Hit me AB one more time!

In Snotstories, Sport deur griffinRek jou bek

AB de Villiers is een van daai rare talentvolle mense wat excel in alles wat hy aanpak. Kom ons maak vir hierdie oefening liefs maar asof sy musiekloopbaan nie bestaan nie. Kom ons fokous eerder op die sportman…

Hy het reeds as laitie ‘n scholarship vir tennis beleef van die hand gewys om op krieket te fokus. Wel, as jy sesse kan bliksem met tennis shots, why not? Best of both worlds, as jy my vra, en die zak (in Suid-Afrika in elk geval) is soveel beter. Wil jy nommer 134 in tennis wees of nommer 1 in krieket? Sy talente strek egter veel wyer as bloot tennis en krieket. Volgens Cricket District, ‘n Facebook page met oor die 100k followers, is AB de Villiers Chuck Norris van alle sport:

AB de Villiers was shortlisted for South Africa’s junior national hockey and football team, captain of South Africa’s junior national rugby team, holds six South African school swimming records and the fastest 100m time in South Africa’s junior athletics. He was also U19 national badminton champion, a member of South Africa’s junior Davis Cup tennis team and received a medal from Nelson Mandela for a science project. He scored 20,014 runs in international cricket with 47 centuries and 109 fifties, and holds the record for the world’s fastest ODI 50, 100 and 150, and the fastest Test century ever by a South African. He also has a golf handicap of scratch.

What a man.

As al daai kak waar is, is dit genuinely fokken impressive. Maar iemand kap toe terug met probably die beste comment op Facebook vir 2018:

He won his first Nobel Prize, for physics, as a nine week old foetus, before his autobiography – released at age eight – won the Pulitzer and earned him his second Nobel, this time in literature. At the age of 14 he fixed the hole in the ozone layer before reversing climate change at his 21st birthday party.

Single handedly responsible for a three-fold increase in South African economic growth, de Villiers earned his Masters in Economics at 12.

When AB defeated Klitschko to win the world heavyweight title, as a two year old, he became the youngest champion in history, before a record string of 18 NBA titles and seven golfing grand slams saw him focus on Cricket; principally because he had done everything else.


Terug op ‘n meer saakliker noot – AB sal in geskiedenis afgaan as een van die grootste krieketspelers wat die sport ooit gesien het en dit was ‘n hartseer dag vir krieketliefhebbers wêreldwyd toe die legendariese Proteakolwer ‘n video op Twitter ge-post het wat sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig het:

Dink bietjie terug aan die games waarin jy AB se spel leer ken het. Die man bliksem sesse uit die sportsgronde uit. Balle vlieg so ver oor pawiljoene, dat die oom met die spesiale leertassie vir die twee teams wat mekaar die stryd aanvoer, nuwe balle moet aandra. Weet jy wanneer sien jy die oom met die spesiale tassie die meeste? Dis fokken reg, ja – wanneer AB kolf! Gaan maak daai oom se health app oop op sy iPhone en gaan check sy steps. Check nou die datums waneer die steps off the charts spike. Dis wanneer AB de Villiers kolf. Die oom met die tassie vlieg elke week George toe met sy Discovery punte wat hy score met sy health app omdat hy as gevolg van AB, heeltyd balle moet aandra.

‘n Nuwe dokumentêre reeks is sopas vrygestel om die grootste oomblikke van ons geliefde krieketlegende vas te vang. Dit word eenvoudig AB de Villiers genoem. Laat ek net right off the bat sê dat die reeks my by eerste oogopslag heavy confuse het. Dis opgedeel in vier episodes van onewe, onsaamehangende lengtes:

Episode 1 – 11 min
Episode 2 – 5 min
Episode 3 – 30min
Epsidoe 4 – 16min

Like, what the fuck, ouens?

