Zaberfluten – waddefok were Van Pletzen finking?

In Kief musiek, YouTube Channels deur griffinRek jou bek

Mirrag, klas! Zaberfluten is die official short film en music video vir Van Pletzen se nuwe tune, Zaberfluten. Die song kom vanaf hulle dubuutalbum, Kak Lekke Vibe.  Die tune is fokken catchy en jy kan hom hierso luister as jy wil, maar scroll af vir die video, want dis poes snaaks en dis waar die goud begrawe is.

Die music video is verfilm en direct deur PJ Kotze (ek dink hy he MOMO ook gedoen?) en jy sal probably al die actors in die video herken: Schalk Bezuidenhout, Frank Opperman, Peach van Pletzen and Nik Nax.
Most notably gaan ‘n sekere sêding in hierdie music video vir fokken seker volksbesit word – die section waar Peach Van Pletzen vir Schalk Bezuidenhout rondom die braai tune:

“Weet jy wat? Vat jou eiervrug en fokof!”

Dink aan alledaagse praktiese implikasies hiervan. Ek kan aan at least twee voorbeelde dink:
SuperSport, nie so lank gelede nie:
“Weet jy wat, Ashwin? Vat jou eiervrug en fokof!”
Valentines Day, 2018
“Weet jy wat, Jacob Zuma? Vat jou eiervrug en fokof!”
Ons sit ook sommer die lyrics vir Zaberfulten hier dat jy lekker kan saamsing. Wees net asseblief bewus van wat jy sing ook, want jy mag dalk wonder “Wat vir ‘n fok is ‘n zaberfluten?”
Ons is bly jy het gevra, want sien, Watkykjy het die eerste en enigste legit Afrikaanse Zef woordeboek alreeds 19 jaar gelede opgestel. Gaan kyk gerus onder Z: http://www.watkykjy.co.za/zef-slang/y-z/ -en sing nou saam uit volle bors:

Lirieke:
Vanaand klap ons almal ‘n zaab
Loop na die shop en koop papier
Vergeet van paranoia
Skud net jou kop moenie bang wees nie
Die rook hang sirleks om my
Dit hang so dik dit lyk of ons braai
Stuur daai bat my way
‘n Vriend is iemand wat ‘n zaab kan swaai

Swaai my ‘n zaab

Hoekom kyk weird na my?
Trip jy bietjie hard op MDMA?
Swaai my eerder net ‘n zaab
Dan voel ons lekker irie my bra
Gee my net nog ‘n pull
Sodat ek my wange kan voel
Vanaand gaan loop soos stroop
Ons is about om nog ‘n zaab te rook

Swaai my ‘n Zaab!

Deel met jou tjommies!

    griffinZaberfluten – waddefok were Van Pletzen finking?

    Gooi Comment