Akkedis se album, Onder Ou Tafelberg, is akkedooslekker

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Akkedis het so twee maande terug by die Distilled Sessions opgetree daar by Craft Exchange en ‘n copy van hulle laaste CD het mysteriously sy weg na my toe gevind. Ek sal nou daarby uitkom want geen Akkedis write-up gaan ooit ‘n eenvoudige job kan wees nie. Ek moes eers weer bietjie time travel. Dis kaklekker anyway, nie waar nie? Ja fok, ek was platgetrek met griep daai dag (*drool so op my kussing in die bed en kreun saggies*) so ek het die hele show gemis.

Check dit hier uit as jy nog nie het nie:

Fokken legends! Dis eintlik ‘n skaamte nê? Ons het nog net oor The Lyzyrd Kyngs se musiek geskryf. Nog fokol oor die Akkedisse nie. Sies, Watkykjy! Well, kom ons fix dit vandag. Hulle musiek is ‘n tydlose journey, in elk geval. So, there’s no rush.  Dis nie asof dit uit die mode gaan raak nie. At least nie vir die regte musiekfans nie.

Hierdie een is al hulle sesde album. Spotify to the rescue! Goddank, al die ouer albums is daar op. Ek begin sommer by die begin.
*Druk so play*
Hoe klink die eerste album in 2018? Husse met Lang Ore. Nee jou tietkop, dis die album se naam. Hahaha, hulle klink moerse jonk op dié album. What a vibe! Des-nie-teen-vallende, is dit ‘n epic (en belangrike) snapshot van die laaste stuiptrekkinge van die negentigerjare in Azania. Sulke subtiele reggae ritmes oral tussenin die SA country folkin’ rock and roll gesaai. Ek onthou ek het Cybersurferraver sat geluister back in the day. Met techno op die brein. Ja, daar was smart drinks in my are maar darem ook riviere zamalek, tequila en ‘n paar bankies Swazi heads. Ek onthou nie health food in my drol nie, though. Ek onthou nie een van my drolle nie. Small mercies. Jirre wag, gooi sommer hierdie naweek ‘n Akkedis party. ‘n Afrika Braai. Befokte song ook! Net ‘n waarskuwing: jy moet eers jou lewer verseker voor die tyd. Die Akkedisse se tunes sit vir jou in ‘n ander tipe party-bui, hoor. Jy moet ook jou storie ken as jy saam met hulle wil kuier. Hang bal, ek druk net gou die fast forward knoppie.

Die album, Voortvlugtend (2001) het nogal ‘n Dire Straits/Jack Hammer vibe (maak nou alles mooi sin). Dit skop af met ‘n monument van ‘n song: Anderkant die Berg. Die invloed van Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band en Valiant Swart is ook hoorbaar, maar hier klink die Akkedisse al klaar meer seasoned. Die songs Skoor met die Dood en Jannie Cocaine trek dadelik my aandag. Julle het laasgenoemde seker al telkemale by live shows gehoor? Beide songs, saam met ‘n hele paar ander treffers, is ook op hulle terugblikalbum genaamd Akkedis: Dekade (1998 tot 2008). Ek gaan deurmekaar raak. Laat ek net my bearings kry.

So, teen 2001 het die “Travellers” al ‘n hele paar jaar se dues betaal. Daai song is befok.  Hulle betaal nog steeds met elke toer en elke gig. “Met die duiwel op ons hakke, die genade van bo, start die ossewa, trek nog ‘n horison oor”. Daar is ook ‘n kief African jazzed-up version van Valiant se Sweet Stellenganga! op Voortvlugtend. Klink ook nogal soos The Lion Sleeps Tonight.

Raait, ek fast forward nog so bietjie na 2006 toe. Vir Volk en Vaderland is dié album se naam. Akkedis het hierdie tydperk sonder twyfel ingegaan as ervare rock and roll ghurus. Fokkit, nou hoor ek Neil Young in hulle musiek. So helder soos daglig. Tegelyke tyd raak die verskillende rigtings waarheen hulle met hulle sound beweeg meer duidelik. Gaan luister sommer nou onmiddelik na Neil Young se Unplugged (1993) album. Of Harvest (1972) as jy lus is vir die vintage stuff. Meneer Soul en Kalahari Sunset is goeie voorbeelde van die “Godfather of Grunge” se invloed. Maar die reggae is steeds daar. Aai Man, Rasta! Skerp titel, lekker tune. Hulle het sommer ‘n song geskryf vir ons Bliksems van Pretoria ook.

