Skud hol saam met Georgetown

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffinRek jou bek

Georgetown reken die peeps wat hulle tunes smaak is tussen die ouderdom van 21 en biltong, wat like van vry en geswaai raak. Die gooses wat na hulle musiek luister, soek glo na die dieper betekenis van die lewe en die ouens dra baarde. Wat ons met sekerheid kan sê is dat  Georgetown se brass: Michael de Villiers, Renaldo van Dyk, Rynier Prins en Tiaan Erasmus super fokken talentvol is! Hulle is vele instrumente se absolute baas. Van acoustic guitar, klavier, ukulele en upright bass tot mandolin, harmonica, clarinet, saxophone, een van daai poes-ou washboards en ‘n 1935 koffer.

Die band het ‘n waarlike unieke sound en blaas nuwe lewe in folk musiek. Actually in enige musiek. Hulle is nou maar net een van daai bands wat jy dadelik like en lus voel om gat gat te skuur op die dansvloer. Check hulle drie-song performance op Distilled se 7de episode.

Join Distilled Sessions se Facebook page en ondersteun die projek. Dit word by Craft Exchange in Pretoria geskiet en episodes kom weekliks uit.

griffinSkud hol saam met Georgetown

Gooi Comment