Drukvlerke – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Drukvlerke

Subaru’s is moerse duur karre. Dis ook een van die maklikste maniere om vir mense te wys dat jy nie styl met geld kan koop nie.
Met die massiewe drukvlerke wat hierdie karre (en ander opgeboude racers) het, sou mens sweer die goed run op Airbus A380 enjins en daai chuck plastiek is nodig om die kar op die grond te hou. Maak ten minste net die vlerk bietjie kleiner, jou petrolkop. Ek sukkel om die horison te sien.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    griffin en Chopper CharlieDrukvlerke – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

    Gooi Comment