Kaapse bestuurders – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Kaapse bestuurders

Met Gauteng-bestuurders weet jy presies wat jy kry. Hulle is nors, aggressief en sal jou van die pad af druk as hulle kan. Met Kaapste bestuurders weet jy nooit nie.

‘n Kaapse kar kan enige oomblik dood stop, reg voor jou. Of dit nou ‘n karkeerarea, residensiële straat of snelweg is. Dit het dalk iets met die stad se nou, kronkelende paaie te doen, of die speel-speel snelweg, die N2.
Jy sal sien dat flikkerligte net in uitsonderlike gevalle in die Kaap gebruik word. En deur jou noodligte aan te sit kry jy carte blanche om enigiets op die pad te doen. Reverse teen verkeer? Geen probleem nie. Sommer net in ‘n besige straat uitklim om geld te trek? Als in die haak, ek ry gou om jou, vriend. Gaan jou goed!
Gelukkig is meeste Kapenaars heel rustig, of dalk moet hulle maar net wees om al die liberties wat bestuurders hier vat te kan hanteer. ‘n Toeter word selde gehoor.
Hey! Hier’s my stop nou…

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffinKaapse bestuurders – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment