Hadidas – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Hadidas

Heel moontlik die domste, lompste en lawaaierigste nikswerd voëls noord van Kaap Agulhas. Lelik ook.
Regtig baie nice by die Vaalrivier en in wilgerbome, maar so ver weg van my huis af as moontlik, asseblief. As daar iets is wat ek regtig verpes is dit ‘n hadida wat met sy Pinocchio-snawel gate in my grasperk pik en dan my sy skril hoogtevrees-krete opstyg as ek hom verjaag. Natuurlik voel hy eers genoop om ‘n volle vierkante meter se wit blerts met pers bessies oor my blink gewaste motor se bonnet te los. Dan wil ek ook so blerts los. ‘n Bruine. Sonder bessies. In my broek.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffinHadidas – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

Gooi Comment