Dooie blomme, vuil wasgoed en ‘n bietjie Vaseline…

In Snotstories deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Melt Sieberhagen
‘n Goeie movie is een wat jy kan kyk en jouself in kan verloor sonder om te wonder “Hoe’t hulle dit reggekry?” of “Hoekom sou dit nou gebeur?”. Ek weet nie wat die Afrikaanse weergawe van “suspension of disbelief” is nie. Dalk die “skorsing van sinisme”, of so iets. Wat dit ook al mag wees, dit help nie om altyd te hard en diep te dink oor hóé jou vermaak voor jou beland het nie. Ons is verbruikers, hart en siel daarop ingestel om ons vermaak te verorber, maar partykeer kan dit nogal lekker wees ‘n ‘n insae te kry in hóé daardie stukkie vermaak voor ons beland het.

So, welkom by die storie-agter-die-storie-se-storie uitgawe van die WatKykJy Showmax.

Die jaar is so te sê ‘n vlietende gedagte en oudergewoonte het Showmax weer seker gemaak daar is oorgenoeg Afrikaanse flieks om jou te help om daardie boud-vormige duik in jou rusbank nog dieper te maak. Eerstens is hierdie jaar se oes van die beste korts en kort-kortfilms. Net vir die record, ‘n kort-kortfilm is nie ‘n film wat kort-kort wys nie. Dit is net ‘n nog korter formaat as die standard 24 minute outjies wat inkom op so 12minute.

Dis nog nie almal met Cowboy Dan, Axis Mundi, Fluit Fluit en Kloof wat eers in Januarie hulle opwagtig maak. Vir nou is daar o.a. Milan Murray se Kromkieriefontein wat weggestap het met die toekenning vir beste teks, asook Benjamin wat uitgesonder is vir sonderlinge tegniese prestasie. Maar kom ons gesels weer oor daardie “agter die skerms” storie met verwysing na een van die kort-kortfilms. Die Leeftyd van ‘n Orgidee het aan regisseur Mari Borstlap die prys vir beste kort-kortfilm besorg. Hierdie is so kuns as wat kuns kan kom met veteran akteur en legend Wilson Dunster wat met bitter min woorde en ‘n pakhuisie vol emosie na die partytjie toe kom en sorg vir ‘n visuele en emosionele ervaring wat selfs jou ouboet wat pas teruggekeer het van sy unlicensed cage fighting oefening af sal laat gryp vir ‘n tissue.

Weereens is hierdie ‘n geval van ‘n eindproduk waarin jy net al die mooi raaksien en byvoorbeeld nooit wonder “Waar kom al die orgideë vandaan nie?”
Wel, raai wat: Uit my flippin huis uit! Jip. My huis. (Lees: Flat in Kaapstad).
Jy sien, ek deel my lewe en my space met iemand wat uitmaak van werk op movies. Maryke Nel was jare gelede verantwoordelik vir die art department of een van die eerste Silwerskerm-wenners “Toevlug”. Die regisseur van daardie betrokke movie, Christiaan Olwagen, het nou al groot vollengte nommers soos “Johnny is nie dood nie” en “Kanarie” die lig laat sien, so daar’s seker nie veel van ‘n misterie rondom hoekom dit gewen het nie.

Intussen het sy aanbeweeg na groot produksies soos Homeland (ons het Clare Daines se bed gekoop), Tomb Raider (ek het saam met Alicia Vikander rolbal gespeel) en The Red Sea Diving Resort (dit kom volgende jaar en dit lyk baie lekker). So, sy ken van movies. En toe die navraag kom of sy die kunsregie van Leeftyd sal doen, was dit dadelik ‘n uitgemaakte saak. Kyk, ek wil nie te veel van die movie weggee nie, maar gelukkig is die naam so obvious en ‘on the nose’ as moontlik, so as jy teen hierdie tyd uitgefigure het dat dit gaan oor die leeftyd van ‘n orgidee… Wel, kry vir jou ‘n goue ster.

Om dit egter te bewerskstellig, was ons huis vir ‘n goeie ses weke vol orgideë, almal in verskillende fases van vrekkerigheid. Daar was ook proefnemings met plante in die vrieskas, plante in die oond, plante in die micorwave. Alles om te sien op waffer verskillende maniere ‘n orgidee moer te gestuur kan word. Ons huis was naderhand so propvol orchids, ek wou sommer ‘n winkel oopmaak en dit “Totes Orchies” noem.

