The Freakquency Transmission – groot party by Goodluck Bar in Joburg, hierdie Vrydag!

In Rolbees Reviews, Watkykjy Interviews deur RolbeesRek jou bek

Hierdie Vrydagaand (30 Maart 2018) is daar ‘n moerse show by die Good Luck Bar aan die gang met ‘n klomp slightly donkerder gothic bands wat gaan optree:

  • No Friends of Harry
  • Polar Dust
  • In Misery
  • Apocalypse Later
  • Mr. Morgue
  • The Goldilocks Effect

Ek het so drie van die bands genader om Watkykertjies oor hulle musiek en die show te vertel. Dis bietjie iets anders, maar ek het befokte antwoorde gekry! Check bietjie hoe kom die DIY theme deur oor die dekades. Die een band is ons tjommies, Apocalypse Later, en ek wou al lankal iets skryf oor die ander twee bands: legendary No Friends of Harry en electro rock outfit, Polar Dust. So vandag kry julle sommer ‘n drie-in-een feature. Ek sou graag al die bands wat by Freakquency Transmission gaan jol wou interrogate, maar dit sou nie prakties wees nie.

Enjoy!
Rob McLennan (from No Friends of Harry):

Rolbees: The first gig I ever went to, No Friends of Harry headlined (with Stryder opening for you), live at The Masker at Tuks in 1991. I was a pimple faced fourteen year old and I got shitfaced on Black Label and puked my lungs out, couldn’t remember most of the night, except maybe losing it when NFOH played The Stone’s Paint it Black. At least, I think that’s how it happened, hahaha; but what a jol it was. When you remember those days, what stood out for you as a musician?
Rob: It was a pretty unique time to be playing music. It was a time when it wasn’t that easy to be in a band. Especially an alternative band. But there was a very cool alternative/metal/goth scene happening and it was awesome fun. There weren’t that many clubs or venues to play, so we always ended up bumping into the same people and the bands all made it happen for themselves – practicing in garages, making their own posters, and t-shirts and sticking them up all over town. It was a gas, man.
Rolbees: I missed two of your reunion shows (due to no fault of my own) so I’m really looking forward to your set at The Frequency Transmission. How many of the original members will be sharing the stage?
Rob: All of us except Annette our drummer. She doesn’t drum anymore, so we pulled in Andrew who plays with me in my new band, Momo. He religiously copied her drum beats to the T. So it’ll be me, Dave, Ian and Andrew.
Rolbees: There was a time when the internet wasn’t global and interconnected yet, and great music were few and far between on South African radio and television. When an NFOH song came on Barney Simon’s radio show, my friends and I would turn up the volume and go fucking crazy. For the “kids” who listened to Bles Bridges back then, and those millennial who need a few lessons in rock and roll, what was, and is, NFOH all about?
Rob: We just wanted to make our own music and play stuff that reflected who we were at that time in South Africa and what culture and music we listened to and belonged to at the time. We were influenced by punk and post-punk because of our situation. We were living in this uptight repressed society, and we wanted to make music that people would want to still listen to in twenty years. And now that’s happening.
Rolbees: Indie labels have for the longest time been the way to record the more “alternative” (whatever the fuck that is these days) music and get it out there. All three of NFOH’s albums were recorded on indie labels. Did the big labels in SA ignore the darker Gothic kind of music you played back then? or was it your own decision from the beginning to go indie?
Rob: Who knows what the fuck ‘alternative’ means, right? I think it’s more about an attitude. We made a decision right from the beginning to be in control of our own recordings, management and everything else like design of record sleeves, posters and t-shirts etc. So we recorded everything ourselves and then took them to various record companies to see who wanted to jump on the bandwagon, so that we wouldn’t have to compromise anything.
Rolbees: I would imagine in the eighties mainstream media, and society in general, didn’t want anything to do with artists dressed in black and criticizing their narrow-minded culture? In your experience, did that mindset improve enough after 1994? EMI eventually released your greatest hits compilation in 1998 just after you broke up as NFOH?
Rob:  Nothing really changed at all from a music scene point of view. It was hard from the beginning in 1986. Getting harassed by cops and the general public. No one wanted us in their clubs or venues. We had to make our own way. We got attention by plugging into a traffic light at the Market Theater flea market and playing there. Once the scene broke then it became a little easier. 1994 didn’t really help much. There weren’t more clubs or more support for local bands. We did have support from certain record company AR men, namely Adrian Skirrow who was at RPM at the time and also a DJ in the scene at places like Le Club and The Junction; and signed us for the 15 Seconds album which we recorded in Downtown Studios with legendary people like Peter Pearlson, and which is the album we’re re-releasing now, remixed and remastered. We’ve released two compilations, but the one you’re referring too Fly by Night was different in that we had remixes of two tracks by Wayne Hussey from The Mission. Two new tracks recorded by Theo Crous from Springbok Nude Girls (his first gig actually) and a bunch of live tracks from our final tour. It was a tribute to all sides of our time as a band.
Rolbees: You (Rob McLennan) have also been successful in the fields of fine arts, creative design and, most notably, the field of advertising. How much of your success can be ascribed to your rock and roll attitude? (we all know it never fades away).
Rob: You know, music and art and creativity all feed the same space. I think, very early I had to choose whether music or art would provide me a living because I love both equally. I sort of realised that not many people make a living out of music and it was something I didn’t want to have to compromise on. So I chose to whore my art. I’m grateful that it’s allowed me to do really nice creative stuff and love it and be paid for it. Rock and Roll has definitely influenced my other side.

