Die See feature op Distilled episode 5

In Mystic Boer Distilled Sessions deur griffinRek jou bek

Die See  het reeds in 2009 gevorm (die band, nie die fokken watermassa nie – dis 6000 jaar oud volgens die bybel) en die band bestaan uit Henry Ferreira op vocals, Dylan Thomas op atmosferiese en haunting electric guitar, Jason Hinch wat die drums bliskem en Jaco Mans wat sorg vir grooves en freaky sounds op die bass.

Vroëer hierie jaar het die ouens ‘n befokte set gespeel by Mieliepop en nou kry ons hulle weer te sien op die Distilled Sessions waar hulle drie tunes perform. Hulle episode het gister live gegaan op YouTube. Gaan join die Facebook page en gaan check sommer die eerste 4 episodes ook uit indien jy dit gemis het met WONDERboom, Black Cat Bones, Die Horries en Akkedis.

Die volgende Distilled filming session gebeur hierdie komende Dinsdag by Craft Exchange van so 10am af, so as jy lus is om halfdag te vat en bands te kyk en bier te drink, kontak die ouens by Craft Exchange. Ons kom nou ook after hulle het nie ‘n Facebook page nie, so kontak dalk eeder Thirst@28Degrees, siende dat dit basically dieselfde plek is. Hulle het ongelukkig net plek vir ongeveer 20 tot 30 spectators met die filming, so bespreek vir veiligheid dalk net ‘n tafel as jy wil gaan roofkyk. Daar sal probably kos en drank specials wees. Ons kon die ouens nie in die hande kry vir kommentaar nie…

Enjoy Die See:

griffinDie See feature op Distilled episode 5

Gooi Comment