Son of Hawk – Son of Hawk

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Hierdie week het ek weer ‘n band onder die mikroskoop wat bittermin tekort aan talent en skills het. Hierdie debuutalbum drop eers in Augustus, so ons sal julle weer later op hoogte hou, maar ek wou bietjie ‘n exclusive review doen vir ‘n change. Noem dit maar ‘n teaze with some rock and roll sleaze! Ek kry soms musiek by bands lank voor die album officially uitgereik word, net sodat hulle my mening kan vra. Dis ‘n moerse eer en befok vir my, maar ek mag dit nooit met enige iemand deel buite Watkykjy nie. Soms wens ek, ek kon dit met almal deel. In hierdie geval het ek uit nuuskierigheid self vir hierdie album gevra en gelukkig toestemming gekry om dit voor die tyd te review. Dis ‘n authorised sneak leak, so to speak. Die hoofsanger en kitaarslaner wat my toestemming gegee het is ‘n bekende (en berugte) figuur in die local heavy metal en rock and roll kringe. Ja, dis niemand anders nie as Lord Wolmer, Heine van der Walt. Ek het Heine leer ken as die Varkgevreethoofsanger en kitaarslaner van Wolmer, Pretoria se Boargazm – ‘n band wat al groot hoogtes bereik het in die metal en festival scene, beide hier en oorsee en ek het gerugte gehoor hulle is besig om aan ‘n nuwe album te werk. I can give you details but then I’ll have to kill you all. Dit gaan net red tape en admin wees.

Anyways, Heine het Jeffreysbaai toe getrek in 2017 en een aand terwyl hulle in ‘n kroeg onder die prop was besluit om ‘n band te begin, of soos Heine dit tipies beskryf:
“Toe ek vir so ruk in J-Bay gebly het, het ek en so paar pêlle in ‘n kroeg gesit en besef ons almal speel ‘n instrument en like baie van dieselfde musiek, so toe por ons almal mekaar maar aan om ‘n band aanmekaar te slaan. Daardie aand het die band ontstaan en ons het toe ons eerste vertoning so week of twee later gedoen.”

André Ludik van Bloem (vocals), Ashley Hilton Jacobs van Slaapstad (bass) en Nathan Combrinck van J-Bay (tromme) het saam met Heine ‘n nuwe journey begin as die band Hawk en hulle het die land begin plat toer. Net so side note: hierdie brasse sal eighties en nineties bands soos Guns and Roses, Mötley Crüe, Nirvana en Red Hot Chili Peppers, back in the day, ‘n goeie PK kon gee met hulle party animal stamina. Jirre, al my belangrikste interne organe kruip so weg in die hoekie. Hulle moes hulle naam verander na Son of Hawk in Januarie vroeër hierdie jaar as gevolg van moontlike regskomplikasies, maar die nuwe naam reference Julian Laxton en Julian Bahula-hulle se rock band Hawk van die seventies. ‘n Respekvolle hat tip in die rigting van dié legendariese pioniers.

Ek het Son of Hawk (toe nog Hawk) nog net een keer live gesien in Oktober laasjaar by Thrashers in Pretoria maar dit was nog early days. Ek kon die potensiaal in die band sien maar ek het geweet ek moet hulle net so rukkie gee om gevestig te raak voor ek enigiets kwytraak. Son of Hawk en André Ludik se paaie het ongelukkig intussen geskei as gevolg van professionele en kreatiewe verskille en hulle is deesdae ‘n three-piece band maar hulle is oral te sien op die rock circuits van SA.
Die heel eerste ding wat ek kon hoor op die debuutalbum is dat die musiek tight maar nie over polished is nie. Die tromme is solid en die kitaar is flawless, but in ‘n live kind of way. Dit het my so bietjie ge-baffle aan die begin. Ashley, op die bass, het vir seker ‘n jazz agtergrond en sy bass lines is lekker funky. Dis nie dat ek glad nie van polished albums hou nie. Ek hou miskien net nie van autotuned vocals met timing wat só perfek is dat dit klink of dit siellose androids is wat jam of sing nie. Moderne tegnologie het die recording game meer verander as wat mense, wat niks van musiek af weet nie, dink. Te veel modern rock-albums se produksie hel deesdae oor na die overpolished kant toe. Al wat ek wil hê is dat meer mense ook net weer albums begin waardeer wat nie so overpolished klink nie. Soos in die seventies, eighties en dalk nog nineties die geval was. Kapiche?

