Georgetown se Dog Show is nie net wêreldklas nie – dis tydloos en geografies ongebonde

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Georgetown is nog een van daai hardwerkende bands in ons land en ek het hulle die eerste keer by Capital Craft daar langs die Voortrekker Monument in 2015 live sien optree. Alhoewel hulle maar nog ‘n onbekende band was, het hulle dadelik my aandag getrek. Dit was ‘n upbeat modern hillbilly bluegrass vibe (noem dit maar folk as jy nie eintlik weet hoe om hulle te klassifiseer nie) maar ek was verlig dat hulle meer geneig het na die old school tunes toe en nie Mumford & Sons se gig gaan staan en copy het nie. Daai reseppie het ook al begin fade nou, lyk dit my, en kom ons wees eerlik – om nie jou eie stempel op old school musiek te sit nie, veroorsaak stagnasie-oppie-hoof-stasie.

Georgetown het gelukkig gekies om hulle eie spontane klank oor tyd te vervolmaak. Die afgelope paar jaar het hulle by elke joint gespeel waar hulle ‘n geleentheid kon kry. Hulle verklaar self dat hulle al by bars, festivals, begrafnisse, lesbian troues, bar mitsvahs en selfs likwidasies opgetree het. Van knellende droogtegeteisterde gebiede en in deurdringende reën tot by Watkykjy se headquarters. Verlede Vrydagaand het hulle Atterbury Teater in Pretoria uitverkoop. Once. Almal wat daar was het sonder twyfel saamgestem dat die band net in ‘n paar jaar die hoogtes bereik waarin hulle eintlik minder kleiner gigs moet speel en veronderstel is om die show on the road te vat na groter teaters toe. Trust ons, dit was ‘n moerse entertaining show met ‘n paar covers ook hier en daar.

Die debuutalbum self is ‘n fenominale opname wat hulle opgeneem het met die hulp van ‘n private befondser – Michael Vace-Lyle, Watkykjy salueer jou bra, Ronnie James Dio style! Recorded musiek het mos fokol value deesdae nie, behalwe vir die serious fans. Michael de Villiers (Poekie), Renaldo van Dyk (Ronnie), Rynier Prins (Ray) en Tiaan Erasmus (T-Bone) het hulle hande opgesteek met hierdie een. Die vraag is sal die res van Suid-Afrika antwoord? Mainstream radiostasies, Barnyard Teaters en al daai jazz landwyd, julle moet nou fokken mooi luister, hoor. Georgetown is groter! Volgens ons opinie hier by Watkykjy is Georgetown eintlik veronderstel om daai arenas uit te book waar al die has-been eighties en nineties popsterre deesdae hulle pensioengeld by deprived Suid-Afrikaners kom kollekteer.

Georgetown is beskeie maar hulle roep ‘n spade ‘n spade, gooi jokes oor Alberton, vertel skreeusnaakse stories oor hulle avonture op toer en het baie energieke mildsteek! As jy wil weet hoekom hulle eerste vollengte album se naam The Dogshow is, vra vir Poekie om die storie te vertel. Dis kaksnaaks! Die vier dudes kan unplugged en a cappela gaan of full band, commando of jockey ook. Hulle het pure talent, showmanship, upbeat en hartroerende melodieë en harmonieë, songwriting skills wat Jeff Lynne sal laat fyn luister. Hulle het gees, die tipe gees wat hulle vibe accessible maak vir cross-generational makieties van metalheads tot blues en folk-omies wat nog Joan Baez en Grateful Dead luister, ouderlinge en diakens tot die ouer kerktannies ook. Die hele fandamily sal almal saam dans (of huil) en hierdie tunes geniet. Die guest artists op die album (en by die launch) het alles gegee en hulle bydrae was ook topgehalte – hulle het flawlessly ingeblend: Wynand Davel op viool, Jaco Mans op die kitaar, Karin Kroch op ‘n verskeidenheid brass-instrumente en Jean Swiegers op die tromme. Not to mention die Avo String Quartet ook boonop.

Die songs op The Dogshow is nie net wêreldklas nie – dis tydloos en geografies ongebonde. You Never Know is in die klas van The Travelling Wilburies se eerste album en daar was ‘n Beatle in daai fokken band as jy al vergeet het, but then again, Billy Joel kon sonder ‘n stretch of the imagination The Captain geskryf het. Elton John kon Hey Man geskryf het. Bob Dylan kon The One geskryf het, maar hulle het nie, Suid-Afrka se eie Georgetown het daai tunes geskryf!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesGeorgetown se Dog Show is nie net wêreldklas nie – dis tydloos en geografies ongebonde

    Comments

    Gooi Comment