Francois van Coke vat dit so paar levels op met behulp van sy tjommies

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Agt-duisend-vyfhonderd fans het – hopelik – Saterdagaand die laaste bietjie grond op die geykte term “local is lekker” se stadig sakkende kis gegooi. Ons weet nou Francois Van Coke het altyd ‘n cunning plan gehad. Dit wys jou net wat jy met talent, harde werk, die regte besigheidsbesluite en ‘n paar goeie vriende kan regkry. Ja Tannie, Watkykjy is deel van ‘n komplot om julle kinders te indoktrineer sodat hulle na die regte Duiwelse musiek gaan luister en die regte concerts gaan bywoon. “As jy van die liedjie hou, poes vir Nicholas Louw!” Hoor! Hoor! AMP events het dit wragtag reggekry om ‘n Suid-Afrikaanse rock concert aanmekaar te slaan, wat enige internasionale show van dieselfde grootte se gat lag-lag sal skop.
Andy Mac (onthou julle MacStanley nog?) en sy span het al jare se ondervinding en hulle maak duidelik uit van. Hulle was verantwoordelik vir Symphonic Rocks daar by die zefste Casino in die land, Carnival Shitty, Kings of Chaos by die Sun City Superbowl, Pixies so reg op Brackpan se backyard grasperk asook Live en Myles Kennedy se concerts wat albei by die Sun Arena in Menlyn, Pretôria Ôs plaasgevind het.

Dis vanselfsprekend dat geen show ooit perfek gaan wees nie en ons het weer bietjie kritiek om te lewer. Ons is almal mos aan dieselfde kant, so kom ons kry dit agter die rug.

Andy Mac, bra, wie is die dude wat die verrigtinge oopgemaak het deur te “DJ”? “The Robfather?” Dudes, what the actual fuck? DJ is ‘n fokken los term, veral in 2018, want enige doos met ‘n smart phone kan op Spotify gaan en ‘n rock playlist soek en na die sound desk toe stuur. Van die kakhuis af. Ook, waarvoor die moerse tafel voor die pielkop? Verwag julle die jirre se dissipels vir dinner? Nooit, ouens. Julle kon daai geld gebruik het om ‘n local band ‘n kans te gee. Blaaint move. Ek sien hy gaan by The Cure ook “DJ”? Wat is die ou se credentials? 560 followers op Twitter? Heavy skaam.

Volgende kritiek is meer die venue self of wie ookal die fokken seating ontwerp het. Die disabled seats is so heeeeel in die hoekie bo met die kakste view van die show in die arena. Dit laat mens dink aan daai tafel by die troue waar al die uncool mense altyd saam gegroepeer word – die dominees, die DJ, die fotograaf en die bediende. Shamepies, laat my dink aan die keer toe Barney Simon Radio Jakaranda t-shirts vir die kreupels op die kreupel platform gebring het by die Deep Purple concert daar by die Dome. Sulke krismisboks.
*Rolbees klap sulke handjie*
Maar ons sal eerder ‘n behoorlik toegewyde artikel daaroor publiseer, want hierdie probleem is redelik kompleks, en nie net van toepassing op Sun Arena nie.

Raaaait, back to the show! Almal by Watkykjy stem sonder twyfel saam dat die klank, intelligente beligtingsontwerp en algehele produksie uitstekend was. My fok, daar was tot spanne “roadcrew” met fancy headset walky talkies. Die een dronk bra het gedink hy kan sommer net op stage strompel en kak maak, toe help hulle hom mooi reg. Die progressie van die setlist was perfek en die program het mooi beweeg van een artist na die volgende toe.
Paar hoogtepunte? Mensdom met Francois wat crowd surf het die party aan die gang gekry, Coenie de Villiers se goue klaviervingers het ons almal hoendervleis gegee tydens ‘Gee jou hart vir Hillbrow’. Daar was moerse applous toe Karen Zoid haar verskyning gemaak het en tydens Tot die Son uit Kom was dit onmoontlik om nie te besef dat die kerfstok (wat kwaliteit aanbetref) al weer hoër gestel is nie. Top notch. Liewe Jirre, Kan dit nog hoër? Majozi, met sy laid back acoustic vibe, het op stage gekom vir ‘n The Beatles song en ons kon almal fully relate: I Get by With a Little Help From my Friends! Tydens Waar Daar ‘n Wil is, is Daar ‘n Weg kon jy nie anders as om te besef dat Francois ‘n mature onstage presence het nie. Dit was evident dat hy die band leader van die verrigtinge is en jy kon die respek vir hom en vir mekaar op stage sien en voel. Toe Arno Carstens join vir Ek Weet Nie was twee verskillende eras met mekaar verbind. Ons hoef nie meer so excited te raak oor second rate irrelevant international bands wat hier live jol nie. We can hold our own (first rate) rock and roll! Eish, Blues Eyes. So mooi gewees.

Behalwe vir die disabled seat fokop was die ander downer van die aand ‘n fight tussen twee puisiegevrete wat ‘n entjie van ons af uitgebreek het. Die downer was nie die fight nie, maar dat hulle mekaar nie gepoes het nie. Millennial, perennial met ‘n overdose estriol.  Die ironie was dat dit plaasgevind het reg voor die party volume weer hard opgedraai is. Almal se favourite nuwe rapper het daai kletsrym van PE ge-own. Duidelik en warm, my bru! Eers Altyd Lief vir Jou en toe Beastie Boys se ‘(You Gotta) Fight for Your Right (To Party)’. Facepalm, nog ‘n laaste keer vir daai ander puisiegevrete. Daar was al klaar kondoom balonne in die crowd toe Jack Parow op stage gekom het en sy performance was soos ‘n rough rider – studded for extra pleasure! Die Jack Parow karakter het bietjie afgesaag geraak die afgelope tyd maar as jy so ’n stywe kletsrym vir al die kens kinders op ‘n  amped up stage gee, kan mens nie anders as om weer ingetrek te word nie.  Antagonisties en sonder bullshit. Hey, en toe crowd surf Francois en Jack Parow sommer saam! Dans, dans, dans! Jirre, almal het ge-fokken, fokken dans! See van hande. Hoendervleis. Pomp en gees!

Die obvious slim keuse was om die hele Fokof band so paar songs te laat jol want die fans was daar vir Francois, maar hulle was ook eintlik daar vir Fokof, want daai band het Francois gemaak, nie waar nie? Nie kritiek nie, maar meer van ‘n wish list item: ons sou met ‘n Fokof song afsluit.

Almal het geweet Karen Zoid en Francois gaan ‘Toe Vind Ek Jou’ doen en was dit nie fokken besonders mooi nie? Jirre, pure plesier. Where do we go from here?

Kan nie fokken wag nie!

RolbeesFrancois van Coke vat dit so paar levels op met behulp van sy tjommies

Gooi Comment