‘n Brief van soorte aan Piet Botha oor Die Middernagtrein

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Piet Botha se Suitcase vol Winter (1997) was een van daai influential albums in my lewe. Dit was nog varsity jare, daai. Mandela se tyd. Ons het nog ons identiteit probeer vind in die aftermath van die totale aanslag van die tagtigerjare se aakligheid op ons psiges. Dis Afrikaanse musiek wat die moeite werd is om oor en oor te luister, om meaning in die woorde te soek en musiek waarteen jy jou siel wil skuur. Real deal stories wat jou iets kan leer van jou eie menswees en van die lewe wat hard kan wees op gewone, goeie mense. Hel, sulke musiek was maar bitter, bitter skaars daai tyd. Has it really changed?
Dis nogal ironies dat die helfte van Piet Botha se Afrikaanse albums net by my verby is toe ek in die nege-tot-vyf gevangenis was. Ek luister nou elke liewe een weer. Dis befok! Ek luister dit almal sommer uit protes ook. Wat begin het as “net ‘n bietjie tyd spandeer met die nuwe album” het geëindig in ‘n binge sessie van die hele collection Afrikaanse albums. What a journey! Van die oorspronklike classic Suitcase sound wat hy ook in Jan Skopgraaf (1999) en die Die Hits compilation (2001) voortgesit het, Die Mamba (2003) met ‘n bietjie Afrikana folk en jazz gevoel en classic Jack Hammer wat duidelik deurslaan, die stripped down The Demos 2001/2002 en die gothic folk en boerejazz klank van Spookpsalms (2011) – met een arabesque song ook in die mix. Ek sal nog by die live bootlegs ook uitkom. Ek voel soos ‘n speurder wat al die leidrade probeer vind om ‘n grusame moord op te los. Hopelik is hondkak musiek die victim hierdie keer. One can only hope.

The Hammer en sy trusted band of misfit vagrants het soos oudergewoonte, kort na Die Middernagtrein (2018) uitgereik is, die land begin plat toer en hulle is nog steeds besig. Net so paar weke terug, op ‘n reënerige Vrydagaand, het Piet op ‘n nederige wyse die CD van Die Middernagtrein aan my oorhandig, daar by een van die album launch venues, Shere View Function Venue. Die plek was ‘n aangename verrassing. Net so klipgooi van my huis af daar in Shere, Pretoria. Dit het ‘n lekker vibe en lekker kos ook en die mense is gasvry, on the ball en het almal ‘n liefde vir goeie musiek ook. Ek hoop daar is meer makieties by die venue in die toekoms.

Die show was ‘n absolute rock and roll recharge vir my siel. Uitstekende musikante, julle weet mos, die hele spul van hulle. Hulle het ‘n mengsel van ou bekende treffers en tunes van die nuwe album aan almal daar teenwoordig gegee en die crowd het vir meer en meer geskree tot aan die einde. It was a beautiful thing. The Hammer word ouer ja, maar hy is nog springlewendig van gees en vol van sy ou streke. An old dog (or lion) will almost always teach you new tricks. Die volgende dag, terwyl hy vir Tertius de Plessis (Jack Hammer se baskitaarspeler) gewag het om hom ‘n lift lughawe toe te gee, het ek die geleentheid gekry om met hom te praat, saam met my bra’s van Bright Lights Big City, wat ook tydens die middag daar ge-gig het. Dit was lekker casual. Ons het nie eens rêrig oor die nuwe album gepraat nie; meer oor die lewe, die hartseer feit dat al die songwriters die planeet in sulke stringe verlaat, die music industry, wat rock and roll vir ons beteken en wat real en fokken goeie musiek is. Ek het geweet ek sal Die Middernagtrein later op my eie ontdek anyway, because that’s how I roll.

Dit het nie lank gevat om te besef dat my vermoede by die launch reeds in die kol was nie. Dis ‘n comeback-album in die ware sin van die woord. Soos AC/DC se Back in Black (1980) of Johnny Cash se American Recordings (1994) om net ‘n paar te noem. Ek kan net nie aan ‘n bekende voorbeeld dink waar iemand in ‘n ernstige ongeluk was, of iets soortgelyks beleef het as Piet nie, en toe uit eie experience ‘n genuine comeback album geskep het daarna nie. Rick Allen se herstel na sy motorongeluk was ‘n inpsirasie en sy vindingrykheid, net voor Def Leppard se Hysteria (1987), het sekere aspekte van die album beïnvloed, maar dis nie ‘n comeback album nie. Alhoewel Robert Plant die vocals vir Presence (1976) in ‘n rystoel record het na sy motorongeluk op die Griekse eilande, was dit ook nie rêrig een nie. Dis ‘n rare ding waarna ek soek. Dis ‘n rare album, hierdie.

