Animals – Ons is eintlik almal maar kaksleg diere op ‘n manier

In Snotstories deur griffinRek jou bek

As jy ‘n fan is van Family Guy, The Cleveland Show, Bob’s Burgers, Archer, American Dad, Bojack Horseman, South Park, Robot Chicken of enige iets op Adult Swim, moet jy Animals ook ‘n kans gee. Jy gaan miskien net nie 100% gewoond wees aan die tipe animasie van die reeks nie, want die artwork laat mens dink aan ‘n tiep van opgefokte Beatrice Potter illustration style met absolute minimale animasie en konserwatiewe gebruik van kleur. Dis basically Beatrice Potter op tik vir grootmense wat like van drink en vloek, maar die minimalistiese aard van die animasie word sterk ondersteun deur fokken slim en snaakse dialoog. Ek skiem hulle kon net sowel stills gebruik het en dit sou steeds niks van die reeks se impak weggevat het nie.

Animals is ‘n antropomorfiese, geanimeerde cartoon. Dis fokken fancy woorde, maar jy het al daarmee te doen gekry – antropomorfisme is die toeskrywing van menslike eienskappe, emosies of bedoelings aan nie-menslike entiteite. Met ander woorde omtrent al die cartoons wat jy as kind gekyk hetwat diere feature wat kan praat asook Sesame Street en ander puppet shows, tot die nuwer goed wat Pixar en Disney uitsit elke jaar. Animals sentreer rondom New York se verdrukte diere, oftewel creatures (want insekte word ook nie oorgesien nie) wat in die kakste, mees onbewoonbare gedeeltes van die Groot Appel bly – van duiwe wat hulle eie seksualiteit bevraagteken, tot rotte met onbeantwoorde liefde in eensydige verhoudings, bedbugs wat struggle met mid-life krissise en katte wat dalk bietjie te veel into sadomasochism is vanweë hulle ernstige catnip/drugs probleme.

In die eerste reeks kry ons te doen met rotte, katte, honde, duiwe, ruspes, perde, skoenlappers en dies meer. Elke episode het hulle main feature of creature met ‘n sub-plot wat nog ‘n dier se angs, storie of agtergrond cover. So kry ons in episode 1 ‘n klomp rotte wat na ‘n party toe gaan in ‘n drein in die subway. Dit gaan net oor suip, drugs vat, dans op die DJ se musiek en om babas te maak in die kakhuis en dan te brag oor hoeveel babas hulle sopas in die kakhuis gemaak het, want hulle word sommer amper dadelik gebore. Dis ‘n spieël wat opgehou word om menslike tekortkominge en struggles uit te wys: daai ouens wat altyd so brag oor hoeveel chicks hulle al genaai of gevinger het en hoe maklik hulle was, meisies wat bietjie te sletterig is, ouens wat hulle drank en drugs “kan hanteer” en DJs wat dink hulle is poescool. Jy kry die vibe. Jy het mos sulke vriende.Wat nogal toepaslik in episode 1 was, was die feit dat die DJ se naam DJ Labrat is; ‘n rot wat vermoedelik uit ‘n laboratorium ontsnap het en met ‘n eksperimentele oor spog wat op sy rug groei. Dan sit die oorfoon so half oor sy rug wat eintlik ‘n oor is. Dis fokken slim humor. Ook die feit dat een rot by die party uitslaan met een cracker – genoeg kos vir die hele party. Imagine jy kan na ‘n party toe gaan en al wat jy hoef saam te bring vir almal om te vreet is ‘n cracker?
“Hoesit ouens, ek het vir ons ‘n Bacon Kip gebring. En ‘n halwe bier en een Disprin. Kom ons raak faktap!”r

Elke episode feature special guests wat saam met die creators, Phil Matarese  en Mike Luciano die rolle van veskillende diere vertolk. Dis nogal ‘n stellar line-up en sluit bekendes in, soos onder andere: Jon Lovitz, Danny McBride, Jonah Hill, Adam Scott, Andy Dick, Pauly Shore, Horatia Sanz, Michael Rappaport, Wanda Sykes, Jason Alexander, Harmony Korine, Judy Greer, Shawn Wayans, Marlon Wayans, RuPaul, Claudia O’Doherty, Aziz Ansari en Molly Shannon. Elke season het ook ‘n storieboog met menskarakters, soos ‘n korrupte burgemeester (spoiler alert: hy het ‘n hooker genaai en per ongeluk vermoor en die rotte was ooggetuies, maar hulle het net gedink dit is maar hoe mense naai) en die gebeure wat gelei het tot sy herverkiesing in season 2. In season 2 gaan die menslike karakters se storieboog oor ‘n verslaggewer wat ‘n virusuitbraak ondersoek, maar ons wag nog vir hierdie ene. Hopelik sit Showmax hom binnekort op die rak.

