Gholf – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper Charlie1 Eiertjies

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Gholf op TV
Gholf is al beskryf as ‘n goeie manier om ‘n natuuruitstappie lelik te bedonner. Dis baie meer pret om te kyk hoe verf droog word. Die bonus met verf is dat jy darem ‘n effense buzz van al die chemicals kry. Met gholf het jy niks. Net ure van jou lewe wat jy nooit weer gaan terugkry nie.
Gholf op televisie is ‘n straf. Om ure lank vir die TV te sit en staar hoe nerds in chinos en caps ‘n wit balletjie met duur pale oor ‘n groot grasperk moer is nie my top tipe vermaak nie.
Snaaks genoeg is daar ook nie een van my pêlle wat op naweke wil oorkom met ‘n kas bier en die British Open kyk nie. |
Dit vat ook nie ‘n geniale persoon om gholf-kommentaar te lewer nie. Dis basic: die oorbetaalde “sportman” in chinos gaan ten minste twee houe gebruik om die bal in die gaatjie te kry, veral op die langer dele van die grasperk. Daar is sand en water. Hy mag dalk die bal in ieder van die twee moker (as jy gelukkig is). Iemand wen gewoonlik geld. Baie geld. Game over. Get over it.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Place your ad here

griffin en Chopper CharlieGholf – Is Dit Net Ek Of is Als Tos?

Comments

Gooi Comment