Ons review 7 letters van die alfabet. TRCRS en BRYNN

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Dis tricky om ‘n rock and roll dinosaur te wees en nuwe musiek te review. Almal weet musiekgenres het heavy vermeng geraak; wat nie ‘n slegte ding is nie, but here’s the thing, dit is onmoontlik vir my om nie terug te val op ouer musiek nie. Hoekom sou ek, as ek die elemente van dit waarmee ek grootgeword in meeste nuwe musiek kan hoor? Dis soos om ‘n stuk geskiedenis, wat strek oor dertig of veertig jaar, net te ignoreer en te maak asof al die moderne musiek wat mense tans maak heeltemaal splinternuut of innovative is. Die waarheid is dat elke liewe sound, genre en musiek revolution (all of them!) contributed to the massive choice of sounds and genres in rock and roll and pop music that we have today.

In die ou dae het ons one-hit wonders gehad. Deesdae het ons one week online “revolutions”. Almal het al klaar van Hobo Johnson vergeet, anyway. So nou en dan moet ek seker probeer uitfigure hoe ek na musiek kyk en dit wat ek instinktief doen bietjie verwoord in ‘n review. Vir my is daar ‘n complicated deel van musiek (die analysis van genres en technical ability etc) en daar is ‘n eenvoudige kant aan musiek, naamlik emosie. Soos meeste dinge in my lewe probeer ek kyk na fundamentals as ek musiek review, maar wat musiek (of enige art) aanbetref is dit unlike anything else, die fundamentals van art verskil van persoon tot persoon en emosie speel ‘n kardinale rol daarin. It’s in the eye of the beholder, really. Vir sommige fans is instrumental skill, ritme, melody, pitch, harmony, tones en al daai goed belangrik. Vir ander is dit die emosie wat dit ontketen en dis fokken persoonlik. Vir ander is dit weer die realness van die vibe en vir ander is slegs hype belangrik. Vir sommiges is al daai belangrik. Dis alles subjektief en wie weet hoekom sekere mense van sekere musiek hou en ander nie? Selfs al is al die fundamental goed waarvan jy hou in ‘n song daar, kan jou persoonlike smaak dit afskiet. Jy like soms net songs eenvoudig nie en jy kan nie beskryf hoekom nie. Jy gaan nie altyd van al die tunes hou wat jou favourite artists record nie, gaan jy?

So wat moet jy as ‘n music fan doen? I don’t have to tell you. Soek net die fundamentals wat vir jou sin maak en geniet wat in jou smaak val. Jy kan selfs geniet wat nie in jou smaak val nie. Jy gaan mos self judge wat vir jou cool is of nie. This is 2018, not 1986. Wat moet ek as music reviewer doen? Moet ek vir almal voorsê watter musiek cool is of nie? Nee, ek gee jou slegs ‘n weergawe van my ervaring van musiek, hoe dit (of ek) relate met die album wat ek review en hoe dit my emosioneel beïnvloed het. Use it, don’t use it. Partykeer skryf ek allerhande stories om dit interesting te maak. Die keuse het nog altyd by die fans berus. Ek gaan bietjie twee Kaapstadse bands vandag review. Nie omdat ek die albums wil vergelyk nie. Ek het net te veel albums op die oomblik wat ek wil review, so dit gaan slightly korter wees vandag as gewoonlik.