Maar moenie worry nie, kyk dit net, want dis net oor ‘n uur se aksiebelaaide sportvermaak as mens alles bymekaartel. Dis maar net fokken weird gepackage. Die eerste episode is ‘n highlight reel van sesse en viere wat in ale rigtings spat. Episode tweede is ‘n lekker kort video – 100 reasons Why we love AB waarin bekende mense soos Jack Parow, Francois van Coke, sports presenters, sy team mates, rugbyspelers, sy stukkie, sy mamma en sy boetie vir hom drukkies, soentjies, liefde en thoughts and prayers stuur. Net ‘n lekker shout out to the man, heel gepas net kort voor hy sy 100ste toets moes andurf. Dis ‘n nice touch. Mooi so, Supersport. Ons hartjie julle ook, hoor.

Vir my is episode drie die heel belangrikste een. Way back in 2006 het ek in Nigeria gebly. Heavy expat vibes en ek en ‘n tjommie het ‘n ton drank gekoop en die game begin kyk. Die Proteas het ‘n game teen Australië gespeel op Wanderers. Die Ozzies het vir ons six love opgefok en met ‘n onmoontlike chase score van 434 vir 4 geëindig. Ons het onsself en onse sorges aan die drank oorgegee. Alles was verlore. So ver van die huis af ook nog in donker Wes-Afrika. Dit was ‘n geween en ‘n gekners van tande. Maar toe kom ons span op dreef en alles verander skielik. Die onmoontlike het gebeur en ons het met die laaste bal van die laaste paaltjie die knoop wonder bo wonder derugehaak en ‘n record breaking 438 gescore. Dit was fokken insane shit! Dit was ook die laaste en bepalende ODI om die reeks te wen! Ek beveel sterk aan dat jy dadelik hierdie artikel gaan lees om die omvang van die drama te verstaan, en dan kan jy die highlights hier kyk as jy wil. Dis Vrydag. Steel ‘n uur by die werk. Die quality is net bietjie tosserig:

Al hierdie in ag geneem, het ek en jy (en die res van die krieket koninkryk) nie gedink dat ons sommer gou weer so iets sou aasnkou in ons leeftyd nie. Nie daardie klas van score of daardie klas van kieket nie. The stuff legends are made of. Te veel variables…

Fast forward terug na die AB-era en die doccie en episode 3: dit kyk na al die rekords wat gespat het op daai een dag toe die Proteas pienk gedra het teen West Indies. Toe somige kontkoppies die woord “gay” rondgegooi het oor die pienk hemde.
*maak sulke draadtrek gebaar*
Hulle bekke was vinnig gesnoer. Liewe bliksem! Wie kon daardie dag vergeet? Die vinnigste vyftigtal in ‘n ODI, slegs 17 minute in die game in. En dit van slegs 16 balle af!? Daardie dag, 18 Januarie, 2015. Die West Indian krieketspan sal daardie dag altyd soos gister onthou as die dag wat pappa die hondjie plaas toe gevat het.

Dik fokken trane…

“The most he can get off this over is 23” tune West Indian die presenter, net voor die laaste bal van over 43 wat in AB geboul word.
WHAP!
Daar kont hy ‘n 4 van ‘n no-ball af.
Hier kom die laaste bal nou for realzies…
WHAP!
Daar kak die rêrige-êrige laaste bal van over 43 vir nog ‘n 4. Hoe gaan daai dokter stories om die braai nou weer?  Net twee 2mm verder en dit was ‘n fokken ses!
So paar minute later kak nog ‘n wêreldrekord in die pomp – die vinnigste honderdtal ooit (voor AB) was van 36 balle af ge-score.  Toe moer AB dit vir ‘n ses en score die vinnigste century ooit met 31 balle om op 104 te staan. Ek weet nog steeds nie wat die fok “strike rate” beteken nie, maar syne het op daardie punt op 335.5 gestaan en dit klink vreesaanjaend en baie intimiderend. As ‘n bra maak asof sy hand ‘n gun is en my tune “my strike rate is 335.5”, gee ek dadelik my beursie vir hom. En my karsleutels.
Toe spat daar nog rekords in dieselfde game:
Die meeste sesse in ‘n ODI innings ooit voor AB, was 16. Toe equal AB dit met die tweedelaaste bal. Ongelukkig is hy met die heel laaste bal op ‘n score van 149 uitgevang. Een punt meer en hy het die vinnigste 150 ook gehad. Dit was ook SA se hoogste score ooit in ‘n ODI – 439. Jirre, kan jy onthou hoe excited en trots jy daai dag was? Hoe trots en excited SA was? Fokkit, ek trek sommer ‘n pienk trui aan en trek draad!

Behalwe vir daai epic en historic game, kyk die eposide ook na al die ander rekords, byvoorbeeld dat hy die enigste batsman in geskiedenis is om ‘n century te score nadat hy eers na die 30ste over inkom om te kolf. En hy dit fokken wragtig weer reggekry ‘n paar games later!

In episode 4 van hierdie doccie kan jy highlights van een of ander IPL game kokkenodge. Ek het die ‘n fokken idee wat in die IPL-wêreld aangaan nie want dis vir amper meer confusing as die Star Wars movies. Weereens, kyk dit gerus (die doccie, nie Star Wars nie). Dis net spectacular blerrie krieket all round en dis al wat tel. En met AB is daar altyd die weirdste shit wat gebeur. Het jy dit al agtergekom? Hy kan nie net ‘n ses soos ‘n gewonde mens moker nie. Hy moet hom in ‘n fokken asblik langs die veld gaan staan en bêre.
“Special air delivery coming in! Gee pad!”
Tonk!
“Now, take out the trash, doos!

In dieselfde game druk hy vir landsgenoot (en enemy in die betrokke game), Dale Steyn, ‘n vet pit en slaan daai spoedbal met ‘n shot wat lyk na ‘n onmoontlike reverse sweep. En hy slaan hom vir ‘n ses. Nie ‘n klein een nie.  Een wat al sy eie skoene kan vasmaak. Onthou, dis teen Dale Steyn!  Dale Steyn! Dit moet ‘n bittere pil wees om te sluk…

En nou is dit alles klaar vir AB en krieket. Snik. Wanneer sportsmense hulle retirement aankondig, is ons vinnig gereed om te sê: “Daar sal nooit weer iemand soos hy wees nie!” Dis eintlik ‘n pot kak, maar in AB de Villiers se geval, is dit die reine waarheid. So join my asseblief. Staan op aandag en sit jou hand op jou bors. Maak jou keel skoon en sing luidkeels saam met my en al die ander fans die nuwe National AB De Villiers anthem:

Oh baby, baby, how was I supposed to know
That something wasn’t right here
Oh baby, baby, I shouldn’t have let you go
And now you’re out of sight, yeah
Show me how want it to be
Tell me baby ’cause I need to know now, oh because
My loneliness is killing me (and I)
I must confess I still believe (still believe)
When I’m not with you I lose my mind
Give me a sign
Hit me AB one more time!

Net as opsomming:  Oor die laaste 14 jaar was in AB 228 ODIs, 114 toetse en 78 T20 matches. Hy hou drie wêreldrekords vir die vinnigste 50, 100 en 150 ooit in ‘n ODI. Behalwe vir AB de Villiers se kort highlights doccie, kan jy ook Crossing The Line kyk, ‘n documentary wat kak na die hoogs kontoversiële Australian krieket toer na Suid-Afrika vroëer vanjaar. Yup, die hele skuurpapier-tussen-die ballas eskapades wat soveel skaam en kak veroorsaak het. Ek wil nog nie nou al my naweek ruin en kwaad word nie, so maybe kyk ons volgende week na dit. Jy kan dit solank gaan kyk as jy wil. Kry  net vir jouself so stukkie free Showmax as jy nog nie het nie…

Jy kan vir 14 dae verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou.

 

 

Deel met jou tjommies!

    griffinHit me AB one more time!

    Gooi Comment