“Ons gaan julle nou baie hard rots!” – Blood Brothers 2018

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Woorde: Rolbees
Kiekies: The Image Engineer


In die begin het die gode die blues, sweet soul en fifties rock and roll geskep. Voor dit was musiek maar vormloos, leeg en daar was te veel verveeldheid by konserte. Na ‘n paar gigs het die gode getune: “Ok, laat daar nou rock, punk en metal wees!” en goeie bliksem, daar was! Rumour has it die rock and roll gode was op verskeie draks toe hulle eighties en nineties pop geskape het.

Anyways, laat ek ophou kakpraat. Hoeveel Blood Brothers events was daar nou al? Vier? Watkykjy was by elke liewe een en, ja, as dit verlede jaar ‘n institusie geword het, het dit hierdie jaar die sterker kenmerke begin vertoon van ‘n ware rock and roll familie. Dik vibes! Baie liefde! ‘n Oorvloed talent! Vir die enkeles van julle wat nie die storie agter die storie ken nie, gaan check gou eers hierdie website uit: http://www.vredefoundation.co.za/
Vrede!
Is julle met ons?
Ok, piele met wiele!
Hoekom het Blood Brothers so spesiale plek in my hart? Wel, ek was self gediagnoseer met ‘n ongeneeslike siekte (albeit nie kanker nie) toe ek ‘n jonger jongmens was. Dis reeds ‘n aaklige ondervinding om in die fleur van jou lewe sulke trauma te moet beleef maar as die bills begin ophoop raak dit net ‘n onregverdige fokop. Ek is een van die gelukkiges, though. Ek is nog hier en het geleer om saam met my siekte te leef, for better or worse. Die hartseer feit is ons moes te veel jongmense aan kanker afstaan oor die jare en jongmense (of hulle ouers) het nie altyd genoeg zak of uitstekende mediese fondse om kop bo water te bly as die kak die fan tref nie. Die artists wat elke jaar deelneem aan Blood Brothers tree op vir basically peanuts sodat geld ingesamel kan word vir die Vrede Foundation. Dié Foundation help jongmense met kanker wat hulleself in kak situasies bevind. Die sponsors en almal wat deel is van die produksie speel obviously ook ‘n groot rol by so insameling. Goeie harte! Almal van julle!
Raaait, let’s get to the music! Blood Brothers 2018 se verrigtinge is geopen deur ‘n band wie se bestaan ‘n eerbetoning is aan Black Sabbath, dalk Black Flag (uit ‘n punk oogpunt) en miskien ook Flat Duo Jets (wat eenvoud in sound aanbetref). Ek hoor daai rouer klanke van die ou Birmingham in die late sixties maar dié duo het die tipe eenvoud en treble wat jy nie by jou average full piece rock band gaan bespeur nie; for obvious reasons. Daar het darem meer water in die see geloop, veral wat two-piece rock bands aanbetref. Wie het hierdie stripped down harde-energie sound op die map gesit, meer onlangs? The Black Keys aan die begin? The White Stripes, maybe? Hellcats is selfs nog harder en rouer as ‘n band soos Table Scraps (‘n trio wat van Birmingham self afkomstig is). Dis beide weird en entertaining om Warwick Rautenbach te sien rondhol op stage terwyk Alessandro Benigno sing en terselfdetyd die tromme beskadig en ernstige slytasie veroorsaak. Ek het eers gedink Warwick sing deur middel van buikspraak. “My naam is Tommy Thompson!” Jirre, hulle het die perfekte energie verskaf om die crowd aan die gang te kry.
Mens sou dink dat Francois Van Coke al ‘n ego ontwikkel het teen die tyd met al die sukses wat hy konstant bly behaal, maar hy was nog net dieselfde bra en hy het die eerste lepel medisyne, so reg uit die Fokofpolisiekar bottel, in die fans se kele ingegooi: Antibiotika. Ek gebruik min rugbymetafore maar dit was soos daai eerste afskop en kontak in ‘n losgemaal tydens ‘n toetswedstryd. Sien net spoeg, snot en mondskerms spat.
Chris van der Walt was die musikale regisseur en sy vark-DNA is oral oor die produksie te vinde. Hy mag lyk of hy net kan metal en wheelie (soos ‘n petrolkop) maar hy is musikaal uiters talentvol. Sy keuses wat songs aanbetref was befok deurdink en die hele produksie was uitstekend uiteengesit. Merging the older young artists with the newer young artists was ook briljant gedoen. Ek hoop julle bring volgende jaar weer iemand in van daai SA nineties rock en pop era so saam met die nuwer artists! Daar is nog baie meer! Julle weet dit!
Die Adelle Nqeto / Ard Matthews (Just Jinjer) kombinasie was hierdie jaar ‘n wenner! Just Jinjer is musiek wat ek geluister het toe ek jonk en verlief was en so saam met die opwindende nuwer artists en songs klink dit weer nuut en vars. “I’m leaving shallow waters, I’m leaving all my dreams of you!” Jissus, dit het my terug gevat. Ja, die beautiful Adelle Nqeto se ewe beautiful stem is towery. Sy toor jou, ek sweer, maar dis lekker!
Die hele idee om International covers en SA originals teen mekaar af te speel werk elke jaar sover nog baie effektief. Whiskey in the Jar (Metallica se version) en Against All Odds (aKing) met Laudo Liebenberg op vocals (Adelle het ge-join op kitaar en vocals) straight into Coolio se Gangsters’ Paradise, met daai twee op vocals.
SA musos hoef nie terug te staan wat songwriting aanbetref nie en so show maak dit duidelik. Daarna was dit weer Ard Matthews en Adelle Nqeto se mind blowing cover van Stevie Wonder se Superstitious wat my impress het. Rodriguez se Sugarman (wat Just Jinjer gecover het back in the day) het ‘n lekker delay op die mic gehad en dit het die song ‘n moerse psychedelic vibe gegee. Well, I mean, die song gaan oor ‘n dealer en alles. Chris van der Walt het die hele tyd bass gejol het en was sommer ook die producer op stage en het baie van die lastige foute pre-empt het. Ken jy genuine alles uit jou kop uit of wat, Chris? Jirre, daar het so baie kief shit gebeur.
Laat ek eers nog dink…