TRCRS – The Watchtower EP
TRCRS (voorheen bekend as Tracers) se influences is The Cure, NIN en Blink 182 en hulle is een van daai ‘do it yourself’ bands. Ek het altyd respek daarvoor. Die eerste ding wat ek kon hoor op hierdie EP was hoe sterk die kombinasie van English synth pop of new wave musiek (soos dit ook bekend staan) en ook die donkerder post-punk van die eighties deurkom. Sweaty Palms het daai A Flock of Seagulls new wave keys en vocals terwyl Swaying weer ‘n meer The Cure sound het (post-punk), albeit gemeng met meer onlangse Kings of Leon inspired backing vocals. Dit lyk darem nie of TRCRS dieselfde haarstyle het as wat daai eighties bands gehad het nie. Ek het baie synth pop geluister op die draadloos (en in my suster se tapes ingevaar) toe ek op laerskool was; songs illegally van die radio af getape en met pen op papier honderde playlists gemaak. Dit was ons Spotify daai tyd. The Human League, Yazoo, The Thompson Twins, ABC en nog meer aan die meer commercial kant. En bands soos PIL, Souxsie and the Banshees, Joy Division en Echo & the Bunnymen aan die donkerder kant.
Meeste mense gaan nie die verskil in genres deesdae kan agterkom nie. Ek kan jou wed TRCRS het nie gesit en honderde eighties songs gaan bestudeer nie, maar ek kan die ou sounds hoor. So hoe approach mens hierdie musiek in 2018? As jy nie weet wie een van daai ou bands (behalwe Kings of Leon) is of was nie en dit klink befok vir jou, dan gaan jy probably dink dis ‘n entirely nuwe sound. TRCRS het obviously daai iets wat dit meer modern laat klink. Luister na The Ringer byvoorbeeld, maar vir ‘n dinosaur soos ek is dit nie totally nuut nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink glad nie dis ‘n slegte ding dat ek ouer sounds in musiek hoor nie. It happens all the time. Wat jy wel as ‘n band moet probeer doen is om jou eie identiteit te kry en verkieslik een wat mense se aandag gaan trek. Ek dink TRCRS is goed oppad en moet net aanhou musiek maak soos hulle wil en kyk wat gebeur. Aan die een kant as jy jou te veel steur aan reviewers soos ek, gaan jy nie kanse wil waag nie en aan die ander kant as jy kritiek ignoreer gaan jy valuable feedback mis. So there’s always that balance.

Hierdie EP behoort beide youngsters en die mense wat daai tipe eighties musiek geniet het (en steeds doen) se interest te trek. Is dit ‘n great EP? Ek het dit geniet en ek dink dis nie te bad nie, maar ek dink wel TRCRS kan hulle kreatiwiteit nog verder push. Fundamentally, like ek die sound. Val dit in my persoonlike smaak? Probably not so much. Ek sal wel graag wil hoor watter kant toe hulle gaan evolve. Just keep on making art, TRCRS!

BRYNN – Querencia
Alhoewel BRYNN inspired is deur onder andere Ani di Franco en Damien Rice kan ek ook Indie Brit pop (of rock) influences op meeste van die songs ook hoor. Onthou julle Manic Streat Preachers, Travis, James, The Stone Roses? Ons het nie ‘n rêrig ‘n lang geskiedenis van hordes bands in SA wat sulke tipe musiek laat evolve het oor tyd nie, so in daai opsig help BRYNN met hierdie album om SA musiek in ‘n ander rigting in te stuur. Ek moet byvoeg dit was wel moeiliker om die old school origins te pinpoint op hierdie album. Is dit dalk omdat BRYNN ‘n unieke identiteit gevind het van hulle eie? Die album se Spaanse naam en title track mag jou dalk ‘n hint gee. Daar is ook daai funky Kaapstad kitaar sound wat soos Desember somers klink, en gypsy viole wat dit ‘n ander flavour gee. Wat is dit met Kaapstad en die gypsy vibe wat so oral opduik? Wat? Ek is net jaloers omdat ek ‘n Gauteng rocker is? No comment.
Die album is ‘n fantastiese produksie en offering, en baie van die songs gee my meer van dieselfde diepte wat ou rock en folk musiek my bied. Dis ‘n album waarin jy heeltemaal verlore kan raak en dit het genoeg musikale kompleksiteit om saam met die betekenisvole lirieke ‘n impak op my te gelos het. Fundamentals? Dis vir seker daar. Persoonlike smaak? Ek het die band live gesien by Thirst@28degrees se Craft Exchange ‘n rukkie terug en alhoewel ek dit geniet het, het die album my nou meer insight gegee waartoe hulle in staat is. Ek gaan dit vir seker op my everyday playlist folder gooi.

RolbeesOns review 7 letters van die alfabet. TRCRS en BRYNN

Gooi Comment