Hey, Pretoria-Oos, het julle al krag? Vir ‘n free Fokof show?

In Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Met daai Wapadbrandkragstasie wat uitgefok het in die die ooste van Pretoria sit baie mense steeds met hulle hare in hulle hande. Om vir meer as 7 dae lank sonder elektrisiteit te sit is nie fokken speletjies nie. Besighede kak steeds af en sommige moes moontlik permanent deur toemaak. Dit was ‘n fokop of note gewees! En die nagevolge ry mense steeds bloot. Partykeer moet mens maar net stilstaan en toelaat dat alles net slow motion verby jou sweef sodat jy jouself bietjie bymekaar kan kry en kan skaaf aan jou plannetjies vir ‘n nuwe plan of attack…

En dan moet jy ‘n bier drink saam met al jou tjommies om die kak af te was en die reset knoppie te druk oor die naweek. Gaan doen dit sommer by Craft Exchange in Faerie Glen. Jy sal die plek dalk eerder ken as Thirst @28 Degrees East maar dis basically dieselfde plek. Ons is dik impressed met die moerse variety bier, die diens en die kos (try bietjie hulle ribs – dis poeslekker) en dis juis die rede vir ons 100% free publicity vir die ouens – want ons like die plek!
Hulle run op die oomblik ‘n moerse special by Craft Exchange. Checkityt – vir R120 score jy ‘n Margarita pizza en ‘n 2 liter jug Fokof lager. Of jy kan net straight vir die bier special gaan wat R40 is vir twee 500ml Fokof lagers. Dis so fokken cheap, jy kan sommer van die Kaap af opvlieg om dit te kom geniet, want daar kos ‘n craft bier seker ‘n Bitcoin of twee. Hierdie special run tot 1 Augustus en deur hiervan gebruik te maak, help jy ook die ouens by Craft Exchange om ‘n free Fokofpolisiekar show te wen vir jou om te geniet. Yup, die bar of kuierplek wat die meeste Fokof lager verkoop tot en met 1 Augustus wen ‘n free Fokof show, so kom ons help hulle om dit in Pretoria te doen. Dis lekker om te wen. Wen is piele.

As jy nog nie by Thirst of Craft exchange was nie, klap die N1 noord, vat Atterbury en kap straight verby die Faerie Glen Pick ‘n Pay. By die volgende traffic light waar Buidler’s op jou regterkant sit, kap jy ‘n lefty en die pozzie sit amper dadelik aan jou regterkant. Reg langs Hokaai Vleismark, woerts inniehoekie.

Fokof sommer vroeg by die graft om Fokof te geniet…

 

 

Deel met jou tjommies!

    griffinHey, Pretoria-Oos, het julle al krag? Vir ‘n free Fokof show?

    Gooi Comment