Ontmoet Werner Bekker – talentvolle song writer en nice guy muso

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffin1 Eiertjies

Werner Bekker is ‘n voltydse musikant wat relatief nuut tot die Suid-Afrikaanse mark is. Hy is al vyf jaar lank aan die skryf, komponering en klasgee van musiek. Hierdie humble laitie het musiek in sy are. Behalwe dat hy as laitie saam met sy pa getoer het, het hy ook musiek by COPA (Campus of Performance Arts) studeer. Hy skryf ook musiek vir ander artists wanneer hy nie net vir homself skryf nie.

Hy trek inspirasie van artists soos Damien Rice, Jack Johnson, Jason Mraz en Ben Howard. Werne het nogal ‘n unieke manier om stories te vertel deur sy acoustic folk vibe en die manier hoe hy sy kitaar benut is ook nogal befok. Gee die outjie gerus ‘n luister op Distilled sessions, episode 9 wat verlede week uitgekom het en ondersteun die bra.

Volg Distilled se Facebook page en vang bietjie op met die eerste 8 episodes as jy dit nog glad nie gekyk het nie.

griffinOntmoet Werner Bekker – talentvolle song writer en nice guy muso

Comments

  1. Kim Sloane

    Werner you are a flipping music demon man! Well done – I’ve always loved your music💕

Gooi Comment