Fantastic Negrito – Please don’t be dead

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Die lewe van Xavier Amin Dphrepaulezz is een van die mees inspirerende en fasinerende rock and roll stories wat ek al gehoor het. Hy het grootgeword op die platteland in Massachusetts saam met sy veertien broers en sisters. Sy pa was van beide Somaliese en Karibiese afkoms asook ‘n streng Muslim. Sy pa het meestal Louis Armstrong, Karibiese musiek en old school jazz soos Thelonious Monk geluister maar toe Xavier agt jaar oud was, het hy by familie gaan kuier in Suid-Virginia en daar het die blues hom beetgekry.

In die laat sewentigs, toe hy twaalf jaar oud was, het sy familie Oakland, California toe getrek en dis net daar waar Xavier ‘n paar slegte invloede in sy buurt ontmoet het en ‘n small time dealer en hustler geword het. Hy het sommer die huis ook permanent verlaat. Hy het eventually besef dis ‘n gevaarlike stokperdjie nadat Prince se Dirty Mind album hom inspireer het om ‘n instrument te leer speel en hy het by die Universiteit van Berkeley se musiekklasse ingesluip en gemaak of hy ‘n B-Mus student is.

In sy twenties het hy agtergekom sy hustling en diefstal raak ‘n te gevaarlike stokperdtjie en hy gooi toe summier duim Los Angeles toe en begin ‘n musiek career. Hy het ‘n million dollar record deal gekry en ‘n hit-hungry album opgeneem en uitgereik genaamd X-Factor, maar kort daarna was hy in ‘n moerse ongeluk, toe ‘n dronkgat in hom vasgery het en hy was in ‘n koma vir drie weke. Sy strumming hand was lelik opgefok en die platemaatskappy het sy kontrak gekanselleer.

Meeste van ons sou net hier opgegee het maar hy het dit gesien as ‘n positiewe ding, fisio begin doen om te herstel en aangehou musiekmaak onder verskillende name en gedaantes. Hy het ook ‘n nagclub in South-Central oopgemaak. Hy het ‘n vrou gevat (en sit) en toe hulle kind gebore is, het hy ‘n plot in Oakland gekoop en hulle het net van sy royalties en kos wat hy geplant het, af gelewe. O ja, en hy het mediese marijuana gegroei en verkoop.
Vir vyf jaar het hy fokol musiek gemaak nie, maar eendag het hy vir sy laaitie ‘n The Beatles tune gespeel op ‘n ou kitaar om hom aan die slaap te kry en die tjokkertjie se gesig het opgehelder en iets magical het in Xavier ontwaak. Hy het toe weer begin songs skryf maar van toe af was dit blues-inspired en Fantastic Negrito is gebore!

Fantastic Negrito lyk soos ‘n streetwise seventies pimp, sing en dans met die energie van James Brown en dra sy hart op beide sy eksentrieke moue. Hy noem dit eenvoudig Black Roots Music en dis geen verrassing dat Bernie Sanders hom, nadat hy Working Poor op die debut album The Last Days of Oakland (2017) gehoor het, betaal het om by events op te tree tydens sy presidensiële veldtog nie – ‘n album waarvoor Fantastic Negrito ‘n Grammy gewen het en ook ‘n Tiny Desk wenner was!




So hoe de fok top jy so ‘n suksesvolle album ? Kom ons vind uit…

Please Don’t Be Dead is so week of wat terug release en ek kon dadelik hoor hoe hy funk en rock meer prominent in die roots en blues tunes in vermeng het. Die songs is vir my meer hard-hitting, anthemic en funky as die debuutalbum. Plastic Hamburgers is presies wat mense nodig het wat gatvol is vir die valsheid van die wêreld of keelvol is vir die ego-maniac diktators en tone-deaf politici. Die song skop serious gat maar Bad Guy Necessity is nie ver agter nie. Fantastic Negrito erken self hy is ‘n herstellende narcissist. He was that guy, maar hy weet nou dis ‘n cul-de-sac!
A Boy named Andrew het ‘n unieke African chorus wat die song afskop en deurentyd ook aan die gang hou terwyl Trangender Biscuits soul, blues en hip-hop in ‘n nuwe pakkie toedraai. Is dit nu-blues of ‘n effense afwyking van old school hip-hop? Ek weet nie, maar dis moerse lekker. The Duffler is die mooiste song op die album; so soulful en funky, man. Holy Shit! “Welcome to my life!”

Wat ek like van Fantastic Negrito se boodskap is: dis nie ‘n swartman wat black consciousness weer probeer cool maak of herverpak vir massaverbruik nie. Hy probeer ook nie speel op witmense se skuldgevoelens nie en probeer ook nie sy sienings in almal se kele af druk nie. Fantastic Negrito vertel ons net van sy lewe, skets ‘n prentjie van sy situasie, en natuurlik ook van ander swart (en ook ander) Amerikaners se omstandighede, maar hy sien alle homo sapiens as sy familie en hy probeer tot die verbetering van almal bydra deur sy stories en omstandighede eerlik en sonder bullshit aan die wêreld oor te dra. Jy kan dit hoor in die lirieke en dis baie kragtig. Hy sing oor homself meestal maar hy sing vir almal. Die laaste twee songs is fokken positief en ek dink ons almal kan bietjie baat vind by hierdie tipe positiwiteit in donker en confusing tye. Never Give Up is net een minuut lank en meer van ‘n intro vir die laaste song maar die boodskap is duidelik. The Bullshit Anthem is ‘n funkadelic footstomper en basies Fantastic Negrito se lewensfilosofie:
“Take that Bullshit, and turn it into good shit!” Woord bra! Woord!

RolbeesFantastic Negrito – Please don’t be dead

Gooi Comment