Fietsryers – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Fietsryers
Almal kan fietsry. Dis nie ‘n kuns nie – vandaar die uitdrukking “dis so maklik soos fietsry”. Wat wel in ‘n kuns ontaard het is om vir ‘n klub fiets te ry. En vir een of ander rede kry hierdie mense dit reg om almal om hulle af te pis – van motoriste en voetgangers tot ontbytgangers op kafeesypaadjies.
Laasgenoemde is ‘n nuwe fenomeen, veral in Kaapstad. Na hul Saterdagoggend-oefensessies kom fietsryers in cafës bymekaar en ontsier die plekke met hulle belaglike uitrustings en inkliek fietsryskoene wat soos hoëhakskoene op ‘n verhoog klink. Sommige van hulle insist selfs om hulle valhelms en futuristiese sonbrille aan te hou. Hoekom die helmet, ou? Gaan jy van jou mighty high horse afbliksem en jou kop oopkraak? Mammas moet ook kindertjies laat wegkyk van die bultende knoppe in die broeke voor hulle dalk die kleingoed se ongemaklike vragies, kliphard gevra, moet antwoord. “Mamma, hoekom daai oom ‘n appeltappel in hom broek?”
Nee man. Fok.
Dis ook net fietsryers wat hierdie sonde pleeg. Ek het nog nooit ‘n sweterige of bebloede rugbyspan in modderige rugbyklere sien Ollie-burgers tand in die Spur nie en ek is seker Ryk Neethling sit nie kaalvoet in sy swempak en paddabrilletjies in die Wimpy en eet loperige eiers nie.
Dis ‘n manier van afshow. Goeie fietse verkoop vir enigiets tussen R10,000 en R150,000. Ons weet dit, hoor. En weet julle wat, vir ons lyk enige fiets soos ‘n R500 fiets, so jy impress ons fokol.
Net soos mense met duur karre ook nie ‘n indruk maak nie, al dink die eienaars so. En as jy dink jou fietsryklub se colours of jou fietsrynaampie gaan vir jou punte wen, dink weer.
Meeste mense in Suid-Afrika weet nie eers wie in die Springbokspan speel nie, so jy is maar ‘n klein, dun speek in ‘n baie groot wiel, pêl. Klim op jou peperduur fiets, draai hom 180 grade van my af weg, loop trek ordentlike dagklere aan en kom probeer dan weer om jou brekfis te bestel.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinFietsryers – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment