Jou heel laaste kans om tickets te wen na Mieliepop, SA se mooiste music fest!

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Jy gaan hard moet soek om ‘n festival so fokken mooi en goed ge-organise te kry soos Mieliepop. Daar is iets soos 6 stages om vir almal se smake en geite te cater. Meer as 60 befokte bands gaan oor vier dae tussen 21 en 24 Maart optree wat onder andere ouens soos Black Cat Bones, Klopjag, Georgetown, Boo!, Jonathan Peyper, Cortina Whiplash en even ‘n grunge band van Australië, DZ Deathrays, insluit. Dan is daar ‘n dansvloer by die swembad vir almal se strand en -bikini lywe en daar is even ‘n rave cave vir brasse wat hulle untz-untz moet inkry. Die scenery is net iets uit ‘n ander wêreld, met sprawling grasperke en lushness all around. Daar is ‘n befokte mooi meer ook, quaint bruggies, lekker kampplek, skoon spoeltoilette, warm storte vir almal en ‘n moerse variety kos en drank. Dis ook een van die baie min kindervriendelike festivals in Suid-Afrika, so jy kan die hele familie en al julle bergfietse, visstokke, kanoes en life jackets saambring.

Verder is die tickets heel bilik teen R750 vir ‘n 4-dag festival (kinders onder 12 is free, my bra). Jy kan natuurlik in Mieliepop luxury tenthotel gaan bly teen ‘n ekstra koste as jy nie jou eie tent wil opslaan nie. Daar is ook nie cashless cards wat jy hoef te laai teen ekstra kostes en mense met wie jy hoef te fight om jou kleingeld terug te kry twee weke na die festival nie. Vat jou cash en kaarte saam om kos, drank en merch te koop.

Die grootste bonus (persoonlik) is dat hulle slegs 2500 mense by die festival toelaat, so dit gaan nie crowded wees nie en die kans vir crime syndicates om jou kak te steel word feitlik ge-elimineer. Dit beteken ook dat daar minder van ‘n kont-faktor is, want as jy soos ‘n kont gaan optree tussen so min mense, gaan jy nogal uitstaan soos ‘n kont se seer duim. So fokken spring dadelik as jy kaartjies soek, want daar is twee weke oor voor die festival begin! Watkykjy gee een stel double tickets weg (sien heel onder) maar dit gebeur soos in fokken vinnig en ons kies reeds hierdie Vrydag ‘n wenner.

21 Maart is ook ‘n publieke vakansiedag, so as jy leave het of beplan het om leave in te sit maar jy was te laat om ‘n befokte langnaweek-getaway te boek, is hierdie dalk die perfekte kans om jou peeps te impress, fam. Serisouly, ons kan nie genoeg stress hoe fokken mooi en serene dit daar is nie. Gepraat van serene – julle gooses met die skinderbroeke en julle flaky ouens met die man-buns en die leather sandals – daar is yoga sessions ook. Jy sal dit in die video hieronder sien…

Mieliepop Festival word ge-run deur dieselfde ouens wat Park Acoustics maandeliks nou al vir amper 9 jaar lank soos ‘n tevrede kat laat purr, so kom ons laat Henk Van Der Schyf jou bietjie meer vertel van die jol. Dan kan jy sommer self ook sien hoe fokken mooi dit daar is in die video:

So paar pointers:

  • Dit kan koud raak, so pak ietsie warm in.
  • Jy mag jou visstok saambring.
  • Geen troeteldiere nie.
  • Daar is ‘n ATM, maar bring cash ook saam. Cell signal kan soms doge wees. Dis goddank nie een van daai cashless card system festivals nie.
  • Geen oop vure nie, maar jy mag ‘n gasbraaier saamvat.
  • Daar is ‘n moerse lekker variety kos te koop, sowel as drank. Geen glas of coolers in die main festival area word toegelaat nie.
  • Jy mag jou kanoe, roeiboot of opblaas sex doll bring vir die meer, maar los jou motorboot en jet ski by die huis.
  • Die kraanwater is drinkbaar, daar is skoon spoeltoilette en gratis warm storte vir almal.
  • Die festival is kindervriendelik – kinders onder 12 mag verniet inkom, andersins is dit volprys.
  • Vir meer info, skiet oor na Mieliepop Festival se website
  • Tickets vir die festival is R750

Directions
Vanaf Pretoria is dit ongeveer ‘n 3 ure drive – Mieliepop Festival is in Lothair, so klein entjie buite Ermelo. Hier is Google Maps ook:

Wen ‘n stel double tickets na Mieliepop Festival 2018 hier op Watkykjy:
Dis die enigste en laaste kompetisie wat nog oop is!
Dis baie eenvoudig om ‘n kans te staan om tickets te wen, maar ons gaan jou so klein bietjie moeite laat doen – ons wil hê dat jy vir ons die hastag, #Mieliepop2018 moet bou met objects wat jy in jou huis of by die werk vind of wherever vind, dit afneem en met ons deel op Twitter of Instagram of beide Twitter en Instagram.
Jy kan die hashtag uitpak met jou Steers chips, tandestokkies, penne, rekkies, jou hare, toonnael knipsels, rou pasta, Lego blokkies of watookal jy vind. Jy kan dit met toothpaste op jou kar uit squirt.
Die mees kreatiewe foto, gepaardgaande met “Stuur my na #Mieliepop2018!” score ‘n stel dubbel general access tickets (jy moet steeds self daar kom en in jou eie tent slaap).
Jy kan kies of jy dit op Twitter of Instagram wil doen.
Jy kan dit op beide doen, solank jy op whatever platform jy kies, vir BEIDE Watkykjy en Mieliepop tag, anders kry ons dit nie om ‘n wenner te kies nie.
Die wenner word hierdie Vrydagmiddag, 9 Maart net na 17:00 bekend gemaak op Instagram en Twitter, so jy het tyd tot dan om in te skryf.

Op Twitter:
https://twitter.com/watkykjy
https://twitter.com/mieliepopfest

Op Instagram:
https://www.instagram.com/watkykjy/
https://www.instagram.com/mieliepopfest

Deel met jou tjommies!

    griffinJou heel laaste kans om tickets te wen na Mieliepop, SA se mooiste music fest!

    Gooi Comment