POLAR DUST (Sara X)

Rolbees: Polar Dust het ‘n interessante naam en die oorsprong van die band kom ook van ‘n baie ver en koue plek. Ek neem aan die naam het te doen met die tyd wat jy in Ysland spandeer het, asook die eerste gestalte van die band wat jy op die been gebring het?
Sara X: Die naam kry sy oorsprong van sneeu af. Die eerste weergawe van Polar Dust was Guðrún Sif Eldon en Ellen Augland en ons het gedink aan ‘n ander beskrywing vir sneeu. In Groenland het die Inuit ‘n weie verskeidenheid van woorde vir verskillende tipes sneeu. Dit was ‘n fasinasie en ‘n inspirasie vir ‘n plein Suid-Afrikaner wat daar gewoon het.
Rolbees: Is electro rock so eenvoudig soos rock gemeng met EDM, or is there more than meets the eye in julle geval? Hoe sou julle die musiek wat julle maak verwoord?
Sara X: Dit is nou die eerste keer wat ek hierdie vraag in Afrikaans gevra word. Ja, baie van die musiek is reeds in Ysland geskryf voor ek terug gekeer het na Suid-Afrika. En mens kry maar heimwee wanneer mens oorsee bly en ek het iemand gekry om vir my plaaslike Suid-Afrikaanse musiek vir my oorsee te stuur. Baie van ons eerste album, Into the Burning Water se inspirasie kom van genres wat met mekaar in kontras kom. Onder andere, Goth/EBM wat Kwaito ontmoet, of Kwaito wat Industrial Rock ontmoet. Van ons liedjies het weer ‘n populêre musiek-element wat weer gemeng word met ‘n donkerder klank.
Rolbees: Hoe het julle deurmekaar geraak met die Freakquency Transmission, en wat vir ‘n onheilige ding is dit?
Sara X: The Freakquency Transmission is ‘n idee wat ek, Leon, ons tromspeler, mee opgekom het. Die aanvanklike idee was om ‘n alternatiewe musiek platform te skep. Die idee het egter verder gegroei om die “carnivalesque” tema in te bring en om ook sirkus/freak kunstenaars in te bring om by die onheilspellende atmosfeer in te pas. So dit het nie net ‘n platform vir alternatiewe musiek geskep nie maar ook ‘n platform vir die sirkus/freak kunstenaars om op te tree. Die idee het net verder gegroei om ook die gemaskerde tema by te voeg. So die naam moes ‘n mengsel van die sirkus en musiek aandui. Ons hoop om hierdie aand te kan herhaal in die toekoms met ander interessante bands en vermaak.
Rolbees: Hoeveel beplanning en rehearsal tyd gaan in ‘n live show soos hierdie een in?
Sara X: Sover het ons die idee nou al amper ‘n jaar terug begin beplan. Die administratiewe gedeelte het maar sy struikelblokke gehad maar aan die einde van die dag druk mens net deur. Ons moes só ver vooruit beplan want die legendariese band, No Friends of Harry se basspeler kom onder andere van die Engeland af om te kom optree. Ons in Polar Dust het die laaste drie maande een na twee keer ‘n week geoefen om gereed te bly. Van die ander bands wat op die aand optree het heelwat tyd en moeite spandeer. Die laaste band, Mr. Morgue, het ‘n doodskis laat bou om in te arriveer. Hulle moes deur die bou van die kis, die feit in ag neem, dat hulle nie net twee arms het nie! Dit is baie harde werk maar ons het dit in elk geval geniet, met of sonder die struikelblokke. Ons wil hê mense moet ‘n ondervinding hê vir die aand wat hulle daaroor gaan laat praat selfs vir weke na die event.
Rolbees: Julle het in 2014 julle eerste album record en is tans besig om aan die volgende een te werk. Wat kan julle fans verwag van julle nuwe offering?
Sara X: Dit is ‘n baie goeie vraag. Sover was die grootste uitdaging om die bar wat met die eerste album gestel was, te bereik. Die tweede album sal natuurlik anders wees, nuwe bandlede maak natuurlik ‘n groot verskil in die klank en gevoel in die nuwe musiek wat ons skryf. Ons vorige album het baie stadige ritmes end grooves gehad en ons wil die nuwe album so bietjie meer woema gee. Miskien dalk noodwendig nie in tempo nie maar definitief in intensiteit.
Rolbees: Hoe sou jy die Jozi rock underground scene beskryf?
Sara X: My persepsie is dat bands deesdae alles self moet organiseer as hulle ‘n scene wil hê. Ongelukkig is nie almal gereed om die verantwoordelikheid van die administrasie gedeelte van groot events aan te vat nie. Dit is ook ‘n finansiële aspek, nie almal het die hulpbronne om groot events te takel nie. Meeste musikante wil net musiek speel, wat heeltemal verstaanbaar is. Ekself geniet nie papierwerk nie, maar deesdae moet mens self jou eie events beplan en dit interessant maak om ‘n avontuur of ondervinding te skep.
Rolbees: Het julle almal die Rorsharch-toets probeer toe julle die eerste album record het? Ek is bang om te vra, maar hoe het dit gegaan?
Sara X: Dit het maar elkeen se eie persoonlike geheim gebly 🙂 almal het sy eie persepsie tot die werklikheid. Daar is vier verskillende limited edition album covers. Baie mense sien die draak of die vlinder in een van die album covers. Elkeen gee maar lewe aan sy eie geloofstelsels. Ek en ‘n fotograaf, Rikki Hibbert, het destyds saamgewerk aan die ontwerp van die album cover. Ek het aanvanklik na haar toe gekom met die konsep van die Rorschach en die fotografie binne-in die album – die tema was “Death & Rebirth”. Ons het een aand met ‘n paar bottels wyn bymekaar gekom en het onsself die Rorschachs gemaak. Ek het self toe later die voorste ontwerp verder klaargemaak met vier opsies vir ons fans om van te kies. Die idee is dat elke mens sy eie persepsie van die werklikheid het. Dit was vir my persoonlik ‘n interessante geleentheid om te sien hoe mense hulle eie gunsteling album cover kies. Net nog ‘n manier om met jou gehoor kontak te maak.

