Tuin – klein botteltjie, groot ballas!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het vir Tuin (oftewel Tanya Schoeman) net ‘n bietjie meer as twee jaar terug ontmoet by ‘n birthday party daar by Railways in Centurion. Nie rerig geweet wat haar vibe was nie maar ek het ‘n paar maande vroeër iets gelees op die interwebs van ‘n kompetisie by Innibos 2016, of so iets. Die Jonathan Peyper band se fans was ontsteld. Tuin se fans was weer oorstelp van vreugde omdat hulle gewen het. My eerste indrukke van Tanya was dat, maybe, just maybe, is haar ambisies te groot vir haar vermoëns. Maar terselfdetyd was daar iets omtrent dié petite girl met die way out haarstyl en genoeg ink om al die Centurion anties te laat poep ruik en frons, wat my versigtig gemaak het om agteloos te wees. Ek kan nie alles onthou waaroor ons gepraat het nie maar ons het vir seker gepraat oor rock and roll female artists en hoekom daar so min is in SA – sy het onomwonde verklaar dat sy die musiekindustrie op sy kop gaan draai en dat sy haar tyd gaan vat en dinge reg gaan doen om ‘n album uit te bring waarop sy trots kan wees. Something along those lines. I’ve heard it all before maar sy het ook iets weggesteek daai aand – ‘n hartseer, iewers in haar opgewondenheid en glimlag was iets nie lekker nie. Daar was iets omtrent haar wat ek nie mooi kon plaas nie. Toe ek ‘TUIN BAND’ Google die volgende oggend het ‘n berig dadelik opge-pop op my laptop: PRETORIA VROU STERF IN ONGELUK OP PAD NA MUSIEKOPTREDE. Jy weet, daai oomblik wat alles so stil raak en jy dink “holy fuck!” Ek was geskok en verstom. Die ongeluk waarin haar vriendin oorlede is, was net ‘n paar dae voor ek Tanya ontmoet het, as ek reg onthou.
Fast forward na so paar maande later en ek het Tuin (die band) live gaan check by Hard Rock Café, Pretoria. Alhoewel ek van ‘n paar songs gehou het en kon hoor daar is moerse potensiaal, was ek nie moerse convinced dat hulle gaan regkry wat Tanya gesê het hulle gaan doen nie. Maar ek was nog steeds nie reg om die band in die ‘whatever, chickies’ boksie te gooi nie.

Fast forward nog so bietjie na 28 Augustus, 2018 toe. Tuin se album launch. Hulle het nogal guts om Ann Jangle te vra om die opening act te wees, het ek gedink. Great pre-show gewees. Dit was duidelik dat Tuin (Tanya) ‘n klein botteltjie, groot ballas is. Dis moeilik om optredes te vergelyk in ons klein rock scene, though. Venues verskil, sound verskil en die crowd se energie is ook anders van een show na die ander. Crowds maak ‘n moerse verskil aan performance, no jokes. By die launch was die energie amazing – by die Hard Rock gig was daar bittermin tot zero daarvan – maar in my opinie het hulle baie verbeter sedert daai tyd. Ek het Tuin se performance by die album launch moerse geniet en hulle signature love-gone-wrong-song sound was befok ge-polish en die crowd het heavy positief respond. My impression daai aand was dat die songs waarop Tuin meer eksperimenteer met rap en harder rock kan nog meer in-geoefen en real oorgedra word. Dit was amper daar maar nog nie perfek nie. Ek sal later meer uitbrei or die nuwe tunes, maar ek weet een ding en dit is dat ons indie rock artists almal tien keer beter sal klink on stage met Huisgenoot Skouspel-sound en budget. Die sound engineers in ons rock scene laat my soms dink aan Scotty van die oorspronklike Star Trek reeks. “I’m giving her all she’s got Captain!” Hulle push gereeld big arena tipe sound musiek met limited klank toerusting in kleiner venues. Dis fantastic en ‘n pluimpie vir hulle, maar imagine net as GROOT klank en GROTER venues nie so duur was nie? Dink ‘n bietjie daaraan vir so rukkie.

