Blessed be the fruit, bra!

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Elizabeth Moss vertolk die rol van die hoofkarakter, June Osborne, in The Handmaids Tale en net soos met haar briljante vertolking van haar rol as ‘n vrou wat nie kak vat nie in Mad Men, wil dit voorkom of sy weer die komplekse rol aanneem van ‘n onderdrukte vrou wat sterk staan ten spyte van opperste seksisme en algemene goor kak en teenspoed. In Handmaid’s Tale is die kak waarmee haar karakter en elke ander vrou mee moet deal egter veel, veel erger.

My vrou vertel my nou seker al vir meer as ‘n jaar lank watter befokte reeks hierdie is en ek het net nooit daarby uitgekom nie. Tot ek dit hierdie week ‘n shot gegee het. En ek blameer die stupid boring poster vir my delayed response. Wanneer jy na die series se poster kyk lyk dit actually fokken boring en asof dit afpseel in die 18-voetseks met ossewaens en pestilensies. Fokken Voortrekkerkappie? Seriously? Ek het nie tyd vir sulke tos nie. Moet egter nie dat die poster jou afsit nie. Druk net play by episode een en begin dit kyk. Reeds met die eerste episode as daar soveel intrige en aksie. Dit raak later dalk stadiger, maar die pacing is moerse belangrik. Secene 1 –  ‘n man, vrou en hul dogter is in ‘n ligte motorongeluk met sirens in die agtergrond wat daarop dui dat hulle moontlik besig is om van ‘n gevaarlike groep af te vlug. ‘n Ou cliche skop volgende in wanneer die desperate man die vrou tune om hulle kind te vat en in die woud in te vlug. Want woude is fokken scary en die help vir tension bou en jy weet die man se kak is op ‘n moerse special gebook. Paar sekondes later… bang-bang! Poeksie-woeksie se ticket word gepunch, ma en kind word gevind, kind word weggeneem met mamma wat met uitgestrekte arms skree en sy word disnis gemoer. Job done. Die agtergrond is geskets.

Daarna cut die storie na die hede en dit blyk dat ons heldin in die hede ‘n tipe chamber maid is in ‘n lang rooi rok en iets op haar kop dra wat lyk soos ‘n voortrekkerkappie. Heavy amish vibes. Sy bak brood van scratch af in die kombuis van een of ander rykgat doos. Want dis “tradisie” en “dis hoe hulle dit like” Sy is ‘n slaaf. Meer as dit, eintlik – sy is ‘n gevangene, want die rykgat doos het bodyguards met machine guns wat die mansion oppas. Sy is daar teen haar wil. ‘n Mens kan met ‘n redelike graad van sekerheid voorspel dat daar net heavy kak tye voorlê vir hierdie arme vrou.

In hierdie land waar die vroue hulleself bevind (almal in rooi langrokke en amish-tipe hoofbedeksels, beweeg hulle in groepies van twee in die strate, kwansuis vir hulle eie veiligheid maar dis eintlik maar net om op mekaar te spy en check te hou wanneer hulle “vry” kan rondbeweeg om shopping vir die base te gaan doen. En hulle word soos valke dopgehou. Die hele fokken tyd. Die eerste semi-verbale frustrasie van onderdrukking kom na vore wanneer die vrouens inkopies doen onder bewapende oog en lemoene koop vir een of ander rede en June Osborne amper hardop by haarself dink: “I don’t need oranges. I need to scream. I need to grab the nearest machine gun”. Sy is gatvol vir hierdie kak en ek dink by meself “Fuck yeah! Waneer kom ons by daai deel waar sy al die oppperkonte se piele afskiet?” Dit sal seker nie nie in die eerste reeks gebeur nie. Daar was nog hoegenaamd nie genoeg suffrage nie…

Dis ‘n totale fucked up distopia waarin die vrouens hulself bevind, verweef met indoktrinasie,  besaaid met aaklighede en skape wat skape blindelings volg, ongeag die barbaarse gevolge. Dit laat my nogal aan apartheid dink en hoe die Afrikaners die Nattes se kak vir koek gevreet het, maar apartheid is mos verby, so dit laat my effens dink aan die tipe volmaakte wêreld wat AfriForum graag sou wou hê vir hulleself. Betaal net jou ledegeld, hoor? Want sien religion en om aan ‘n special groepie te behoort is fokken belangrik. Dis wat hier in Handmaid’s Tale gebeur het – ‘n godsdiens-ge-orienteerde outokrasie het die grootste deel van Amerika oorgeneem en die naam van die land na Gilead verander – vir dié van julle wat met bybels onder die arms rondloop – “berg van getuienis”. Dis ook die pozzie waar Jacob en Laban vir die laaste keer ontmoet het in die Bybel. Mens kan dieper boekdele oor hierdie alleen kwytraak, maar tyd is geld…

Anyway, Gilead is ‘n fokken kak plek. In hierdie land is vroue tweedeklas citizens en enigeen wat probeer ontsnap word hard gestraf. En hier kom ons nou weer by daai eerste scene in episode een – daai iemand wat probeer ontstnap is June. Sy kry ‘n redelike algemene straf – sy word gevonnis om ‘n handmaid te word vir ‘n kinderlose regeringsamptenaar. Die Afrikaanse weergawe van die Bybel het ‘n mooi woord vir ‘handmaid’ – diensmaagd. En wat is hulle job description? Hulle moet kinders baar vir die kinderlose government konte en omdat dit ‘n straf is, gebeur dit teen hulle wil. So basies word hulle forseer om vir serial rapists te “werk”. Tot in ewigheid, amen. Blessed be the fruit!
The Handmaid’s Tale is nie net ‘n reeks wat uitbeeld wat moontlik kan gebeur wanneer vroue hulle regte ontneem word nie – daai kak het reeds gebeur en gebeur tot vandag toe heeltemal te wyd. Dit wys hoe groepsmentaliteit en religion ‘n volk kan opfok van alle kante af. Daar is baie parallelle tussen die reeks en hoe Amerika deesdae gerun word. Meeste regerings, actually. Dit laat mens ook dink aan George Orwell se 1984. Daar is vir jou nog ‘n ekstra blik wurms om oop te maak as jy tyd het.

Hierdie reeks ‘n spieel wat opgehou word vir ons. Dis familiêr en uiters pervers en dis baie buitengewoon, moontlik oor die sci-fi draad wat deur dit loop. En dis beslis nie vir almal nie.

Dis nie vir mense wat gewoonlik sê: “Dis ‘n pot kak!” voor hulle iets in sy geheel lees, kyk of moeite doen om iets te verstaan nie.
Dis nie vir mense wat vrouens soos kak hanteer nie.
Dis nie vir Trump-aanhangers en regse mense oor die algemeen nie, want hulle beskik nie oor die vermoë om rasionele denke saam te flans nie.
Dis nie vir mense wat dink dat die #metoo movement net ‘n pot kak en aandagsoekery is nie.
Dis nie vir mense wat dink ‘n teenargumente begin met “Ja maar wat van…” nie.

Andersins sal jy orraait wees en gaan jy vasgenael voor jou TV sit vir The Handmaid’s Tale. Dis eintlik eenvoudig. Dis vir mense wat na ander mense kan luister voor hulle self praat. Want jy is dalk net bietjie van ‘n doos, maar jy is eintlik ‘n orraait doos.

Jy kan season 1 solank kyk. Kry  net vir jouself so stukkie free Showmax as jy nog nie het nie…

Jy kan vir 14 dae verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou.

griffinBlessed be the fruit, bra!

Gooi Comment