Apocalypse Later (Christiaan Van Reenen)

Rolbees: Apocalypse Later is bekende gesigte hier op Watkykjy, maar vir die Watkykertjies wat aan die slaap of gesuip was met vorige publikasies, hoe som julle julle vibe self op?
Christiaan: Ons beskryf die klank as “neo-grunge”. Die ‘neo’ deel verwys hoofsaaklik na die feit dat ons ‘n klawerbordspeler het wat ‘n bietjie van futuristiese vibe byvoeg by die tradisionele grunge resep van distortion pedals, krag-akkoorde, volume-in-die-rooi, vollebors vocals (no pun intended) en hard gebliksemde dromme.
Rolbees: Apocalypse Later het ‘n unieke kraakvars klank maar julle herinner tog ook aan die alternative heydays van die nineties. Dink julle dis belangrik dat musikante rockmusiek laat evolve en aanpas by die tye?
Christiaan: Dis moeilik, want daars niks nuuts onder die son nie. Oorspronklikheid is skaars maar dis definitief belangrik, anders raak dinge afgesaag en steriel. Dis daai skaarsheid wat dit meer waarde gee. Een van die mees irriterende dinge van die musiekbedryf is dat hulle al selfs voor die Nineties die “cheat codes” ontdek het, spesifiek die “four chord sequence” en jy kry dit in pop, rock, (een of twee Apocalypse Later liedjies), Rap, R&B, you name it; so als klink half dieselfde. Mens moet darem ‘n ander sous gooi as jy dieselfde poeding gaan gebruik.
Rolbees: In vergelyking met ander bands is julle nog redelik nuut op die scene maar julle het alreeds ‘n decent following opgebou. Wat dink julle moet enige SA band baie goed doen om hulle musiek op mense se fone, tablets en in hulle ore te kry?
Christiaan: Die enigste manier is maar om soveel as moontlik te gig en record en ook om nie skaam te wees om mense te bombardeer met event invites en Soundcloud links nie.
Rolbees: Wie is die ultimate Mammal Girl?
Christiaan: Natuurlik ons hoofsangeres…. en Helen Mirren…
Rolbees: Wat kan al die freaks verwag van Apocalypse Later by die Freakquency Transmission show?
Christiaan: Ons gaan selfs mooier as gewoonlik aantrek en ons gaan ons bes probeer om ‘n performance te gee wat kan by houby al die ander freaky goeters.
Rolbees: Stel Christiaan al julle kontrakte op of wing julle dit soos meeste musos in die scene?
Christiaan: Gewoonlik stel die promoters gelukkig die kontrakte op, maar Christiaan lees hulle wel om seker te maak ons verkoop nie ons siele as die prys nie reg is nie.
Rolbees: Hoe belangrik is visuals, wardrobe en attitude op stage vir julle?
Christiaan: Musiek is altyd nommer een, maar mens eet met jou oë ook en energie is van kardinale belang vir live performance.
Rolbees: Wat doen Bronwyn gewoonlik as ‘n dronk bonehead op haar hit by ‘n show?
Christiaan: Ons weet nie, maar dis seker erg, want jy hoor nooit weer van hulle nie…
Rolbees: Hahaha! Peace out!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThe Freakquency Transmission – groot party by Goodluck Bar in Joburg, hierdie Vrydag!

    Gooi Comment