Gimmicks, kobras, katte en so bietjie murg in die pype by Railways Cafe

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

(fotos deur Marina Mare)
Just to set the tone, hier is ‘n mock interview wat Noel Redding en Mitch Mitchell met Jimi Hendrix gevoer het back in the day. Noel se laaste vraag was: “So Jimi how much do you rely on gimmicks?” en sy antwoord was: “Gimmicks, there we go again, gimmicks, man I’m tired of people saying we rely on gimmicks. What is this? The world is nothing but a big gimmick, isn’t it? Wars, napalm bombs and all that, people getting burned up on TV, and it’s nothing but a big gimmick… yes we do.”

Ek het my niece ‘n toer van Tuks se kampus gegee op Vrydag, die 13de. Sy wil volgende jaar by die Universiteit van Snorland gaan swot. Ons is daarna Railways Cafe toe om Wolfgang Marrow, The Black Cat Bones en L.A. Cobra live te check. Dis mos die “cool” oom in die familie se idee van pret wanneer ek die krag het. Sy het lekker gesug oor ek so fokken stadig is met die rystoel, haha! Ek het nog nie die Wolwe en die Kobras live gesien nie maar sy het nog nie eens een van die bands gehoor nie, nie eens op ‘n draadloos nie. Joburg North kinders is mos fokol gewoond. Sulke Sêndton doll.

Ek weet die bands speel voor groter skares by festivals deesdae, maar in daai spesifieke setting (of soortgelyke clubs en bars) is dit pretty much die underground van die SA musiekbedryf. Dit was interesting om die hele experience deur haar oë ook te beleef. Sy is ‘n individualistiese agtienjarige Generation-Z kid wat ‘n One Republic en Black Veil Brides fan is en sy het haar generasie spesifiek gaan research net om my te tune sy’s geen millennial nie. Sy is nog erger, tune sy my. Dit was wel opvallend dat waar ek meer vir die musiek luister, het dit vir haar baie meer oor die experience gegaan en dit was die catalyst vir ‘n paar insights wat ek bietjie wou explore.

Wolfgang Marrow het ‘n lekker swampy-country-blues-rock sound, baie meer eenvormig wat genre aanbetref live as die diverse invloede wat ek op hulle eerste album gehoor het. Ek het dit review in 2016, dink ek? They found the right live sound, I guess. Sandy Little is ‘n moerse individualis met ‘n ‘no fucks are given’ attitude en ‘n ‘one-of-a-kind’ fashion sense en sy hou van lekker kos tune sy. Ok, om eerlik te wees, sy is strange. Dit alles het natuurlik die Gen Z’er beïndruk. Sandy se vocals en Louwtjie Cronje se telecaster tone was meer vir my ‘n trekpleister. Gimmicks, the world is nothing but a big gimmick! Partykeer hoef jy nie gimmicks aspris uit te dink nie. Dis deel van jou authenticity, jy is anders as die res en dit dien dieselfde doel op die ou einde: entertaining your fans to the max. Maybe explore hulle daai authenticity nog verder? Who knows.
Kobus de Kock Jnr het op stage geklim weer met berugte varkpenne maar hierdie keer kaal bolyf met war paint en so African skirt (of chiffon) – maybe handdoek ek kon nie mooi sien nie. Hy het soos ‘n Shaman gelyk en die rol van een vervul op stage ook. Afrikaanse poëtiese performance art, so tussendeur die harde blues rock and roll riffs en ritmes waarvoor Andre Kriel, Chris van der Walt en Gareth Bunge so bekend is voor. Hulle doen dit eintlik al lankal maar die Gen-Z-er het my so een kyk gegee en getune: “Dis befok!”

Die Bones se tunes bly solid maar ek het hulle al so baie live gesien en ken dit so goed dat ek op ‘n stadium bietjie minder connect het met hulle live experience. Wat het Vrydagaand anders gemaak? Ek dink dit was die kombinasie van moerbaie passion en die gimmicks op stage. Die rookmasjien, beligting, Kobus de Kock Jnr se antics wat soms lekker punk rock kan wees, die Jagermeister routines, vee sy snot so aan Chris van der Walt se rug af in the thick of things. Dit alles het my weer laat connect met die experience. Ek was net bang Gareth Bunge bliksem daar bo af maar gelukkig leef al die drummers nog.
The world is nothing but a big gimmick! Behalwe vir lighting en smoke machines is gimmicks deesdae nie populêr in rockmusiek nie. Selfs laasgenoemde is raar en ek kan nie verstaan hoekom nie? Rock and roll is tog entertainment, is dit nie? The Who het hulle kitare, dromme en mikrofone alles stukkend gebliksem. Jimi Hendrix het sy kitaar aan die brand gesteek en ge-offer. Jim Morrison het ure lank onder die prop tos gepraat en mense so ge-mindfuck dat die cops gedink het hy het homself ontbloot, terwyl hy net gemaak het of hy het. Kiss het die painted gesigte en horror outfits gehad. Beastie Boys het ‘n ses meter lange pienk penis uit ‘n swart boks laat spring. Eighties rockers, Jon Bon Jovi en Eddie Van Halen het met behulp van theatrical drade oor die stage gevlieg en Rammstein skiet vandag nog missiele oor die crowd en brand basically alles af met hulle pyrotechnics.