Heine se ouer broer, en rock and roll stalwart, Chris Van der Walt, het die album opgeneem en produce by sy studio in Midrand en ek dink hierdie val squarely onder die kategorie albums waarvoor ek gereeld ‘n pleidooi lewer. Lees nou hierdie in ‘n Lord Wolmer aksent dan sal jy mooi verstaan wat ek bedoel.
“Yes, die drie van ons het dit live getrack met so paar overdubs na die tyd, geen click. So wat jy hoor is ons wat daar heel natuurlik jam, dis hoe ons klink.”
So, as jy die album luister van ‘n “live” oogpunt af, gaan jy ‘n goeie experience hê en ook meer respek hê vir hoe moeilik dit is om hierdie tipe musiek so te kan vasvang op ‘n recording, selfs in ‘n digitale (en non-analoog) wêreld.

Dis nie vir beginners nie, kinders. Meeste van ons moet maar ‘n click-track kap. Cut en paste. Heine se stem is meer versatile as wat ek gedink het – soms klink hy vir my soos ‘n kruis tussen ‘n “goed die moer in” Jim Morrisson, Lemmy en Kobus de Kock Jnr en ander kere soos ‘n baie rasperige Chris Cornell, wat die meer slower tunes aanbetref. Ek hoor nu-metal, blues-rock, ska en swamp boogie in die tunes. Ek dink Heine sal sy voice control nog verbeter soos hulle met die verskillende genres rondspeel en dit vermeng. Hy pas reeds heel natuurlik aan by die multi-genre musiek wat hulle maak. Sien, metalheads kan ook ander musiek speel en waardeer, nê?

Yeah dis maar ‘n mix van alles wat ons geshape het, vanaf Jack Hammer tot Dead Lucky en alles in between. Ons skryf nie vir ‘n spesifieke mark of target nie, so op die ou einde dial ons maar in op ons sound en probeer kyk wat ons aanleg is. Ons besluit nie dat iets só of só moet klink nie, ons gaan maar net met wat fun is en cool klink vir ons.”

Die temas waaroor Son of Hawk op die album sing range ook van fun party anthems, “the road” stories, meer persoonlike ondervindings soos soul-searching, break-ups en hook-ups en dit is soms donker, soms pret en soms bevrydend. Ek gaan nie hierdie keer die spesifieke songs noem nie anders spoil ek alles voor die tyd maar ek belowe daar is genuine ‘n lekker verskeidenheid hard rocking, boogie en catchy songs op die album.

Heine beskryf die tunes eenvoudig as: “’n timestamp van waar en wie ons is op die stadium.”

Dis vir my lekker om te hoor hoe die nuwer bands eksperimenteer maar ek het so vermoede Son of Hawk sal in die toekoms ‘n meer spesifieke groove kry waarvan hulle hou en op ‘n meer spesifieke sound in-zoom. Of dalk nie? Who knows. Lekker verassings? Wel, hulle het ook ‘n paar bekende top SA musos, wat geen bekendstelling nodig het nie, gekry om op die album te jol: Andre Kriel, Albert Frost, William Tempest Bishop en Jaco Mans. Just to add those extra cherries on top. Jis, ek wens die musiek is al op die download service sites of te koop by gigs sodat julle dit kan hoor maar julle sal maar net moet wag tot Augustus!

Sorrie!
Shamepies…

Watch this space!

RolbeesSon of Hawk – Son of Hawk

Comments

Gooi Comment