Facebook – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Facebook
Asof mens nie genoeg e-mails gehad het om mee te cope nie, is daar nou ook die alewige Facebook-boodskappies wat instroom. Die skoolboelie wil jou maatjie wees, ‘n onbekende Koreaan pomp jou in die ribbes en ‘n verlangse kennis het ‘n inkriminerede partytjiefoto van jou op die web gelaai. Iemand anders weer wil flieks vergelyk, spoor jou aan om jou strippernaam te bepaal of het jou as ‘n supervriend gelys.
Moerse verbaas (maar baie beïndruk) aanvaar jy jou 200ste friend request. Glad nie sleg nie, dink jy. Maar wanneer laas het jy en daai doos van skool saam gebraai? Is jou skoonfamilie regtig jou vriende? En wat soek daai vervelige eks-kollega op die lys?
Dalk werk Facebook op dieselfde prinsiep as eBucks, waar elke 10 eBucks gelykstaande is aan een rand. Deel dus jou Facebook vriendetal deur 10 en trek sommer nog vyf af vir jou familie.
Nooi dan die res vir ‘n braai. In die regte lewe. Met bier.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    griffinFacebook – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

    Gooi Comment