Anyways, ek het die CD in my kar geluister vir die eerste keer en ek moet bieg ek kon nie help om tydens die eerste song al ietsie in my oog te kry nie. Produksiegewys, songwriting, vocals, guitar tones, rhythm section… dit het onmiddelik die hoendervleis toets geslaag. Ek gaan dit maar song-vir-song verduidelik. So, met die eerste song, Omhelsing, kon ek hoor Tuin is nie bang om aggressiewe rockmusiek te maak nie. Aggresiewe rockmusiek is nie eksklusief vir mans nie, nê! However, die beste vrouerockers doen dit sonder om hulle vroulikheid prys te gee en sonder om TE manlik te probeer klink. Dis ‘n fyn lyn maar as ‘n band dit reg raakbliksem dan voel jy dit tot in jou skaamplekkie.

Op die album klink dit vir seker meer soos ek hulle voller sound imagine het. Dis ‘n GROOT sound. Tanya Schoeman se stem is so mengsel van Karen Hougaard en Ann Wilson (van Heart) en dit klink uitstekend saam met daai old school rock guitar tone. Waldo Mocke is die haan onder die henne en die nuutste member van die band. Hy kan lekker kitaar gooi! Ons hou die newbie dop. “Fok die commercial norm” is die boodskap wat ek hard en duidelik sommer uit die staanspoor gekry het.  “Die vlamme brand hoog hier rondom my!” Gooi nog petrol, Tuin! Ek moet byvoeg: sonder die rhythm section sal dit ook nie werk nie. Annie Curtin op die tromme en Lourene Mostert op bass. Maak dit saak dat dit twee chicks is? Antwoord jy daai een self. Dit het my teruggevat na die dae van Lita Ford of Vixen toe. Net sonder die ge-permde hare, leer pante en kettings oral op Harleys. Daai skêre sou jou hard moer as jy hulle try catcall. Kaapstad neig meer na rom-com tunes toe. Die struktuur is iets wat jy eerder sou verwag het in ‘n Afrikaanse movie op kykNET maar die verskil is net die lirieke is nie so soet-fokken-sappig dat ek wil mondkatjies kots nie. Dis beduidend vir my want dis real. Verniel is deels rap maar ook steeds ‘n befokte rock song – laat my aan Foreigner se late seventies musiek dink. “Ons almal dra ons harte op ons moue maar niemand soek dit meer nie” “Ons almal het ons skakerings tussen wit en swart.” November is ‘n beautiful song wat herinner aan die tunes wat daar uit Bellville kom. Met ‘n lekker bonus zef solo by. Tanya se vocal-vermoëns kom ook sterk hier na vore. Voëlvry is ‘n song wat Tuin definitief nie toegang gaan gee tot die Afrikaans is Groot/Huisgenoot Skouspel binnekring nie. “Nee Tuin, ons kan nie meer saamspeel nie. My Ma sê ek kan nie vriende met jou wees nie.” Dink nie hulle voel rêrig ‘n fok anyway nie. Dit is wel great om te sien dat die Voëlvry-idees deur jonger kunstenaars die toekoms ingedra word.  Persepsie (geskryf deur Annie Curtin) is ‘n lekker modern pop rock song. Klink soos iets wat Lenny Kravitz sou record. Annie Curtin moer die dromme net so lekker soos Cindy Blackman. We fight with love (feat Kobus de Kock Jnr) is die mooiste song wat ek nog hierdie jaar gehoor het. Francois en Karen het wel die duet-ding eerste gedoen maar hierdie een is bietjie meer ‘n rou ballad en minder pop. Smaak dit kwaai. Kinders van die Nag het daai Kim Wilde quality wat Kids in America die wêreld ingestuur het – met nog zef solos – Yeeeaah! Hierdie song verduidelik mooi waar Tuin inpas in die scene, net vir ingeval jy gewonder het. Tyd Om te Laat Gaan (feat Raldo Mattheüs) het die album vir my full circle gebring terug na die aand toe ek Tanya (Tuin) ontmoet het en, ek kan verkeerd wees, maar dit sal jou laat verstaan hoekom sy hierdie album wou maak. Dit het ‘n eerlikheid, kwesbaarheid en diepte wat ons kort in Afrikaanse rock en -popmusiek. Hierdie album is belangrik – nie net omdat dit meestal vrouens is wat hulle hande opgesteek het hier nie maar omdat ‘n buiteperd genaamd Tuin die tipe album gemaak het wat gewoonlik net deur die A-span rockers reggekry word.

Die Karen Zoids en die Fokofpolisiekarre kort bietjie kompetisie, of hoe? Watch out vir Tuin!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesTuin – klein botteltjie, groot ballas!

    Gooi Comment