Vat Vyf! Week 38 van 2018 – Zol is nou legal!

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Eers was daar De Lille en Zille. Nou’s daar weer ‘n spul Trille. Na die selfpyniging wat die DA in die Wes-Kaap oor die laaste paar maande moes ondergaan, het almal gehoop daar sal werklike winde van verandering waai en dat die party sy kop sal kan optel. Toe kom die winde. Alan Winde om presies te wees. Die DA se Wes-Kaapse premierskandidaat, Alan Winde, so wit soos ‘n volkspele, het twee ander aanspraakmakers in ‘n “rigorous process” gebeat. Volgens hom is sy sterkste punt dat hy ‘n span bymekaar kan sit. Move over Rassie Erasmus.

2) Gepraat van. Fokkit. Wen is darem maar lekker. Tone-vuisies-maak lekker. En dan as dit teen die All Blacks is, in Nieu-Seeland, vir die eerste keer sedert 1759, fokkit… Lekkerder as wen though, is om te sien hoe dieselfde dom donners wat voor die game weer ‘n Rassie-kwessie uit die hele ding probeer maak het en wie se grootste aanspraak op transformasie in hul lewens ‘n haarsny is, se bekke toegebliksem word. Ons kan weer verloor. Ons gaan weer verloor. Maar die Bokke gaan my nie as fan verloor nie.

3) Die kinders van vandag darem. Sulke meewarige kopskud. ‘n 16-jarige is hierdie week in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy teen 168km/h in ‘n 60km/h-sone met sy pa se VW Golf GTi gejaag het. Aan die positiewe kant, hy is een van 4 tieners in die land wat hierdie week lank genoeg sy gesiggie van ‘n ipad of selfoon kon wegkry om iets anders te doen. Jare se kak vir hom aangesien hy die kar teen ‘n betonkonstruksie tot stilstand gebring het. Sal graag vlieg teen die muur wil wees wanneer Pappie die versekering bel.

4) Dis’n geruime tydjie sedert ‘n profeet die hoofopskrifte gemaak het. Enter Profeer Andrew Ejimadu van (probeer verras lyk asseblief) Nigerië. Sosiale media was aan die gons hierdie week oor ‘n videotjie waar die profeet, tans in Suid-Afrika, geldnote in ‘n kwansuis leë handsak opkots. Of inkots. Die acting is kakker as 7de Laan en die CGI kakker as “insert movie met kakste CGI ooit hier.” Maar die gehoor is in ekstase. Fok. Wag tot hulle sien hoe ek en baie ander Suid-Afrikaners al vir jare geld uitkak, nevermind uitkots.


5) Beste vir laaste. Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer dat enige persoon voortaan in die privaatheid van hul huis dagga mag kweek, besit of gebruik. Sien? Elke daggawolkie het ‘n silwer randjie.

PK MalherbeVat Vyf! Week 38 van 2018 – Zol is nou legal!

Gooi Comment