Apocalypse Later se live performance op Distilled!

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffinRek jou bek

Apocalypse Later is ‘n betreklik nuwerige 5 piece Neo-Grunge band met helfte van hulle members in Joburg en die ander helfte in Pretoria. Hulle het ‘n moerse lekker sound wat ‘n mix is van ‘n tipe L7 en Nirvana distortion met synth en keyboards en dit word afgerond met Bronwyn Bing se befokte lead vocals wat sy uitbassuin. Hulle lys onder andere bands soos Weezer, Cage The Elephant, Garbage, Blur en Smashing Pumpkins as invloed op hulle musiek maar druk tog ‘n unieke stempel af.

Band members:
Bronwyn Bing – Vocals
Christiaan Van Renen – Guitar/Vocals
David De Veredicis – Keyboards
Treveshan Pather – Bass
Andi Cappo – Drums

Hulle is ook een van meer as 20 bands wat jy in Januarie by BFF2019 – die Boutique Farm Festival te siene gaan kry wat plaasvind by Tweefontein Melkery, net buitekant Kempton Park. Tickets word slegs online verkoop en daar is slegs 400 tickets in totaal beskikbaar om seker te maak almal is veilig en het ‘n lekker tyd. Heavy exclusive vibes. Die tickets is fokken cheap en jy kan vir jou ‘n befokte festival shirt ook bestel. Meer info hierso, maar ons sal julle later ook weer in diepte daaroor vertel:
https://tickets.tixsa.co.za/event/boutique-farm-festival-2019

O ja, as jy jou tickets voor 15 Desember koop, staan jy ‘n kans op ‘n befokte Fender telecaster te wen!


griffinApocalypse Later se live performance op Distilled!

Gooi Comment