Phil Matarese is die writer en director vir Animals en ons weet about fokol van hom af. Hy het iets soos 4700 followers op Twitter, maar is ook een van daai mense wat 1500 mense volg, so daai nommers is redelik laag vir ‘n follower count. Sy co-creator, Mike Luciano sit maar met 2800 followers en volg self 1000 mense. Hulle is nie juis top shelf Hollywood stock nie, so waar kom die ouens vandaan?

Hulle agtergrond en ondervinding is eintlik in die advertensiebedryf en die ouens het aanvanklik ‘n kort 1 minuut “animation” gemaak nadat hulle ‘n idee gekry het deur twee duiwe op ‘n ledge dop te hou buite hulle kantoor. Eerlikwaar weet hulle maar fokol van animation af en het YouTube tutorials gekyk van 13-jarige snotkop kindertjies wat hulle geleer het hoe om basic animation te doen. Hulle het sommer die Mac program, Final Cut, gebruik. Dis about 6000 ligjare verwyderd van die tegnologie wat Southpark byvoorbeeld inspan, maar hulle is vanaf agtjarige ouderdom al reeds groot fans van Southpark gewees en hulle grootste droom is om eendag saam met creators, Matt Stone en Trey Parker te werk. Daar is wel ‘n cross-over in Animals met Family Guy iewers in season 2, so hulle is dalk sterk op pad om daardie droom te bewaarheid en saam met hulle helde te werk.

Materese en Luciano maak gebruik van retroscripting, ‘n tegniek om ‘n plot voor te berei, maar om die akteurs die vryheid te gee om hul eie dialoog te improviseer. In hierdie opsig skiem ek dat die ouens van Southpark heelwat harder werk, want wanneer hulle met ‘n seisoen begin harldoop, word dit ge-brainstorm in meetings, ge-story board, geskryf, herskryf en ge-animate, alles binne ‘n week, weekliks, vir die durasie van die hele seisoen. Hoewel die meerderheid van die dialoog in Animals ge-improviseer word, skryf hulle steeds ongeveer 2 maande lank aan ‘n reeks van 10 episodes se konsep en storielyn en dit sluit natuurlik die animasie uit, so dis nie asof hulle totally lui is nie.

Die projek het die tradisionele Hollywood-ontwikkeling omseil en is gefinansier deur private equity. Dit het die creators in staat gestel om Animals presies te produce soos hulle dit wou hê en op hulle eie tyd. So het hulle ook langer as ‘n jaar lank gewerk aan die eerste twee epsiodes en verskillende netwerke genader om dit te koop. In Mei 2015, het HBO die reeks opgetel met ‘n twee-seisoenbestelling en min of meer ‘n jaar gelede is die groenlig gegee dat hulle met season 3 ook kan voortgaan.

Iets interessant is dat die diere almal Engels praat, maar dat die humans net mompel en groan, moontlik om die fokus meer op die diere te plaas om ons mense se natuur en flaws beter uit te lig. Probeer bietjie iets net vir die fun voor jy elke episode kyk: maak vir jouself ‘n lysie van die menslike karaktereienskappe wat jy dink die creators aan die spesifieke episode se diere sou toegeken het. Jy sal fist pumps in die lug doen, elke keer wanneer jy reg is en jouself faktap lag vir die karaktertrekke waaraan jy glad nie gedink het nie, maar tog soortvan voor-die-hand-liggend was.

Animals is so net oor die 4 ure se goeie binge vermaak en die 10 episodes in reeks 1 wissel tussen 21 en 28 minute in lengte. Dis ‘n goeie Sondag couch-session as jy net wil lag en jou oë nie veel hoef te fokus op beweging nie. Jy kan maar net lê en luister ook as jy wil.  Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial om te sien presies wat ons bedoel.

 

 

griffinAnimals – Ons is eintlik almal maar kaksleg diere op ‘n manier

Gooi Comment