Jy moet eintlik net die hele bliksemse dag vandag WONDERboom luister!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek wou al ‘n ruk lank terug WONDERboom se nuutste album review maar daar was geen manier dat ek dit sou kon doen sonder om terug te gaan, te time travel, en elke album wat hulle sover record het te gaan soek en te luister nie. It was going to escalate en dit vat tyd en ek kort inspirasie vir so iets. Ek het dit seker nie heeltemaal reggekry nie maar ek het probeer. WONDERboom is ‘n band wat nog altyd baie airplay gekry het en hulle is ‘n baie belangrike groep in die Suid-Afrikaanse kontemporêre musiekmark. Ek het seker ook gedink niks kan so goed wees soos dit wat hulle alreeds bereik het nie. Was ek reg? Ons sal nou sien…

Drie van hulle albums is ook net links verby my, though. Nie seker hoekom nie. Ek het hulle ‘n paar keer live gesien op varsity (allegedly want kaste Zamalek in my keel af) en na dit, toe ek 9 to 5 gewerk het, het ek hulle ook net so een of twee keer weer live gesien. Een ding is seker – dis nogal ‘n uitdaging om ouer SA rock en -popmusiek op te spoor op die interwebs in 2018. Vat iemand verantwoordelikheid vir die custodianship van die annale van SA Rock musiek? Ons efforts en Willem Welsyn se podcasts gaan baie help maar wat van nog ouer, bekende of selfs obskure bands? Wat van meer detail? Oor so twee dekades gaan niemand dalk eers onthou wie de fok bands soos Squeal, Urban Creep, B-World of Sugardrive was nie. Ons het ook nie genoeg prominente classic radio stasies soos in die States wat ‘n groot getal luisteraars het en wat net op ouer musiek fokus nie en dit maak my nogal sad. Anyways, ek het net so vinnig rondgesnuffel op die interwebs, so moenie ‘n award winning stuk verwag nie, hoor. Klomp mense wat by STRAB was het ook bietjie uitgefreak oor WONDERboom se set op die houtdeck daar in Ponta Malongane, so dit het my ook aangespoor…
Wat my opgeval het van WONDERboom is dat hulle al telkemale genomineer was vir ‘n SAMA-toekenning maar nog nooit een gewen het nie. Huh, nie eens een keer nie?! Dit pretty much sucks. Ek het ook verneem dat die mense wat besluit oor die SAMAs hulle hierdie jaar summier ‘n vet nool gedruk het. Moet die bands nie nog ‘n kakhuis vol geld ook betaal om in te skryf nie? Let me guess, jy kry nie ‘n volle refund as jy nie genomineer word nie? WONDERboom het wel al ‘n hele paar ander awards gewen. Die Kannas is die enigste ander een wat ek ken tussen die lot. Daar is ook twee live kompetisies in China en Londen waar hulle onderskeidelik eerste (in 2017) en tweede (in 2004) gekom het. Dis cool as die bands waarvan ons hou vir SAMAs of whatever genomineer word (of wen) maar ons gee nie eintlik ‘n fok daaroor om as ons bands hier review nie.

As student onthou ek WONDERboom was ‘n big deal op varsity radiostasies en die live circuit (local gigs, festivals en concerts van oorsese bands). Hulle het vir Live ge-open die eerste keer toe hulle hier getoer het as ek reg onthou. Ons het kwaai geparty op songs soos Green Fever wat op die Is it? album (1996) uitgereik is. Moeilik om daai album te kry nou. Hulle is een van die min bands wat die vaandel kon oorneem by die Engelse cross-over bands van die eighties maar dit was nooit hulle enigste fokus nie. Hulle het naam gemaak op ‘n TV show wat ek baie gekyk het: Dali Thambo se People of the South. Ek dink hulle was nog The Electric Petal Groove Machine genoem, vernoem na die twee bands, The Electric petals en Eight Legged Groove Machine wat ge-merge het. Jirre, ek het Smile Pantsula ge-love met die penny whistle!

However, hulle kon nog meer doen as net cross-over musiek. Wie kan Something Wrong en die title track vergeet op die Never Ever album? (2000). Dit het ook baie op die radio gespeel:
Die tunes het meer soos Indie Brit Pop geklink vir my. Not what I was into at the time maar dit was well produced en lekker om te luister. Later in 2001 het hulle daai legend covers record van Juluka se Africa, éVoid se Shadows en Rabbitt se Charlie. Laasgenoemde met ‘n Kwaito mashup aka Charlie (Ain’t slavin 2 da habit). A fitting tribute for the older generation South African bands. Dit is alles op die Rewind album.

