Anton Goosen gooi ‘n lekker acoustic session op Distilled episode 10!

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffinRek jou bek

Ongeveer amper presies ‘n jaar gelede is Anton Goosen se nuutste album, Padkos, die lewe ingestuur en Rolbees het hom nogal in diepte dissekteer indien jy dit gemis het en gou vir ‘n refresher wil gaan. Kan jy glo dat die bra al amper by die mid-seventies trek en steeds stages regoor Suid-Afrika rock, naweek na naweek? Hy het een van die langste musiekloopbane in ons land en is ‘n briljante en ikoniese liedjieskrywer. Of ‘Liedjieboer’ soos hy bekend staan.

In die tiende episode van die Distilled sessions wat verlede week live gesit is, gooi Anton net onder die twintig minute se live vermaak met behulp van Illimar Neitz (Bright Lights Big City, Feed The Wolf, Die Horries)  wat hom so bietjie bystaan op lead guitar om bietjie kleur te verleen. Die twee musos het mekaar glad nie geken tot ‘n dag voor die filming en recording van die episode nie en het ‘n dag voor die tyd gou-gou vir so uur lank saam ge-jam om te kyk waarmee hulle kon opkom en die resultate is nogal satisfying. Check dit uit hieronder!

Volg Distilled se Facebook page en vang bietjie op met die eerste 9 episodes as jy dit nog glad nie gekyk het nie.

Die volgende filming session gebeur so van 10am af by Craft Exchange op Dinsdag die 6de November as jy lus is om dagdronk te raak. Kontak Craft Exchange om te hoor wat hulle kos-en-drank specials gaan wees vir daai dag. Hulle kan so 30 mense akkomodeer tydens filming sessions, so dis beter om vir jou ‘n tafel te bespreek.

griffinAnton Goosen gooi ‘n lekker acoustic session op Distilled episode 10!

Gooi Comment