Runaways – tieners vol angs met bonatuurlike kragte

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Ons almal ken die Hollywood Western. Dit speel altyd af in Amerika se Wilde Weste en sentreer gewoonlik rondom die cowboy of gunslinger vent met sy rollie of geweer se nomadiese bestaan. Dis Stetsons, bandannas, spurs, cowboy boots, perde, coaches en bokvelle. Die ouens het gewoonlik kak met, of is self: Indians, bandits, bounty hunters, outlaws, soldate, boere en hoere. Die storielyne volg gewoonlik rofweg die temas van outlaws en gangs, rooftogte, revenge, ouens wat hulle ranches en familie moet beskerm teen een of ander kont, goud delwery en die ontwikkeling van nuwe dorpies op die nuutgevonde en onverkende frontier met sy eie kak en ketefbessies wat daarmee gepaard gaan.

Alhoewel die eerste (erkende) Western movie reeds in 1903 uitgekom het (The Great Train Robbery), het die genre eers regtig ‘n goeie run begin kry in die 1940’s (so stuk of 10 jaar nadat movies uiteindelik klank begin kry het) en hier teen 1980 het dit vibe feitlik in sy geheel gekak, met die uitsondering van so handjievol Westerns wat sedertdien die silwerdoek gehaal het. Volgens Steven Spielberg loop die superhero movies en logies TV reekse oor superheroes die gevaar om oor dieselfde afgrond af te donner: “We were around when the Western died, and there will be a time when the superhero movie goes the way of the Western. It doesn’t mean there won’t be another occasion where the Western comes back, and the superhero movie someday returns. Of course, right now the superhero movie is alive and thriving. I’m only saying that these cycles have a finite time in popular culture.”

Maybe is die oom reg? Hy is after all een van die grootste experts op die gebied, maar vir solank as wat superheroes op ons kassies en op die big screens wys, moet ons soveel verorber as wat ons kan. Want dis fokken lekker. Ek sou reken dat die superhero genre eerder definieërend van ons tyd is, net soos die Western (en musicals, mind you?) was vir sy tyd. Kom ons vergeet eers bietjie van al die movies, want mens kan ‘n hele thesis hieroor skryf. Kom ons fokus op TV.

As ons net na Marvel kyk as voorbeeld, is daar fokken baie TV reekse om te geniet. Hulle het  Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D. (wat jy ook op Showmax kan kyk – ons sal nog hierby uitkom), Marvel’s Agent Carter en Marvel’s Inhumans op ABC release. Dan is daar Marvel’s Daredevil, Marvel’s Jessica Jones, Marvel’s Luke Cage, Marvel’s Iron Fist, Marvel’s The Defenders en Marvel’s The Punisher op Netflix release en sowat ‘n week terug het Showmax Marvel’s Runaways gekry wat op Hulu vrygestel is:

Anders as met die ander Marvel vrystellings is Marvel’s Runaways effens kalmer as die res (Jessica Jones vat dit gereeld van agter af in publieke kakhuise), juis omdat dit meer op die tienermark gerig is, maar dit beteken geensins dat volwassenes dit nie gaan geniet nie. Inteendeel daar is maar ‘n bietjie nerd in almal van ons, so fok jou grootmens hang-ups net vir ‘n oomblik en gee hierdie gou ‘n kans. Ons almal het al gedroom en gefantaseer oor superkragte en abilities, of dit nou met die intensie was om mense te help of om banke te roof. Net jy weet wat in jou vrot kop aangaan en of jy meer nieg na goed of sleg se kant toe. Dis die lekker ding van ‘n goeie ou comic wat in ‘n TV reeks of movie omskep is. Iemand met verbeelding het die moeite gaan doen om shit cool en realisties te laat lyk en jou terselfdetyd baie tyd, moeite en leeswerk gespaar. Vir die comic book puris (stand-up comedian, Hannes Brummer, is ‘n goeie voorbeeld) is die storielyn van comic book na movie en TV se adaptation meestal ‘n moerse nerve-wracking affêre. Daar is altyd die hoop dat die storie so na as moontlik sal bly by die oorspronklike weergawe en die realiteit is (as mens na hierdie onderwerp se geskiedenis kyk) dat daar meerderheid van die gevalle moerse teleurstellings is – Superman se kuif sit verkeerde kant toe. Spiderman spuit spinnerakke by sy enkels uit. Luke Cage is swart?? Jokes. Perspektief is tog belangrik en daar is wel mense wat nie die comic books lees voor hulle die shows kyk nie. As iemand wat self al ‘n comic deurgeblaai het, maar nog nie The Runaways gelees het nie, het dit vir my meer gegaan oor ‘n kykbare show wat deliver.

En dis wat ek wel gevind het.
Marvel’s Runaways volg die storie van ses tienerkarakters in California (Nico Minoru, Karolina Dean, Molly Hernandez, Chase Stein, Alex Wilder en Gertrude Yorkes) in die Marvel Universe wat as gevolg van omstandigehde moet saamstaan nadat hulle uitvind dat hulle ouers super-booswigte en lede van ‘n konterige kabaal genaamd The Pride is (kabaal beteken ‘secret society’ vir die van julle wat wonder). Hoe evil is The Pride? Wel, hoe klink die sacrificing van teenage girls in ‘n secret basement in ‘n rykgat woonbuurt vir jou? Nogal af? Dis totes obvious dat die kiddies nie meer veilig voel in hulle eie huise nie en die hasepad kies en meer oor hulleself en hulle oorspring begin wonder en leer ken, vir goed of vir sleg. Daar is so baie geskiedenis, conspiracies en mystery om te ontrafel, hulle literally can’t even.

Die resultaat is dat hulle soortvan hulle eie ‘familie’ on the run vorm. O ja, en almal van hulle het super powers. Bonus! Meng dit nou met so bietjie good old fashioned puberteit – tieners kom mos met hulle eie flavour van issues en oë rol en hierdie karakters is veelsydig en uiteenlopend. Hulle cover myns insiens amper enige tiener onder die son met die ses kinders: daar is Nico Minoru (goth en wannabe heks),  die perfekte squeeky clean blonde, Karolina Dean, die eerstespan whatever sport jy wil kies se jock en hunk, Chase Stein, die social justice warrior, Gertrude “Gert” Yorkes, die jonger-sussie-tipe-wat-ook-saam-met-die-groot-kinders-uithang, Molly Hernandez en die volslae nerd wat seemingly alles kan hack, Alex Wilder. Dink Breakfast-Club-meets-The-Avengers.
Terloops, as jy nog nooit The Breakfast Club (1985) gekyk het nie, doen dit. Dis ‘n absolute fokken classic!

Die storie vat ‘n rukkie om momentum op te bou, so druk deur die eerste drie episodes. Dis die moeite werd. Jy wil dinge weet. Wie onthul volgende sy superpower en wat gaan dit wees? Wat gaan die karakter se kryptonite wees? Die Runaways hardloop ook nie dadelik van hulle onderskeie ouerhuise af weg nadat hulle die waarheid van hulle mammas en pappas oopvlek nie. Hulle deal eers (soos normale tieners) met verskeie levels van harsteer en ongeloof wat die verraad teweeggebring het. Dan is daar ook die ongewone omstandighede waarin hulle van voor af moet vriende raak met mekaar ter wille van oorlewing. Terloops, hulle was aanvanklik wel vriende gewees maar die agtergrondstorie wat geskets word van die raaiselagtige dood van Nico se sussie, het hulle groep uitgemekaar gedryf.

Die acting is baie solid en die ouens wat die casting gedoen het, het ‘n uitstekende taak verrig. Die akteurs werk goed saam en is perfek vir die onderskeie rolle gekies. As jy ‘n side-by-side vergelyking tref tussen die Runaways comic se cover wat 15 jaar gelede vrygestel (2003) is en die nuwe TV reeks (2017) se poster sal jy presies sien wat ek bedoel:
Wat Runaways ook meer geloofwaardigheid leen vir sy meerderheid teikenmark is die suggestie dat baie tieners in regte lewe (veral as daai hormone fokken full blast inskop en hulle alles en almal haat) alreeds aan hulle ouers dink as bose supervaillains op ‘n manier – die toesighouers en reëlmakers met al die geld wat mag oor hulle het. Metafories gesproke, natuurlik. Maybe het jyself so gevoel as tiener? Meeste ouers is eintlik maar net out of touch en nie “with it” nie. In die geval van die ses tieners in hierdie storie, is dit nie ‘n metafoor nie. Die karakter, Chase, se geniale maar intimederende en gewelddadige doserige pa tune hom op ‘n stadium (omdat Chase ‘n C gescore het vir Spanish) “If you were really afraid of me, you’d be getting an A.”
As hierdie in Boksburg afgespeel het en Chase het met ‘n kak rapport by die huis aangekom en ‘n F vir metaalwerk gescore net voor die skoolvakansie, het sy pa hom getune: “Loop haal die goldsambreel in die garage, want dit gaan nou fokken poesklappe reën!”

Marvel’s Runaways is ‘n splinternuew show en die eerste reeks (tien episodes) is tans eksklusief beskikbaar op Showmax. Dit sorg vir so net oor die 7 ure se superhero vermaak uit die boonste rakke, so maak gebruik van die free offer om dit te kyk en sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial. Jy kan ook Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D. se eerste drie reeks kokkenodge.

Net as ‘n ietsie ekstra om oor te wonder. Miskien vind jy dit interessant:
Runaways se intro/theme song is fokken lekker en dit het vir my moerse familiar gevoel, maar jy mag dalk van my verskil. Ek moet jou dalk net ook waarsku dat jy vir die res van die naweek met ‘n earworm gaan rondloop en slaap. Hier teen episode 4 het dit my gestrike dat dit intro song se structure en chords baie erg herinner aan die 80s groep, Visage se 1981 hit, Fade To Grey en om dinge te vererger gaan ek misheard lyrics ook in jou kop plant: “Aaaaahaaa, drink Fanta grape”…

Gee dit ‘n luister en laat weet of jy ook die ooreenkoms hoor?

Deel met jou tjommies!

    griffinRunaways – tieners vol angs met bonatuurlike kragte

    Gooi Comment