Op Die Middernagtrein kan ek die harde lesse van isolasie, skok, pyn en introspeksie duidelik hoor (en dis op meeste van die songs, mind you, nie net een of twee nie). Drie maande in die hospitaal met ‘n gebreekte rug? Dit kan jou gees breek of dit kan ‘n muse word wat die beste uit jou siel trek. Die beproewing van gestremd wees, selfs al is dit net tydelik, verander hoe jy dink oor jou lewe en ek kan dit hoor in die donker, persoonlike lirieke en musiek. In ‘n tyd van social media hype wat menigte oë verblind oor wat real is, is Die Middernagtrein ‘n baie belangrike mylpaal in die Suid-Afrikaanse rock continuum. This needs to be acknowledged. As jy wil hê ek moet die Afrikaanse rock-and-roll-kaart speel, dan is hierdie een van die bestes wat ek nog gehoor het!

Dit het meer van ‘n Jack Hammer rock-sound, maar die ou Piet Botha standards met klavier en brass slaan ook deur. Wat is anders vir my hierdie keer? Wel, die lirieke is kort en kragtig en daar is baie langer instrumentals ook. As basic lyrics deel is van die package, raak die gevoel, spasie en timing van die songs meer belangrik. “Swart Kraai. Morsdood. Innie pad. Dalk is dit die een wat my wou kom vat.” Jirre, net daai een line maak alreeds die album vir my. Maar ‘n hele paar songs vat my na soortgelyke plekke toe. Piet Botha-oomblikke. Hier is nog ‘n oomblik op Eendag op ‘n Reëndag: “maar ek was nooit ‘n goeie danser nie, miskien partykeer in die reën.”
Dis ook nie net die lirieke nie, maar ook hoe dit oorgedra word wat ultimately saak maak. Dis sulke oomblikke waarna ek opsoek is as ek ouer blues en classic folk tunes ontdek wat ek nog nie gehoor het nie, of as ek van hierdie “nuwe” Americana en Alternative Country musiek probe. Daar is nog songwriters in daai scene, believe it or not, maar jy kan nie meer authentic kry as Ou Leeu Blues nie, meer close to the bone as Moordenaarskaroo nie – ek word deel van die storie en sit saam met die ou man wat wag en Bachus Nel, vreesloos sonder enige hoop, daar in die middel van fokken nêrens. Jy kan ook nie meer persoonlik kry as Die Brief nie. Daai JJ Cale blues licks, die donker, moerige temperament en cautionary tale lirieke het my hook, line en sinker gevang. Jy kan ook nie meer beautiful kry as Ou Swerwer en Die Goue Strand nie. Koos Doep het sulke songs geskryf, man! Of Tom Petty? Neil Young is darem nog met ons. Tom Waits. Die songwriters.

Piet het hierdie bekommernis oor wat gaan gebeur as Willie Nelson eendag doodgaan, maar ek is meer bekommerd oor ‘n wêreld sonder Piet Botha en ander stalwarts soos hy. Ons het nog minder songwriters aan die onderpunt van Afrika. Aah, maar voor ek te despondent raak is daar die title track – die silwer randjie en die spil waarom die hele album draai. Rock and Roll en “die road” was nog altyd die verlosser vir The Hammer en sy movement. Hierdie album gee vir ons almal ‘n bietjie insig oor die lesse van die hele Margate experience en die dankbaarheid dat hy dit nie alles verloor het nie.

Ons is almal dankbaar, in fact.

To many more albums!
Cheers, Brother!

Deel met jou tjommies!

    Rolbees‘n Brief van soorte aan Piet Botha oor Die Middernagtrein

    Comments

    1. George Delport

      Baie cool verwoorde brief van soorte. Oor daai album..wonderlikke musiek. En dan in Piet se eie woorde “ń Man is niks sonder ń band”. What a band.

    Gooi Comment