Van Pletzen Presents: Die Beats Amazing ft. Early B – Music video

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Die satiriese Afrikaanse elektroniese duo, VAN PLETZEN, het hul debuutalbum, Kak Lekke Vibe, op 23 Maart 2018 vrygestel. Dit was van meet af hul missie om lekker “vibes” te versprei en te oordeel aan hul briljant-snaakse sosiale media videos is dit presies wat hulle doen.

Om op te warm vir hul debuutalbum, het Van Pletzen in 2017 musiekvideos vir Eiland Styl en Goud vrygestel.  Nou is die manne terug ‘n musiekvideo vir hul eerste enkelsnit, Die Beats Amazing met almal se gunsteling kletsrymer, die wonderlike Early B.

Van Pletzen was so beïndruk met Early B dat hulle hom ingetrek het vir vier liedjies op die album.  “Ons is huge Early B fans en ons voel dat hy dit op hierdie song bring. Hy spoeg vlamme en gooi rook!” vertel Peach oor hierdie samewerking.

“Soms moet jy ‘n ding vertel soos wat hy is.”  Van Pletzen
Die liedjie begin met die lirieke “sh*t, die beat’s amazing.”  Peach van Pletzen verduidelik “Die beat ís amazing en toe dog ek kom ons maak dit vas in die lirieke.  Dis hoe lekker daai beat is.”
“Ek’s min gespin soos nat wasgoed,” is Peach se gunsteling Early B lirieke op die album.  “Ek pas dit toe op my daaglikse lewe as deel van my soeke na ‘n permanente toestand van Lekkeness!  Moenie jou energie mors op onnodige dinge nie, wees eerder min gespin… soos nat wasgoed,” sê hy.

Kyk Die Beats Amazing met Early B hier: 

Die Beats Amazing is ‘n liedjie wat gaan oor waar jy vandaan kom, maar ook oor waarheen jy gaan. Alles op die maat van een amazing beat!  Dit skyn veral deur in die tweede vers se lirieke waar Peach vertel van hul Hotbox-dae in Pretoria gedurende die tyd wat Peach en Francois van Coke bekend was as Oorlog Frankenstein.

**Die musiekvideo is gemaak deur Louis Minnaar.
Die album – Kak Lekke Vibe

Kry die Kak Lekke Vibe album hier: http://phonofile.link/kak-lekke-vibe 

Snitlys:

  1. Jy het dit nodig
  2. Boude ft. Early B
  3. Eiland Styl
  4. Zaberfluten
  5. Liefde Maak ft. Early B
  6. Goud
  7. Dutchman Dude
  8. Kak Lekke Vibe
  9. Riddim ft. Early B
  10. Die Beats Amazing ft. Early B

Kyk uit vir Van Pletzen op die verhoog:
Van Pletzen speel by al jou gunsteling feeste!  Kyk uit vir hulle by Innibos in Junie, Oppikoppi in Augustus en ook Lentedag in Pretoria op 26 September.

SKAKELS:
Facebook: www.facebook.com/VanPletz
Instagram: @vanpletz
Twitter: https://twitter.com/peachvanpletzen
YouTube: www.youtube.com/channel/UC-UjQWHIBrhqKfOZ7ysKo5A

Deel met jou tjommies!

    griffinVan Pletzen Presents: Die Beats Amazing ft. Early B – Music video

    Gooi Comment