Ereksies op snaakse tye – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Ereksies op snaakse tye
Kyk, niemand praat regtig oor hul boners nie, maar ek voel dit nodig my om my misnoë uit te spreek oor die feit dat jou totterman besluit om by die vreemdste geleenthede op aandag te staan. Ek meen, in die kar? Terwyl jy bestuur? Tydens vergaderings? Wat gaan aan?
Die beste is as jy in die oggend opstaan en nog half deur weer moet gaan piepie. Gaan sit jy dalk vir ‘n nommer een, lekker deur die blare, gooi ou Jakob regop ‘n warm gele tussen die toilet en die sitplek deur en teen jou kuit af. Jy kom dit natuurlik eers agter as jou voete nat en koud is. Ril.
Dis ook feitlik onmoontlik om te staan as jy vroegoggend dou van die lelie wil afskud. Groot is jou verleentheid as jy soos ‘ wafferse Superman oor die toilet probeer hover wanneer jou meisie op jou inloop. Smooth.
Weereens dankie, ou vriend. Dankie vir fokol.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffinEreksies op snaakse tye – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment