Carte Blanche – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Carte Blanche
Die program wie se crew jou so stil-stil laat spuitpoep as hulle met kameras en mikrofone by jou onwettige scrap metal joint in Pretoria-Wes inbars, kry dit reg om almal so net skuins voor die agtuur fliek op M-Net te herinner dat dit wel die volgende dag Maandag is en dat hy inderdaad ‘n diep Smurf-blou sal wees. Ek meen, min goed bederf jou laaste dag van vryheid soos ‘n dramatiese verslag oor skoolmeisies wat hulle lywe vir crack verkoop of iemand wat met krimpies se aftreegeld skoonveld is.

Kan hulle dit nie eerder op ‘n Vrydagaand uitsaai nie? Ek belowe julle die mense wat dit doelbewus wil kyk sal ‘n daadwerklike poging aanwend om by die huis te bly. Die ander van ons sal iewers by vriende braai of in ‘n kroeg of ‘n clubsit. Sondagaand is juis die aand waarop jy op die rusbank uitstrek en aan die slaap raak met ‘n Oscar-wennertjie op die kassie.

Laat Maandag begin met verkeersprobleme. Op ‘n Maandag. Nie met Derek Watts en kie en die gevolglike koorsdrome op die Sabbat nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    griffin en Chopper CharlieCarte Blanche – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

    Gooi Comment