Vat Vyf! Week 16 van 2018 – Malema, Zuma en Steve

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Kom ons kry die wit olifant uit die vertrek uit. Wag. Swart olifant. Skies, Julius. Fokkit. Delusions of grandeur, pappie. Nog steeds hoog op watookal hulle by Winnie se begrafnis deur die speakers gepomp het, reken onse Julius daar is ‘n moordkomplot teen hom en ander senior EFF leiers. Hier’s ‘n tip bra… moenie fokken rooi dra nie. En toe AfriForum se Gerrie Nel aankondig hulle gaan Malema strafregtelik vervolg vir korrupsie, toe ruk Julius sy rassekaart uit en speel hom triomfantelik. Want kyk, as jy kak aanjaag en skielik wil ‘n oorwegend wit organisasie jou hof toe sleep daaroor, dan is jy mos rassisties. Feit van die saak is – dit was lekker om “korrupsie korrupsie” te skree om Zuma uit die kussings te ruk, maar nou is die gumboot aan die ander voet. So, Julius, bou ‘n brug en kom daaroor. Nee genuine, bou die fokken brûe waarvoor jy betaal, is tjomma.

2) ‘n Pel van my op skool is al so hard gesuig dat hy hy sy bewussyn vir ‘n paar sekondes verloor het. Ek het destyds maar hard aan die storie gesluk. Maar lyk my so iets is moontlik. ‘n Vrou van Nieu-Mexiko in die VSA is halfpad uit ‘n vliegtuigvenster gesuig toe die linkerenjin van die vliegtuig poegaai geraak het en ‘n venster stukkend geslaan het voordat sy amper heeltemal by die venster uitgetrek is. En hier dog ek SAA suig.
3) Gepraat van goed wat suig, ‘n beplande Steve Hofmeyr konsert in Caledon is gekanselleer. Nie omdat mense agtergekom het sy nuwe CD se naam is “Skree”en dis al wat hy nog op elkeen van sy CD’s gedoen het nie, maar omdat die ANC-Jeugliga die NG Kerk Greyton wat die konsert gereël het, gedreig het met ‘n optog. Dis ‘n vals noot vir die NG Kerk wat ‘n uittog uit die kerk probeer keer en met ‘n optog gedreig word. Foktog.
4) Diegene wat gehoop het Jacob Zuma gaan eendag pa staan vir die kak waarin die land is, sal bly wees hy het hierdie week pa gestaan. Ou skil-oog het wragtag weer pa geword! Raak rustig, Steve. Dis nie ‘n fokken kompetisie nie. Maar kan jy glo daar is iemand wat gevoel het hulle is nog nie genoeg deur die ore genaai deur Zuma nie? Die moeder is ‘n 24-jarige vrou waarmee Zuma blykbaar gaan trou. Wat ‘n poespas van unbelievable shit deur ‘n poespa.

5) Al gehoor van “Noord-Wes, Tuis Bes?” Nie? Seker omdat dit nie fokken bes is nie. En die inwoners van Mahikeng wou hierdie week nie bes gee om hul misnoeë te kenne te gee oor hul premier, Supra Mahumapelo, en die ANC se kak-aanjaag in die provinsie nie. Daar was natuurlik heelwat geweld. ‘n Vragmotor en ‘n bus is aan die brand gesteek (maar nie deur Jacob Zuma nie), paaie is met klippe en brandende bande versper en ten minste twee vrouens het hul Huisgenoot-subskripsies gekanselleer. Kak en hare het gespat en arme Cyril moes tot ‘n besoek aan Engeland kortknip om te kom red wat daar te redde is. Ten minste doen hy dit. Die vorige president sou net ‘n kort knippie hier en ‘n kort knippie daar gevat het.

PK MalherbeVat Vyf! Week 16 van 2018 – Malema, Zuma en Steve

Gooi Comment