Vat vyf! Week 25 van 2018 – Melania voel fokol!

In Wat is nuus? deur PK Malherbe1 Eiertjies

1) Donald Trump. Piele ou. En met piele bedoel ons poes. Die nagadder het hierdie week ‘n uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei mag word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek. Hy het egter bygevoeg hulle gaan steeds soos motherfuckers optree teenoor mense wat die land onwettig binnekom. En daar was hierdie juweel: “Ek hou nie daarvan dat kinders van hul ouers geskei word nie.” Bly ons het daai enetjie opgeklaar. Sy vroutjie Melania, het blykbaar ‘n beroep gedoen op hom om alles in sy vermoë te doen om gesinne bymekaar te hou. En toe word sy afgeneem waar sy op ‘n vliegtuig klim oppad na een of ander vlugtelingskamp op die Mexico-grens met ‘n baadjie waarop daar groot geskryf staan “I really don’t care, do U?” Regtig? Die wêreld reageer verontwaardig en geskok. Dis mos nie hoe mens You spel nie?

US First Lady Melania Trump besig om ‘n total kont van haarself te maak terwyl sy fokof by Andrews Air Rorce Base in Maryland. Wat ‘n fokken douche broodjie!

2) Almal se gunsteling drama queen, Ashwin Willemse, is terug in die nuus nadat SuperSport hul bevindinge oor die Naas Botha/Nick Mallett ateljee uitbarsting bekend gemaak het. En dit was dat daar nie rassisme betrokke was nie. En nou voel Ashwin seergemaak. Dieselfde Ashwin wat nie deel wou wees van die ondersoek na die voorval toe hy sy moer gestrip het op live TV nie. Fok, ou. Jy kan nie jou bruinbrood beide kante gebotter kry nie. Nou wil hy en sy prokurower Gelykheidshof toe. Een ding is seker… Daar is so naampie of twee wat in die Botha- en Mallett-huishoudings doodgetrek is op die verjaarsdagkalendertjie op die agterkant van die kakhuisdeur.

3) ‘n Indiër-vrou van Midrand, Alochna Moodley, is vanaf ‘n Kulula-vlug verwyder nadat ‘n mede-passasier gesien het hoe sy die k-woord in ‘n SMS aan haar kêrel stuur om haar frustrasie uit te spreek oor die swart kaptein en die feit dat die vlug vertaag was. Nie so fokken vertraag soos jy nie, Alochna! Jirlikheid. Kyk, sy het ‘n punt beet dat die passasier langs haar sy oë van haar foon af moes hou, maar om da die tyd te kom en te sê sy dink dinge word uit verband uitgeruk, VERTRAAG!

4) Drie lede van die sogenaamde Rolex-bende is hierdie week in Johannesburg in hegtenis geneem. Hoog tyd. Geddit? Gaan hulle vervolg word? Watch this space. Tirridish.

5) Die Wêreldbeker Sokker het hierdie week so paar verrassings opgelewer. Duitsland verloor teen Meksiko. Argentinië verloor teen Kroasië. Fikile Mbalula verloor sy humeur. Geen fokken surprise om die permanent bebrilde bliksem by die sokker te sien waar hy selfies pos saam met elke semi-bekende of hoernes beampte nie. En toe iemand in die DA ietsie noem van of dit gepas is van hom om so te brag, toe is dit natuurlik weer witmense wat nie kan hanteer hoe suksesvol hy is nie. Ja Fikile. Dis die issue. Nie die feit dat jy so geldverkwister, skouer-skurende-met-bekendes, probleem-ignorerende, domastrante bliksem is nie.

Jy is jou eie fokken Rolex-bende.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 25 van 2018 – Melania voel fokol!

    Comments

    1. Ragnar losbroek

      Jissis frikkie jou Dom piss streak stain fuckwallop jy en mev trump is ewe brein dood kokkerotte. Loep naai man

    Gooi Comment