Caution Boy – Spastic Plastic

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Dis die kiefste ding vir my om ‘n kunstenaar te ontdek wie se talent so obvious is vir my, is ek verbeel my hy jam al op die stages van die alternative indie rock circuits in die States, Europa of Kanada nevermind die local festivals. Daar is ‘n hele aantal van hulle in SA. The underdog diamonds in the rough about whom very few people gives a fuck right now. Die kunstenaars wat die potensiaal het om groot dinge te bereik maar net nie die finansiële steun of selfs nie eers die blootstelling of geleenthede gekry het wat hulle verdien nie. Dit help nie om te kerm oor die beperkte SA mark vir sulke musiek hier nie. As jy ‘n musikant is, is die live scene jou brood en botter, maar dit help veel jou deursnit Suid-Afrikaner is bang vir musiek wat anders is as die norm waaraan hulle gewoond is. Die beste wat hulle vir jou kan doen is The Parlotones en Prime Circle en as jy moer lucky is, Springbok Nude Girls of dalk Fokofpolisiekar. Great bands in each of their own ways maar dis nie my punt nie.

As jy donkerder, weird misfit musiek maak en jou tunes val nie in die smaak van die festival organisers of booking agents nie of jy het nie kontakte of lek nie iemand se gat nie gaan jy anyway voor jou rent-a-crowd tjommies optree. Jy kan wel ‘n naam vir jouself maak (en dalk ‘n lewe daaruit) as jy weet wat jy doen. Vra maar vir gevestigde alternative bands soos Make-Overs. Baie interesting creative duo. Jy gaan dalk net oorsee moet toer en daarvoor moet jy genoeg geld bymekaar maak om dit ‘n hele paar keer te probeer want jy gaan vir seker op ‘n verlies werk die eerste keer of twee.

Ten spyte van al hierdie struikelblokke het ek agtergekom daar was nog steeds ‘n oplewing van meer innoverende, alternatiewe local bands die afgelope paar jaar. Pollinator, Brown Spiders, Apocalypse Later, Die Horries en natuurlik Caution Boy is maar net nog ‘n paar van hulle. Ek sou nie sê dis ‘n scene op sy eie nie. Die musiek is scattered en op die local scene is die verskillende genres anyway so vermeng. ‘n Klomp bands met verskillende roots en influences tree saam met all sorts of other rock bands op. Think Ruff Majik en Hellcats maar daar is nog baie ander.
So elke nou en dan is daar ‘n oplewing van neo-alternative punk en grunge en elkeen van hierdie bands het hulle eie invalshoek en take op die old school klanke. Caution Boy se take? Well, dis baie nader aan die eerste (meer heavy geraas) vorme van grunge en alternative punk. The Melvins, Sonic Youth en ook Nirvana came to mind immediately. Caution Boy is die idee van Andy Cappo (wat tromme verrinneweer vir Apocolypse Later). Omdat die band members van Caution Boy nie altyd al die gigs kon maak nie, het Andy Cappo besluit om met chaotiese backtracks te begin speel. Hy noem dit sy Karaoke from Hell en het al by Aces ‘n Spades in Kaapstad gespeel.

Caution Boy speel akoestiese sets ook maar het onlangs hulle eerste full-band gig gedoen by Amuse Café in Linden, Randburg. Andy tune dit was ‘n “wonderful disaster”. Sy musiek is sy sielkundige ook. Die lirieke is ‘n subconcious outlet, baie persoonlik en partykeer self-fulfilling prophecies, maar hy noem dit ook “spacy artistic randomness”. Hy fok al lank rond met ‘n basic recording set-up in sy shitty flat in Kilner Park omdat hy verveeld, alleen en fokken arm was en nog steeds is, probably. Gaan kyk ‘n bietjie op Bandcamp ook, want hy het al sewe albums record voor Spastic Plastic. Nie EPs nie; albums!

Dis die perfekte omstandighede vir die geboorte van befokte rock and roll en ‘n positiewe medium vir die shitty situasie waarin hy homself bevind. Hy het ‘n elektriese kitaar en mikrofoon geleen, sy eie bass kitaar gebruik en midi drums ook en net aanhou werk aan die projek oor jare. Ek het meeste van die songs geluister en dis seriously awesome shit! Op Spastic Plastic is dieselfde recording tecniques gebruik maar mens kan hoor hoe Andy Cappo se skills verbeter het. Amper al die instrumente wat gebruik is op Spastic Plastic was nog steeds geleen, behalwe vir sy bass en kitaar amp.
So hoekom is Caution Boy se musiek so befok vir my? Die klanke wat hy create is anders as dit wat ek die afgelope tyd gehoor in die local mark. Andy Cappo is op ‘n mission om sy kreatiewe geraasmusiek met die regte pop melodies te blend (maar dit klink of hy dit terselfdetyd nog steeds edgy en hardcore wil hou). Jy kan hoor hoe hy aanhou eksperimenteer het deur al die vorige albums. Soos wat hy ander talentvolle kunstenaars ontmoet het in die scene, het hy die idee gekry om ‘n verskeidenheid artists in te bring op Spastic Plastic en om hulle on the spot te sit met ‘n paar idees en hulle die spasie te gee om hulle eie flavour in te bring en sodoende uiteindelik die sound wat hy in sy kop gehad het, te express.

Dit wat hy nie honderd present op sy eie kon regkry nie het hy reggekry deur al die artists in te span om hom by te staan. Dit was ‘n briljante idee en almal wat op hierdie album ‘n bydrae gelewer het, het ‘n uitstekende job gedoen op elke liewe song. Richard Roelofsz, Bronwyn Leigh Bing (Apocalypse Later), Evert Snyman (Pollinator), Johni Holiday (Ruff Majik), Christiaan Van Renen (Apocalypse Later) , Karla Hausler, Lize-Marie Snyman, El Meister, Casey Bliss (Karaoke Machine of Death), Louise Eksteen (Pollinator) en Mahkirah Chrome (The Goldilocks Effect).

Wat ‘n fokken awesome album! Well done!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesCaution Boy – Spastic Plastic

    Gooi Comment