Stone Jets is terug met ‘n killer 7-track EP!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het so twee jaar terug Stone Jets se tweede EP, What I Say, review en was ek verbaas oor die kwaliteit van hulle “popmusiek” offering. Ek is nie gewoond daaraan dat popmusiek my move nie. Sommige mense dink obviously dis cheesy love songs. Ek voel ‘n fok. Julle weet wat my siening is. If it’s real, you’ll know it because you can feel it.  Anyways, ek is baie opgewonde oor hulle nuutste EP, getiteld Memory. Dis geen geheim dat ek hierdie band se Afro-pop and rock tunes dik smaak nie, maar ek het met die vorige album se review net gedink hulle kon dalk nog meer soul oopgedraai het. Hulle werk hard though en het van 2013 af stadig maar seker ‘n following begin opbou. Stone Jets het al saam met oorlede Hugh Masekela en ook Majozi opgetree. Hulle was al paar keer op SABC te sien en is bekende gesigte by local music festivals en circuits. Impressive, nie waar nie? So kom ons kyk wat het hulle hierdie keer geskep…Voor ek begin – daar is sewe tracks op hierdie EP en dus baie naby aan ‘n vollengte album. Ek like dit kwaai want partykeer is EPs net te kort en dan is daar te min genot vir my. Net soos laaskeer trek hulle my dadelik in met I Can’t Live Without You, wat ek hoop kakbaie airplay gaan kry op radios, TVs en natuurlik ook op die interwebs deur almal se cellphones, tablets en laptops. Jirre, en How Can You se afro-soul vibe (kompleet met beautiful backing vocals) skop my weer so reg in die feels. Dis ‘n lekker warm chilled out sound – amper soos ‘n analog droom – en Given klap die bass subtiel maar toonaangewend. Die Afro soul ondervinding duur voort met Tired of Missing You wat begin soos ‘n mengsel tussen The Offspring se Come out and Play (Eduan op percussion) en George Michael se Faith (Manfred op kitaar) maar dan trippel die hele tune so uit in ‘n dans tussen Given se twisting and turning vocals en die ander bras se kief tokkels en ritmes.

Die titelsnit is ‘n eenvoudiger song met ‘n meer organiese gevoel en lê sodoende meer klem op Given se fokken mooi stem terwyl Give and Take die mooiste pantydropper song is wat ek nog hierdie jaar gehoor het. Die bra gee meer as sy absolute beste wat vocal ability aanbetref op hierdie een. Jirre, waar gaan haal jy daai hooeëe note? Ag nee man, daar pink ek weer ‘n traan. Die gees is sterk met hierdie album en ‘n paar kerfies meer aangepas op die groot kerfstok van befokte soul tunes!

Check die tunes uit en ook die datums vir hulle Nomakanjani promotional toer!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesStone Jets is terug met ‘n killer 7-track EP!

    Gooi Comment