Vat Vyf! Week 23 van 2018 – Cape Town InterAfriforum Mandela Shivambu Jou-Ma-se-Poes Airport

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Picture die volgende boodskappie deur die pilot: “Dis Kaptein Frikkie Notnagel hier… Dankie almal dat julle saam met ons gevlieg het… ons is nou besig om na benede te daal en behoort kwart-oor 11 te land by… wag net, ek bevestig net gou… ja, ons gaan land by Krotoa Internasionale Lughawe… ons vertrou julle het almal die vlug saam met ons geniet en ek w… ekskuus, wag, lyk my ons land nou by Winnie Madikizela-Mandela Lugawe. Jammer daaroor, ons vind maar uit op dieselfde tyd as julle… o fok, ons word nou gereroute… o, nee wag, ons land nog in Kaapstad, maar dis nou by die Nelson Mandela Lughawe. Ek sal bevestig dis nog dieselfde lughawe… julle weet, partykeer voel dit of ek my fokken kop wil verloor, die fokweet, al hierdie naamsveranderinge… jissis, sopas bevestiging ontvang, ek is nou Kaptein Themba Sithole… did not see that coming… okay dan, uhm, ja, dankie dat julle saam met ons gevlieg het… ons land nou by… FOK… Kurt Darren Lughawe? Hierdie is seriously af, af, af… Hahahaha, ek is so fokken confused… hahahahaha… dankie aan ons aanboord personeel vandag, Julius Malema en Floyd Shivambu… jammer vir almal wat nie witwyn by hulle kon kry nie… as julle nou by julle vensters uitkyk, sal julle die pragtige Kallie Kriel-berg sien, gehul in mis en die Helen Zille plakkerskamp is net so links daarvan… onthou asseblief om sittende te bly totdat die land volkome tot stilstand gekom het… vliegtuig, ek bedoel vliegtuig!”

2) Spanning by polisiestasies is op ‘n mespunt nadat vier vroulike polisiebeamptes met ‘n mes gedreig is en toegesluit is in ‘n aanhoudingsel by die polisiestasie in Eden Park in Alberton. Maar eers het hulle die kluis laat oopsluit en weggekom met ‘n R5-geweer en twee magasyne. Kyk, astrant is nie die woord nie. Fokken beroof die polisiestasie. Dis natuurlik nie die eerste keer nie, maar is ons ekonomie so kak dat die boewe nie eers ‘n R5-geweer by Crazy Stores kan bekostig nie?
3) Regter Siraj Desai het uiteindelik hierdie week agter die kap van die byl gekom in die Henri van Breda hofsaak deur hom drie lewenslange vonnisse op te lê wat gelyktydig uitgedien sal word. Dis na aanleiding van die skuldigbevinding op die moord van sy ouers en sy ouer broer en die aanval op sy suster wat dit darem oorleef het, maar minder van die aand kan onthou as Ard Matthews toe hy die volkslied moes sing by die rugby. Van Breda het volgehou dat hy onskuldig was en dat dit ‘n swart inbreker was. Die regter het bevind sy getuienis was swak en dat hy geen berou getoon het vir sy dade nie. Lewenslank? Woes. Steeds nie so lank as wat Amor Vittone se sangloopbaan al aan die gang is nie, maar lank.

4) Suid-Afrika se blink sterre status is hierdie week lekker ge-elevate! Almal se gunsteling panfluit-orkes, Guns N’ Roses, het aangekondig dat hulle Suid-Afrika later vanjaar vir een optrede gaan besoek. Die datum? 29 November. Hulle moes nou ‘n reënmaand kies. Fok, there’s a song in there somewhere. En aanvanklike berigte dat ‘n verskietende ster die lugruim buite Ottosdal hierdie week verlig het, is as onwaar bewys toe Patricia Lewis by haar eie huis opgespoor is. Dit was wel ‘n meteoriet. Twee boere in die omgewing se veiligheidskameras het die verskynsel afgeneem en die video het soos ‘n glimmende vuurbal op sosiale media versprei. Volgens ‘n sterrekundige, wil dit voorkom of die meteoriet teen ‘n spoed van 252 000 km/h beweeg het en 60 km bo die aardoppervlak uitgebrand het voordat dit moontlik Botswana getref het. Wys jou net. Nie eers die fokken meteoriete stop in Ottosdal nie.

5) Iemand se debietorders wat moontlik nie hierdie maand gaan afgaan nie, is Lindiwe Makhalema, die geskorsste burgemeester van die Dihlabeng-munisipaliteit. Die brawe sosiale media soldaat het mos onlangs op Facebook te velde getrek teen president Cyril Ramaphosa en hom ‘n verraaier genoem op ‘n geslote Facebook-groep met 80 000 ANC-lede. Selfs nadat ander lede haar vermaan het dat sy nou besig is om aan die leeu se hol te krap met ‘n stomp stok, het sy geweier om die aanmerking terug te trek of om omverskoning te vra. Sy het selfs laat blyk sy gee nie om as sy haar werk verloor nie. Sulke braaf. Sulke gans wat die goue eiers lê holnaai.

PK MalherbeVat Vyf! Week 23 van 2018 – Cape Town InterAfriforum Mandela Shivambu Jou-Ma-se-Poes Airport

Gooi Comment