Gym-konsultante – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Gym-konsultante
Wat is dit met ‘n basiese LO-sertifikaat wat mense so baie selfvertroue gee? Keer op keer is ek verstom deur die jong laitie of flossie wat breëbors in die Virgin Active rondstap met ‘n smalende uitdrukking en ‘n oog op die hopelose siele wat die toerusting verkeerd gebruik.
Doen jouself bietjie ‘n guns en gaan vir ‘n “assessment”. Hel, dis snaaks. Probeer jou lag inhou terwyl die wipkuif windgat met die highlights jou doodernstig ‘n paar vrae oor jou lewenstyl vra. Byt jou lip as hy die volgende dag plegtig aan jou ‘n oefenprogram oorhandig wat hy “uitgewerk” het – spesifiek volgens jou eie profiel en behoeftes!
Maar dan vir die coup de grace: laat die laaitie jou rondvat en wys hoe als op jou oefenplan werk. Lui-lui demonstreer hy vir jou hoe dit gedoen moet word, voor hy dan terugstaan om bevele te blaf terwyl hy vir homself in die spieël flex of die hot mammas op die treadmills se Volksiebonnets uitcheck.

Wel, die job het seker sy perks…

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Place your ad here

griffinGym-konsultante – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

Gooi Comment