Gimmicks, the world is nothing but a big gimmick! Wat is so verkeerd daarmee? Kobus was nog altyd ‘n Morrison-tipe figuur maar die kombinasie van daai Shaman-karakter wat ek sien groei nou, die rookmasjien, beligting en die intensiteit wat hy uitstraal, spoor die band aan om die crowd te hipnotiseer en die musiek meer intens aan die crowd oor te dra en so travel die electricity heen en weer tussen band en crowd. Ek het onlangs my eie research gedoen oor Shamans vir een van my projekte, so ek is seker redelik beïnvloed daardeur maar in meeste ancient cultures was die Shamans verantwoordelik om mense op ‘n verhoogde level of consciousness te kry en op verskeie maniere. Musiek, dans, asemhalingstegnieke en mind-altering plantjies, meestal. Ek was vir die eerste keer in ‘n lang tyd connected Vrydagaand en as dit nie was vir ‘n fight wat uitgebreek het heel voor by die stage nie, sou ek dalk, selfs in my permanent sober state, ‘n ander level bereik het. Thanks, Moonshine Lee vir die body guard protection en die koeldranke! Die Bones het al jare terug iets begin met daai Shaman vibe en dit het stadig evolve. Persoonlik dink ek hulle scratch nog net die surface van wat hulle daarmee kan doen. Ek hou die affêre maar dop met bated breath.
So, is SA rock fans tevrede om sonder gimmicks entertain te word? I don’t know, you tell me? Voor jy my stop met verskonings soos budget en wie het deesdae geld vir al daai kak ensovoorts – die metal en goth scene gebruik al jare lank gimmicks met hulle outfits en make-up, blood capsules in die mond en daar is nog minder geld in daai scene. Ek was ‘n paar weke terug by Freakquency Transmission by die Goodluck Bar en daar was performance artists wat tussen die sets gedans het op eerie musiek, op spykerbeddens gelê het (ja daai staal goed), vuur uit hulle monde gespu het en, I kid you not, die fokken lead singer van Mr. Morgue is in ‘n doodskis op stage gedra deur sulke klomp evil “sataniste” met swart hoods oor hulle koppe. Klim so uit die kis en begin sing. Jirre. Dis rock and roll, en ja, dis befokte entertainment.

Ok, so dit bring my by LA Cobra. Ek het nie gedink hulle gaan daai well produced en gepoleerde album, Shotgun Slinger, van hulle justice kan doen live nie. Rêrig, ek het nie. Hulle hele sound en image was nog altyd net gebasseer op eighties hair metal nostalgia en aan die begin, al het ek dit gelove, was dit redelik amateuragtig vir my. Maar… ek is nie altyd reg nie, né? Die hele show was damn well done! Wie ookal die sound die aand gedoen het, nice job all round! Die Kobras doen daai back-to-back Mötley Crüe stances met hulle Timotei hare, nogal perfek. Die bass is raw en Don se voice control is baie beter as wat ek gedink het dit gaan wees live. Selfs die duel kitaar vibes en die sound effects tussen-in dra by tot ‘n Hollywood Sunset Strip ondervinding, so reg uit die eighties. Gimmicks, the world is nothing but a big gimmick. Hulle fans was moerse into die show en het vir meer as een encore geskree. Maybe explore die Kobras meer gimmicks om hulle show nog meer entertaining te maak? Ek sou graag meer make-up en wardrobe wou sien, maar fok weet hoe sal Pretoria dit kan handle nie.

Het gimmicks ‘n plek in SA rock? Ek dink vir seker so. Dit hoef nie duur te wees nie en solank dit nie contrived is nie en solank jou art steeds authentic bly. Dit moenie ‘n crutch (of ‘n rystoel) vir kak musiek wees nie. Daar was al baie gevalle waar dit kak bands gehelp het. Wie onthou Green Jelly in die nineties? “Not by the hair of my chinny, chin,chin!”
Die main goal is om saam met ander mense jou musiek te geniet en terselfdetyd hulle te entertain, is dit nie? Of wat dink julle Watkykertjies?

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesGimmicks, kobras, katte en so bietjie murg in die pype by Railways Cafe

    Gooi Comment