Vat Vyf! Week 11 van 2018 – Oz val vir fake news, Liefling zaber Nadine en Bloem se model is Moss te maer

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1. Wanneer dit by padveiligheid en spoed kom, wil ‘n mens nou wragtag nie vr ‘n ieder en elk preek nie, maar die hel is los vir ‘n 51-jarige pastoor wat hierdie week naby Vanderbijlpark vasgetrek is toe hy 236km/h in ‘n 120 km/h-sone gery het. In sy Mercedes-Benz S350. Moet nogals ‘n groterige en welgestelde gemeentetjie wees. Ek wens ek het maar net ‘n tiende van sy inkomste gehad. Either way, die pastoor is later op borgtog van R1 000 vrygelaat. Bid jou aan. Die Gautengse Verkeersdepartement het motoriste gewaarsku om by die spoedgrens te hou deur die Bybel nader te sleep om hul vermaning oor ‘n gejaag te staaf en het verwys na Habakuk 14:5 waar daar duidelik staan: “Moenie.”

2. Steve Hofmeyr is hierdie week in ‘n hospitaal opgeneem na hy vir 4 ure lank ‘n dratie gekap het met ‘n foto van Peter Dutton in sy een hand en toe van uitputting inmekaar gesak het. Dutton is die Australiaanse minister wat hierdie week aangekondig het sy land ondersoek tans moontlikhede om die visas van wit boere wat uit Suid-Afrika wil fokof, te fast-track. En die einste Dutton is skynbaar ook redelik bekend daarvoor dat hy nie mal is oor die kleur swart nie, nie eers vir begrafnisse nie. Alhoewel dit verblydend is dat die Wallabies soort van omgee, sit ons steeds met die ou probleempie aan hierdie kant van die draad waar spoed nie juis hoog op die agenda is nie. Veral na ‘n video op sosiale media versprei het van ‘n lakse regeringswerknemer waar sy veronderstel is om iemand se paspoort te stempel, maar haar aandag dan deur haar foon afgelei word en sy die paspoort sommer twee keer stempel. Sulke aandagafleibaarheid. Dis regtig nie iets om mee te spot nie en baie mense sukkel met geel lorries wat stadig by my kantoorvenster verbyry. Suigstokkies. Warmwater-enema. Hmmmm.
3. ‘n 25-jarige vrou van Durban is hierdie week in hegtenis geneem nadat sy na bewering ‘n valse saak teen Stephen Hawking by die polisie aanhangig gemaak het. Wag, ekskuus. ‘n Valse saak teen ‘n dooie man. Volgens die vrou het sy in Februarie ‘n vergadering met die oorledene gehad en hy het homself aan haar ontbloot. En waar meeste ontbloters gewoonlik nie ‘n ereksie het tydens die ontbloting nie, is hierdie man al stokstyf en koud sedert April 2016.

4. Hande op almal wat gewonder het wat van Derick Hougaard geword het. Niemand nie? Tuff. As ek hiermee moet saamleef, then I’m taking you down with me. Loftus se Liefling is mos so twee of drie jaar terug geskei van Bobby-met-boobs. Maar die man het duidelik ‘n ding vir sangeresse. Sit jy, Amor? Ek het gesê sangeresse. Hy en sangeres Nadine (gaan Google dit) koer meer as twee jagse duiwe met spuitpoep op ‘n standbeeld vir mekaar op sosiale media en laat daai tipiese “Sit jy neer, nee sit jy neer, nee sit JY neer” gesprekkies amateuragtig lyk. Toe sy ‘n foto van kos op Twitter plaas en liries raak oor hoe tuff dit is om dit te maak sonder dat hy by die huis is, toe respond hy met sulke #ekverdienjounie. Ek het laas soveel gekots by ‘n Nicholis Louw “vertoning.”

5. ‘n Jong model van Bloemfontein mag dalk net “The Next Big Thing” wees. Maar dan gaan sy fokken moet begin ietsie eet. Twee keer ‘n dag as sy kan. Haar naampie is Ansolet Rossouw en daar word bespiegel dat sy die volgende Kate Moss kan wees. Want Moss. Wat is dit met almal se “sy kan die volgende what-what wees.” Fok. Ek kan die volgende dokter in Binnelanders wees. Ek kan die volgende Lego-blokkie wees waarop jy trap. Ek kan die volgende Jurie Els wees. Dalk nie. Dalk. Ek het ‘n opvoutafel wat voor ‘n OK opgeslaan kan word, so ek is halfpad daar. Laat Ansolet net Ansolet wees mense. Sy is haar eie mens. Fok Kate Moss. En heaven knows, I wouldn’t mind. Maar Ansolet is geel lorries wat stadig by my kantoorvenster verbyry. Suigstokkies. Warmwater-enema. Hmmmm.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 11 van 2018 – Oz val vir fake news, Liefling zaber Nadine en Bloem se model is Moss te maer

    Gooi Comment