Vat Vyf! Week 20 van 2018 – Kinderagtige liedjies vir ‘n kinderagtige Kallie Kriel

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

Kallie Kriel. ‘n Man van vele talente. Nie net het hy single-handedly die Afrikaner weer ‘n moerse guns bewys deur hierdie week op 702 aan Eusebius McKaiser tydens ‘n strik, ek bedoel onderhoud, te reken hy dink nie apartheid was ooit ‘n misdaad teen die mensdom nie, maar hy het sommer ook vir Steve Hofmeyr die week afgegee. En in dieselfde week kondig hy aan dat hy ‘n klomp Afrikaanse volksliedjies gemoderniseer het vir die denkende Afrikaner van 2018. So ek het die 5 bestes gekies! Dankie, Kallie.

1) SAAI DIE ONMIN MAN (op die wysie van “Saai die waatlemoen”)

[1] Saai die onmin man,
saai die onmin man,
saai die onmin man,
saai die onmin man!
My wit vel in die huisie
jou swart vel issie tuis nie
my brein’s nie alles pluis nie
saai die onmin man!

[2] Naai die Afrikanerdom,
naai die Afrikanerdom,
naai die Afrikanerdom,
naai die Afrikanerdom!
My naam is Kallie Kriel,
Eie belang in my siel,
So draai die wiel,
Naai die Afrikanerdom!

2) AAI, AAI, DIE WIT MAN TRY (op die wysie van “Aai, Aai, die witborskraai”)

[1] Aai, aai, die wit man try!
Hiervandaan na Weber-braai
Van sy beste vriende’s swart,
Apartheid, o waar is jou smart?

[2] Raai, raai wie dink dis geen crime
Stil oor die onreg soos ‘n mime
Swart merkie agter sy naam
Het die man dan fokkol skaam?
[3] Klop-klop, wie’s by die deur?
Dis ‘n swartman met ‘n geweer
O wag, dis die security ou van Chubb
AfriForum se panic button het vasgehak.

3) SOLANK AS KALLIE KRIEL (op die wysie van “Solank as die rietjie”)

Solank as Kallie Kriel in denial gaan lê,
in denial gaan lê, in denial gaan lê,
solank as Kallie Kriel in denial gaan lê,
Suid-Afrika, gedenk aan leuens.
en ek vat haar na die plekkie,
waar Kallie glo niemand’t gevrekkie
Suid-Afrika, gedenk aan leuens,
(ek) vertel daar dit was geen misdaad,
verstik aan al die stront praat,
Suid-Afrika, gedenk aan leuens.

4) DAAR KOM DIE AFRIFORUM BABA (op die wysie van “Daar kom die Alibama”)

Daar kom die AfriForum baba, die AfriForum baba skree oor plaasmoorde.
Daar kom die AfriForum baba, die AfriForum baba skree oor plaasmoorde.
Strooi, strooi, Kallie Kriel, strooi, soveel wit leuens in soveel woorde,
Soveel wit leuens Kallie Kriel, veroordeel uit so baie oorde
Gooi, gooi, Kallie Kriel, gooi, ‘n oog oor die hele land se moorde
Soveel erger Kallie Kriel, van die Suide tot die Noorde.

5) WAT MAAK OOM KALLIE DAAR? (op die wysie van “Wat maak oom Kalie daar?”)

[1] Wat maak Oom Kallie daar?
Wat maak oom Kallie daar?
Oom Kallie maak kak sover hy gaan
Blinde sambok gaan hom nog slaan
Oom Kallie, ek skiem jou gort is gaar.
[2] Wat ontken Afriforum soveel?
Wat ontken AfriForum soveel?
Want apartheid was mos geen misdaad
Eerder die siekte van kakpraat
Kallie sikilel’ iAfrika.

PK MalherbeVat Vyf! Week 20 van 2018 – Kinderagtige liedjies vir ‘n kinderagtige Kallie Kriel

Gooi Comment