Jaco Mans en Jedd Kossew was die twee steunpilare op lead kitaar. Hulle het mekaar afgelos maar ook lekker saamgejol op ‘n paar songs. Hoe was daai Maiden lead guitaring op die cover van The Trooper? What a duel! Holy fuckamarolly, my brasse! Hanu De Jong was op vocals met daai een, dink ek. Hanu het die show net-net gemaak. Soos ‘n proper rock star straight van die airport af na die show toe gejaag. Ek vermoed dis hoekom ons vir so paar minute moes gewag na Hellcats. Maar hy het opgemaak daarvoor met ‘n Rob Zombie cover wat toevallig een van my favourite tunes is. Draculaaaaaa! Die hele spul het hierdie jaar se temalied, Always on my Mind, befok saam gedoen. Van Live Aid en Band Aid se dae af love ek sulke ensemble tunes waar almal ‘n beurt kry om te sing.
Wat was nog befok?

Alessandro se vocals tydens die cover van Queens of the Stone Age se No One Knows. Ard Matthews wat dink ‘befok’ is twee woorde. Ok, dit is actually. Buh! Fok! Adelle wat Tracy Chapman se Fast Car op vocals saam met Jaco (op kitaar) doen. Lonely Lonely Lonely Sunday Morning! het die crowd weer stukkend ge-rock! Jy het nou saam gesing nê? Of soos Warwick tune: “ons gaan julle nou stukkend rots!” Francois en Hanu wat Black Sabbath se Paranoid sing en Alessandro wat Robert Plant vocals gegooi het, het hoendervleis veroorsaak. Ek sal my anal Led Zeppelin purisme bietjie opsy skuif vir een keer want Alessandro het dit sy beste shot gegee en dit het kief geklink.
Laaste paar memories van die aand wat ek onthou was Francois wat Allessandro op sy rug tel en hulle twee wat die mic van onder na bo vir mekaar aanpass om die chorus te sing tydens Whole Lotta Love!
Platteland was nie wat ons verwag het nie. Lekker venue after all! So, die enigste kritiek wat ons kan lewer het te doen met die live stream. Dis ‘n befokte idee, maar julle doen bietjie ‘n injustice aan die artists om die sound nie te mix nie. Dit wat ons daar daai aand gehoor het is nie hoe dit translate op die live stream nie. Die live stream se sound is baie kakka! Kry dalk net ‘n ekstra desk met line-out en kry iemand om te mix? Net ‘n voorstel.

Rolbees“Ons gaan julle nou baie hard rots!” – Blood Brothers 2018

Gooi Comment