Ok, ek fast forward weer bietjie na 2010 toe. Die jaar van die FIFA World Cup Sokker hier in Afrika. Op die album Afrika My Baby het die Akkedisse weer heel ander songs begin uitkerf en het met ‘n meer spesifieke Afrika-sound begin eksperimenteer. As Neil Young kon maskanda jol, nê? Great om nog steeds die reggae lineage ook te hoor. Play That Reggae Music, white boys! Township Shake Down laat my dink aan The Wailers en daar is ook ‘n lekker reggae version van éVoid se Taxi Man. Ek het ook weer iets geleer vandag. Mama Afrika is ‘n baie ouer song as wat ek gedink het.

—— Ladies and gentleman, we’ll have a short intermission ——–
Ek het gou eers Akkedis se laaste album gaan luister. Julle sal dit moet koop by ‘n live show, want dis nie op Spotify nie. Dink ook nie dis op een van die ander streaming services nie. Al hulle vorige albums het ek deur ‘n soundbar in my slaapkamer gegooi en ek moes nou hierdie album op my groter system gaan pomp want dis die enigste plek in my huis waar ek ‘n CD player het. En is ek nie fokken bly ek het nie? Jy weet as jy ‘n album opsit en die layers en diepte sluk jou dadelik in soos ‘n vortex na ‘n ander dimension toe? Wel hierdie is daai album. Yup, dis ‘n Peter Pearlson produksie. I should have known. Maar jy kan die beste producer hê – as jy vir hom kak gee gaan hy dit nie kan regtoor nie. Hierdie album het sewe jaar gevat om voltooi te word en jy kan dit hoor. Ek het nou die voorreg gehad om deur all hulle recorded werk te time travel en ek moet sê: om hierdie ene as die eindbestemming te ervaar is ‘n moerse verrassing. My kritiek teen die Akkedisse kan slegs wees dat hulle solid folk, rock en reggae musiek maak wat staties bly. Mens kan mos nie te veel tweak aan geykte soul music om dit some kind of geur van die huidige modes of die toekoms te gee nie? Of kan mens? Ja, you can’t polish a turd maar as die Akkedisse se legacy ‘n rowwe diamant is, is hierdie album die eindresultaat van dekades se ontwikkeling en harde werk. Dis ‘n geslypte diamant.

So ook is die song Twintig Jaar Anderkant die Berg die ultimate evolusie van die oorspronklike tune, hierdie keer net met ‘n REM mandolien, ‘n Neil Young mondfluitjie, spacy vocals tydens die brug, Mark Knopfler solos, ingewikkelde tromme en diep bass. Meer intensiteit. Meer gevoel. Jirregod. Die love song Elektriese Crazy Angel het daai Steppenwolf hooks en grooves, man. Dit het ook baie eienskappe van die oorspronklike Lynyrd Skynyrd. Verbeel jou – hulle gees lewe aan in Afrikaans. Mynsinsiens reflekteer die songs Honky Tonk Swerwer en Versigtig Lewe, aspekte van die bebaarde (amper) Tolkien karakters se rock and roll lewenstyl terwyl Elkeen vir Homself waarskynlik hulle kommentaar is op die moderne samelewing se selfsugtigheid. Great temas, maar wat die Akkedisse die beste regkry met hierdie album is om inheemse Suider-Afrikaanse musiek met folk, rock en reggae te vermeng. Kaapse Klopse (Music van Hanover Street, Ode aan Ouma Grietjie Adams), maskanda en Mosambiekse ritmes (Nos Amamos Mocambique) ge-mix met jou Pa (of jou Oupa) se rock en folk musiek. Die reggae tune Waar’s die revolusie? vra ‘n legitieme vraag.

Well fok, wat musiek aanbetref gebeur dit reg onder ons neuse op verskillende maniere. Meeste van ons weet dit nie eens nie…

RolbeesAkkedis se album, Onder Ou Tafelberg, is akkedooslekker

Comments

Gooi Comment