaborate?
Super Deluxe 3000
Kom 4am by die huis na ’n Tings gig saam met Die Antwoord en ons het ’n lift gekry het van indiese fans wat into Iron Maiden was. Voel aan die elektriese heining of hy aan is. Klim oor die hek, gly, val tanne uit. Wedding DJ 2 hardloop vir hulp, gly, breek arm. Little Company of Mary. Steke. Vlieg terug sonder tande en met ’n sling. Lyk of ons met mekaar baklei het.
Chopper Charlie
Dit was een aand in Pretoria na ‘n Tings optrede. Super Deluxe het oor ‘n geëlektrifiseerde motorhek geval waarna ek my arm gebreek het toe ek hulp wou gaan soek. Soos jy kan aflei was ons hard gespat gewees. Laat ek dit so stel, die arme nonne by Little Company of Mary sal nooit weer dieselfde wees nie.
Wat is die meeste wat julle ooit betaal was en wat het jy met die geld gedoen?
Super Deluxe 3000
Ek kan nie actually onthou nie maar ek dink ons het al naby R40k vir ’n gig gemaak. Maar Henk het gesê hy sal dit top vir Park Acoustics.
Chopper Charlie
Ek kan nie onthou nie, maar dit was ‘n gawe som geld. Ons het byvoorbeeld een Loeriesnaweek in Kaapstad by iets soos vier agentskap partytjies gespeel oor drie dae en ‘n ander keer by ‘n troue in Zimbabwe saam met Mango Groove en ‘n DJ van Frankryk wat trompet speel ook. Ek wens ek weet wat van daai geld geword het …
Maar high-tops is duur en ons kort-kortbroekies word spesiaal vir ons gemaak.

Is Park Acoustics die einde van The Wedding Djs?
Super Deluxe 3000
Sal maar moet sien.
Chopper Charlie
Die Wedding DJs is soos materie. Dit kan nie verwoes word nie. Ons gees sal voortleef lank nadat ons finaal ons oorfone neerlê elke keer as iemand “Can’t touch this” by ‘n troue speel of doosdronk “Don’t stop believin'” probeer saamsing.
Sela.

Kompetisie

Dis heel maklik!
As jy een van drie stelle double tickets wil wen na Saterdag, 1 Desember se Park Acoustics show, stuur vir ons die volgende na griffin@watkykjy.co.za:
Jou absolute top drie 80s songs, gemotiveer deur ‘n kort antwoord sook ‘n foto of prentjie vir elk van die 3 songs wat daai memory of gees vir jou vasvang!

Jy het tyd tot Dinsdag, 27 November om jou entry in te kry.

Ons kies die drie lekkerste entries saam met The Wedding DJ’s.

Check jou Saterdag, 1 Desember by Park Acoustics!

 

griffin“Ek was nog altyd ‘n geweldig talentvolle musikant” – Watkykjy interview The Wedding DJs

Gooi Comment