Om dan ‘n paar maande na die tyd, met die laaste plantbrommers wat nog in ons sitkamer rondvlieg opsoek na die plante, uiteindelik die movie te siene te kry, was nogal ‘n ervaring. Ja, dit was moeite. Ja, ek wil nie weer ‘n orchid sien nie. Maar goeie genugtig: Dit was alles die moeite werd. Die art design neem mooit die movie oor nie. Trouens, saam met Wilson Dunster se ongelooflike spel en Mari Bortslap se eenvoudige, dog treffende teks, kom alles byeen vir ‘n visuele ervaring wat jou so reg in die gevoelens tref. So as jy volgende keer weer ‘n movie kyk, dink dalk vir ‘n oomblik aan die props wat gebruik word, die klere wat gedra word en die plekke waar daar verfilm is. Dit was alles gewone plekke en goeters, maar mense wat hulle storie ken het dit opgecharge tot die pragtige prentjies wat jy sit en geniet.

Die Silwerskermfees roem hulleself ook daarop dat hulle jong talent help identifiseer en ‘n geleentheid skep vir die ontwikkeling daarvan. Wel, min voorbeelde is so effektief soos Bennie Fourie en Vuil Wasgoed. Toe ek vir Bennie in 2014 ontmoet het tydens ‘n workshop in Hoedspruit, was hy besig om te beplan aan sy Silwerskerm kortfilm Vuil Wasgoed. Duidelik het hy ‘n goeie job van die beplanning en die uitvoering gedoen, want drie jaar later is die kortfilm tot ‘n vollengte weergawe verwerk en nou is hierdie speelfilm ook deel van Showmax se Afrikaanse fliek-aanbod vir die feesseisoen. Met regisseur Morne du Toit (Die outjie van die All Gold advertensie wat so lekker kon “Thirty-six-thhhh” – wat terloops ook hierdie afgelope week verjaar het nou actually 36 is) aan die stuur van sake, is ‘n heerlike donker komedie.

As jy jouself kan oortuig dat die hele premise van ‘n afgetjopte vinger in ‘n baadjie se sak tot soveel drama en konsternasie kan lei, is jy sorted vir ‘n lekker vinnige, mal, hoë energie Afrikaanse komedie. Selfs al is dit vir jou ‘n bietjie dik vir ‘n daalder, kan jy nog steeds lekker kyk. Dis goed gedoen, goed gespeel en basies lekker. (Die teks kon gedoen het met nog ‘n edit of twee voor daar begin skiet is, though. “Ek het jou rug” is nou nie juis die beste Afrikaanse weergawe van “I’ve got your back” nie…)

Op ‘n heel ander vlak (serebraal en emosioneel gesproke), is Vaselinetjie. Hierdie movie is gebaseer op Anoeschka von Meck se gelyknamige roman en vertel ‘n rou, eerlike verhaal van familie, verwydering en emosionele oorlewing teen die immer-Suid-Afrikaanse agtergrond van kleur en vooroordeel. Om nou te wil gaan staan en simpel of snaaks wees oor hierdie movie, sal net disrespekvol wees. So Sela. Checkit:

En laastens is daar Modder en Bloed. As jy dink die mees onlangse rugby toets tussen die Springbokke en Engeland was hectic, dan moet jy hierdie uitcheck:

Dis die Boereoorlog en dis rugby. Dis Engelse en Boere. Dis ‘n moerse stretch of the imagination, maar dis Sean Else. As ‘n mens die land kon oortuig dat De La Rey die unsung hero van die oorlog was, kan jy hulle seker oortuig ‘n skepskop op St Helena kon die pyn van verloor verswelg…

Ek, persoonlik, gaan eerder weer na Die Leeftyd van ‘n Orgidee kyk.

Daar is tonne se Afrikaanse vermaak om jouself mee besig te hou hierdie naweek. Die weer is deesdae so onvoorspelbaar dat jy maar net sowel vir die hele naweek in jou sweat packet pant voor die TV kan verkeer. Moenie eers worry as dit vir ‘n rukkie warm word nie, want dit sal vinnig weer koud word. Nowherevember is hier!

Loop Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial ure en ure se Afrikaanse vermaak.  Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou. 

Watkykertjie bydraeDooie blomme, vuil wasgoed en ‘n bietjie Vaseline…

Gooi Comment