Jon Shaban: Speak your Mind

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Hier is bietjie alternative folk tunes wat ek nie normaalweg in my everyday playlist sou gooi nie, maar ek het geweet baie van julle sal dit dik smaak. Jon Shaban is die hoofsanger van The Shabs, ‘n folk- punk band van Kaapstad, wat deur hedendaagse Amerikaanse folk-punk beïnvloed is (soos Mishief Brew) en miskien ook deur modern punk rock bands soos Against Me! Shaban het onlangs sy tweede solo projek die heelal ingestuur. Om eerlik te wees ek het nog nooit van hom of The Shabs gehoor nie maar ek kan talent hoor as dit oor my pad kom. Hulle gaan nou ‘n moerse Europese toer doen en ek dink selfs as jy “old school” Mumford and Sons of The Lumineers se musiek geniet mag jy dalk ook net van hierdie tunes hou.

My vinnige take op dit? Dis eerlike, organiese musiek met substance en ek kon die hele album met gemak deurluister en boonop geniet. Musiekgewys? Dis ‘n mengsel van eenvoudige folk kitaar, melodieuse klavier, upbeat viool, bietjie bekfluitjie en baie sterk lirieke. Meeste van die songs is redelik kort, soos die ou Bob Dylan folk songs van die sixties (alhoewel Dreaming of a Better Place en We Are The Ones is bietjie langer) maar daar is vyftien tunes op die album, wat nogal fokken baie is. Value for money, skiem ek.

Die album het ‘n lekker Saffa gevoel – dit kan Shaban se aksent wees of net Kaapstad wat daar deursypel. Ek is wel meer ‘n fan van die donkerder Americana country en folk tunes deesdae, maar Shaban se stories is interessant en relevant en het my eventually ingetrek. Daar is ‘n duidelike anti-establishment punk vibe in die lirieke maar dit is meer sosiale kommentaar en nie so nihilisties soos die ou punk rock van ouds nie. Op songs soos byvoorbeeld We Need to Stay Positive klap Shaban en Stelth Ulvang (van The Lumineers) ‘n lekker positiewe folk-rap colab. Hierdie musiek is nie noodwendig iets wat in my persoonlike smaak val nie, maar die hele album is fokken skillfull gedoen.

Shaban het ook ‘n aantal ander artists gekry om saam op die album as gaste op te tree. Ann Jangle, Jay Bones asook Jono Tait, Matt en Nico Catto van Hatchetman en Sarah Macarthur.
Check it out!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesJon Shaban: Speak your Mind

    Gooi Comment