Tweefontein Melkery is nou ‘n tiener!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Oor die naweek van die 20ste tot 22ste Julie 2018, het Tweefontein Melkery hulle tiende verjaarsdag gevier saam met Klitsgras Drumming, Watkykjy en Tings an’ Times. Dit was ‘n heavy nostalgiese fees wat nie net die fisiese gebou en plek se bestaan gevier het nie maar, meer belangriker, die mense wat al ‘n dekade samesyn en goeie tye daar (en by al die ander associated plekke) beleef het! Daar is tromme geslaan en Winter Games gejol; daar was Big Screen movies ook en almal het lekker fles gevat en kaklekker kos van die Tings an’ Times menu geniet.

Daar was natuurlik ook befokte musiek! Die Sondag is die nostalgie bietjie verder terug in tyd geneem. Terug na die begindae van die eerste Tings an’ Times in die midnineties en DJ T! het selfs bietjie die 206dae, In The Mix – verwek. What a vibe! Jirre, dit was befok om al die ou vriende en bekende gesigte weer te sien! Maak nie saak by watter een van die bogenoemde clubs of movements jy betrokke is of was oor die afgelope paar dekades nie. Dis eintlik een groot movement waar die mense vat Pretoria hulleself minder doosagtig hou! Rolbees het soos oudergewoonte bietjie die musiek Sondag gaan uitcheck en kan as volg terugrapporteer:

As daar nou een artist is wat sy vinger uit sy hol getrek het (wat sy eie musiek aanbetref) en eerder begin vars vinger trek het, is dit Albert Meintjies. Ek het sy eerste solo album so rukkie terug review en dit was die eerste keer dat sy musiek my impress het. Ek moet sê, dit klink nou nog fokken beter so bietjie meer as ‘n jaar later na die release, maar wat my nog meer impress het, is hoe tight en ge-oefen sy sets is deesdae. Dis flawless met genoeg siel om jou te “mesmerize, te hypnotize”. Hy jol van die ouer tunes vir die Scicoustic fans, van die nuwe album se songs (waarvan ek meer hou) en hy het een van sy nuwe Afrikaanse songs vir die crowd ge-pitch. Die crowd was baie responsive en ek sal nie verbaas wees as sy opkomende Afrikaanse album ‘n paar treffers sal oplewer nie. Nie die kak tipe nie. Julle weet waarvan ek praat. Albert Meintjies het homself reinvent op ‘n manier en ek sien ‘n hele ander energie in sy total offering. Hou hom dop! Potskerf Potgieter het Albert gejoin op die didge vir so paar songs en dit was die perfekte cherry op die koek van ‘n overall enjoyable performance. Nee, Potskerf, nie daai fokken koek nie, hoor?
Tidal Waves het ‘n two-man acoustic performance gegee (net Jakes Wulana en Shadrack Mathopa). Ek weet nie wat hulle gerook het nie, maar hulle musiek was so chilled, dit het gevoel of ek ‘n moerse bong op my eie klaargemaak het. En ek drink net Rooibostee en rook net secondhand smoke. Tidal Waves is een van die quintessential bands wat die gees van Tings an’ Times embody en dis altyd spesiaal om hulle te sien perform.

Ek dink nie ek is alleen as ek sê die herlewing van die kief joints wat nie meer fisies bestaan nie, moet meer gebeur. Their spirit lives on in our hearts and minds!

RolbeesTweefontein Melkery is nou ‘n tiener!

Gooi Comment