Facing the Gallows se nuwe album is gevaarliker as Enterprise Polony!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het heeltemaal te lanklaas ‘n lekker metal album review. Shame on me. Verlede maand het hierdie Jozi metalheads hulle nuutste offering op die planeet losgelaat en ek moet sê ek het onmiddelik gehou waarvan ek hoor! It feels good to pump this shit, LOUD! Facing the Gallows is Bryan Binneman op die vurige stembande, Rayner Abraham op bombaskitaar, Chase Beynon op kakhardkitaar, James Irving op konthardkitaar en Nemaja Stabic op die Usain-Bolt-op-speed tromme.
Die band is al aan die gang vir meer as ‘n dekade en hulle meng en juggle nogal die genres, wat verduidelik hoekom hierdie album easy listening is vir my. Dit mag dalk vir non-metal fans alles dieselfde klink maar – en ek kan dit nie genoeg sê nie – daar is meer metal genres as MPs in die kabinet deesdae. As ‘n musiekjunkie van alle kleure en geure, is die meer donkerder kant van metal, alhoewel amusing en fun vir my, nie iets wat ek oor en oor sal luister nie. Facing the Gallows, aan die ander kant, is ‘n smorgasbord van metalcore, punk, thrash en hardcore. Ek het lanklaas daai word gebruik. Ek sien geen rede hoekom dit nie ook accessible kan wees vir meeste rock fans nie.  Jy kan self op hulle Facebook page gaan kyk wat hulle alles aanvang op hulle eie en waar, en vir wie hulle al geopen het en dies meer. Hulle albumtoer begin oor ‘n paar dae.
Ok so, hierdie een is hulle vierde offering (derde album na hulle debuut-EP) maar as jy nog nie van hulle gehoor het nie, dis maar hoe dit werk as jy nie in die underground metalkringe beweeg nie. Ek check so nou en dan die scene uit en, jy kan my woord vat daarvoor, daar is nie ‘n tekort aan talent nie. Maybe net nie genoeg mainstream fans nie; iets waaroor bittermin metalheads gepla is anyway. Terug by die album en Facing the Gallows het die perfekte blend plofbare klanke op hierdie album opgeneem en ge-finetune. As ‘n tight unit gooi hulle blitsvinnig, maar kan met gemak stadiger smyt ook. Die metalcore tromme en thrash kitare klink befok saam. Ja, ek het nog ‘n sagte plekkie vir die thrash. Hulle klap sommer gou ook ‘n solo of twee, bemeester ‘n paar verskillende tipes growling: partykeer helderder en naby aan verstaanbaar, ander kere klink dit soos ‘n demoon wat konstant weier om anger management sessions by te woon; en natuurlik die equally well controlled goblin-op-jou-rug back-up vocals. Of wat van ‘n koor angry punk banshee krete?

Not to worry, daar is ook rustiger vocals vir die mod rockers tussenin ook. Die lirieke is raakvat en rebels. Dis metal after all, nie Katie Perry nie.  “On top of the world. Not giving a fuck, not living a lie. Doesn’t matter what people think, I’m living for me! No consequence, no compromise!”
Get it? Well done, Facing the Gallows!

Hierdie album is gevaarliker as Enterprise polonie! Great recording en mastering deur Watts productions. What a production!

RolbeesFacing the Gallows se nuwe album is gevaarliker as Enterprise Polony!

Gooi Comment