Vat Vyf! Week 37 van 2018 – Dagga is nou uncool – Elon Musk rook zol.

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) ‘n Nuwe vorm van selfbevrediging, getiteld Muskurbeer, is hierdie week amptelik erken. Dit volg nadat Elon Musk van Tesla tydens ‘n podcast ‘n trek van ‘n daggasigaret geneem het voor twee van die maatskappy se senior beamptes bedank het en aandele kort daarna met 6% geval het. Een fokken trekkie, pappie! Die mag wat die man darem het. Dis wragtag soos om ‘n dratie te kap. Dis soort van lekker, maar die uiteinde van alles is in jou eie hande. Die woord kan soos volg in ‘n sin gebruik word: “Serena Williams het op die baan gemuskurbeer deur die aandag op haarself te laat val in plaas daarvan dat Naomi Osaka die eer gekry het vir haar welvedriende wen.”
2) Suid-Afrika se status as die Afrika-land met die kakste uitsprake deur sy leiers is ‘n moerse knou toegedien deur President John Magufuli van Tanzanië. Die wyse heer reken vroue in sy land kan maar ophou voorbehoeding gebruik omdat die land meer mense nodig het, ten spyte van die feit dat die land een van die hoogste geboortesyfers ter wêreld het. ‘n Dag later is vrouewetgewers verbied om kunswimpers en -naels in die parlement te dra, asook om kort rokke en jeans te dra. Nee wat. Ons is fine mense. Ons land se leiers klink heel fokken wys in vergelyking met hierdie clown.

3) Ag jirre. My woorde was skaars koud. Enter Jazob Zuma. Sy reaksie op die uitnodiging van adjunkhoofregter Raymond Zondo om te antwoord op hernude bewerings van staatskaping teen hom? Hy wil eers bietjie dink daaroor. Fok. Sien waar geen voorbehoeding ons bring? As mens moet kies tussen ‘n effie en ‘n ef-oppie, sou ek in Zuma se geval die effie gekies het.

4) 17 – 21 September is Wills Week. Dis vermoedelik anders as die ander 51 weke in die jaar wat bekend staan as Wont’s Weeks. Maar ook omdat Suid-Afrikaners van die kans gebruik kan maak in hierdie week om hul basiese testamente verniet en gratis te laat doen by ‘n verskeidenheid van deelnemende plekke. Ons is omsingel deur doodgoeie mense.

5) Die Chief Rabbi van Jood Vir Jood, Rabbi Warren Goldstein het hierdie week bevestig hulle bid steeds onverpoosd vir die goewerment by sinagoges regdeur die land, maar nadat Cyril vir Jacob vervang het, het hulle die deel in hul gebed vir die Republiek van Suid-Afrika waar hulle spesifiek vir moraliteit van die vorige president gebid het, weer uitgehaal. Want alhoewel die hele land deur die ekonomie op hul knieë gedwing word, is dit nie nodig om so hard te bid vir die huidige president nie.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 37 van 2018 – Dagga is nou uncool – Elon Musk rook zol.

    Gooi Comment