Ooooh, die Hoekom? album (2004) was net so befok en dis net so moeilik om dit deesdae in die hande te kry. Dit was weer ‘n tribute vir Afrikaanse rock and roll met sulke Yankee-Soutie aksent. “Sui draw tuh fuel eyeshadow, my boet”

Nog ‘n song wat ek baie geluister het was Best Side van hulle City of Gold album (2006). WONDERboom het die vibe van daai tyd perfek in die song vasgevang. So positiewe bittersweet catchy pop tune. Die video vir die song was ‘n great idee met bekende persoonlikhede soos Marc Lottering en Elana Afrika-Bredenkamp wat kamtig aan “open auditions” kom deelneem het. Danny de Wet was ook nog op die tromme.

Kom ons fast forward bietjie na laasjaar toe. WONDERboom het hulle eerste album in sewe jaar uitgereik. Hoekom so lank, vra jy? Wel, ek het dit al ‘n hele paar keer gesien met musos wat ‘n band member aan die dood afgestaan het. Nie alle mense verwerk dit dieselfde nie. Sommige mense spring dadelik terug aan die werk en ander vat hulle tyd om shit uit te figure en weer ‘n nuwe creative flow aan die gang te kry. Hoekom sal bands en die entertainment industry nou anders wees as die res van ons? Garth McLeod het ‘n legacy vir ons gelos met sy bydraes tot Sugardrive en WONDERboom maar mens kan net imagine hoe moeilik dit vir die band moes wees. Dit het hulle ‘n ruk gevat om die regte vibe te kry met hulle nuwe drummer. Sy naam is Jonathan Bell.

So OK, kom ons hoor bietjie hoe klink Rising Sun (2017).  Ek kon dadelik met die eerste deurluister hoor hoeveel moeite hulle met elke liewe song op die album gedoen het. WONDERboom het baie cover songs gedoen oor die jare en hulle was nog altyd vir my ‘n band wat goeie songs kon skryf maar enkele songs op hulle albums het baie meer uitgestaan bo die ander en dié songs was gewoonlik die hit songs wat baie airplay gekry het. Amper asof hulle hits probeer skryf het. Ek het weer meeste songs gaan luister en selfs die paar albums wat ek gemis het of at least enkele songs daarop wat ek kon opspoor. Ek kon glad nie The Automatic Shuffle (2011) kry nie. So vir my is hierdie ‘n album (van hulle oorspronklike musiek) waar hulle moeite gedoen het om elke song befok te laat klink. Ek noem sulke albums vinyl albums, waar elke song my aandag equally trek en hou. Dink ek hulle het dit reggekry om ‘n vinyl album te maak? I’m getting there. Ek het Southern Light verlede jaar in isolasie vinnig gehoor en dit was kief maar ek het nie gedink ek gaan die hele album like nie.

Dit het so haunting kitaar sound gemeng met gritty rock riffs all over the place. Ek voel soos ‘n dickface omdat ek nou eers die hele album aandagtig gaan deurluister het. As ‘n geheel gesien is dit hulle beste album sover want ek wil elke song hoor en nie net een of twee, maybe drie songs nie. It’s really fucking good! Ek dink die SA commercial mark is net op ‘n heel ander plek as die musiek wat hulle op hierdie offering aanmekaargeslaan het. Hel, die globale en SA musiek industrie is obviously op ander planete nou as tydens die vorige dekade en die SAMAs en hulle toekennings kan anyway fokof, for all I care!

WONDERboom se musiek behoort tog nog by hulle ouer fans uit te kom op commercial radio stasies soos Jacaranda? I wouldn’t know. Ek weet wel hierdie album het ‘n paar lekker hard-hitting rock tunes, man. Humans en In Place of Something is lekker voorbeelde. Ek hoor ook ‘n baie meer gebalanseerde en polished blend van die Brit Pop en Alternative Rock sound van die nineties. Martin Cito Otto se stem is one-of-a-kind en Martin Schofield vat meer kanse met ‘n verskeidenheid idees en kitaarspel op die songs. Die bass en elektriese klank op Northern Light is soos ‘n foto-negatief van Southern Light en dis weer net nog iets wat jou aandag hou voor Great Escape begin. Nog ‘n great song! Ek hoor ook vocals soortgelyk aan Wayne Hussey (The Mission) in van Cito se vocals. Moerse fan van altwee se vocals, by the way. Op die song Hell is dit baie duidelik. Sewe songs in en ek is nog nie verveeld nie. Die title track vat my weer terug na die nineties toe met Schofield wat kitaar gooi wat klink soos Peter Buck se grungy tremolo kitaar op R.E.M. se Crush with Eyeliner en Cito deel Gallagher-like vocals links en regs uit. God, if only they played this music on the radio all the time! Jirre, if only radio was still any good! Ooh La La en Digital Dan is nogal classic WONDERboom en Shark Bite klink soos ‘n Prince song maar net met ‘n WONDERboom byt.

Ek het dit nou geniet.

Hierdie is prima shit!

Check dit uit!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesJy moet eintlik net die hele bliksemse dag vandag WONDERboom luister!

    Gooi Comment